top of page

'n Ma se hart breek daagliks

My seuntjie se skool het vakansie, lang vakansie! Inteendeel het sy skool nog nie begin nie, maar hulle kan een keer ‘n week bietjie gaan speel. Donderdag het ek hom gevat en dit was een helse tranedal. Hy het aan my geklou, hy het geskree en die trane het gerol oor sy wangetjies. Sy oogies vol onsekerheid. Ek het gevoel ek stel my kind teleur, dat ek hom fail. Dit voel opnuut asof ek hom forseer om iets te doen wat hy nie wil nie. Dit het my gebreek!

Met trane in my oë is ek huistoe en ek het op die bank gaan sit en vir myself gevra, “was dit nou regtig nodig om hom skool toe te vat as hy nie wil nie?” Na ‘n ruk het ek besef, of dit nou ‘n tranedal is nou of wanneer die skool offisiël gaan begin, tranedal sal dit wees, maar dit laat my steeds nie beter voel nie. Ek het besef, ‘n ma se hart breek daagliks!

Verlede week is sy mangels uitgehaal, toe breek my hart. Nou weer dit. Elke dag is daar dinge wat jy as ma moet doen wat jou hart in stukke breek. Sjoe, dit het my tot realiteit toe geruk. Ek gaan deur baie hartseer nog moet gaan, my seuntjie is nou eers 2!

Die dinge wat ‘n ma op ‘n daaglikse basis moet doen is nie noodwendig onnodige omstandighede nie, maar uit liefde. Disipline byvoorbeeld. My hart is sommer niks lekker as ek heeltyd moet raas of as ek nie iets spesifiek kan toelaat, maar op die ou einde van die dag is dit om hom ‘n basis van ‘n goeie volwasse te leer en te ontwikkel. Dis jou verantwoordelikheid as ouer om hierdie klein mensie in die wêreld in te stuur met maniere, vriendelikheid, goedhartigheid, self-disipline, eerlikheid en alle goeie eienskappe soos wat God wil hê. Dis jou plig.

Hemel, ma wees is moeilik! Jy voel permanent skuldig oor dit wat jy gedoen het of dit wat jy nie gedoen het nie. Wonder altyd of jy nou die regte keuse gemaak het… Tog wil ons maar net die beste vir ons kindertjies hê. Hulle tot die beste van ons vermoë grootmaak.

Met ma-wees kom soveel lekkerte, baie lag en baie vasklou-oomblikke wat jy diep in jou hart wil bêre, maar niks in die lewe is mos NET lekker nie. Dit kom met verantwordelikkheid en baie trane!

Mammas, ek dink ons harte het apteke vol Paw Patrol pleisters. Dis net daardie magic-pleisters wat so vinnig heel kan maak.

Pappas, julle moet julle vrouens se harte ekstra koester, hulle gaan daagliks deur hartseer. School-runs wat moeilik gaan, disipline oor maniere of huiswerk wat nie gedoen word, teleurstellings, dokters besoeke, you name it! Al werk meeste van ons pappas fisies elke dag hard op kantoor, werk ons mammas se harte emosioneel oortyd! Dis uitputtend. Daar is baie trane agter toe-deure. Wees sag.

So as ek my mamma-wees vir die laaste twee weke kan opsom: Ek guarantee jou, jy beleef byna elke dag hoe jou hart in stukkies breek, hetsy van hartseer of van al die liefde. Die liefde is so groot jou hart voel of dit wil bars.


108 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page