top of page

‘n Nuwe begin

Is dit nie wonderlik om te weet dat ons oor kan begin nie? Die nuwe jaar is ’n geleentheid om oor te kan begin. Met God in ons lewens het ons die voorreg om elke dag oor te kan begin. Sy genade is elke dag opnuut vir ons beskikbaar en Sy liefde vir ons sal nooit uit geput word nie.


Ons almal het ’n nuwe begin nodig. Ek het ’n baie groot nuwe begin nodig gehad en weet jy dit is “okay” om oor te begin maak nie saak hoe oud jy is nie. Ons kan so vinnig vasgevang raak in ons roetines en die groef waarin die lewe ons kan dwing. Dit druk ons in ’n voorspelbare rigting in.


Die enigste verskil tussen ’n groef en ’n graf is die diepte daarvan. God het meer vir elkeen van ons. God wil die groewe van die verlede wegvee en vir ons ’n nuwe begin gee.


Miskien voel jy dat jy nodig het om oor te begin? Beleef hoe God die groewe van die verlede uitvee en vir jou ’n nuwe begin gee. Raak stil en sien hoe God al jou seerkry en teleurstellings van die verlede wegvee en hoe Hy vir jou ’n nuwe, skoon en mooi lewe gee.


Gebed dra krag en as jy dit by sy voete neer lê sal jy Sy Liefde en Genade in oorvloed ontvang. Jy kan nie die bagasie van die ou jaar in die nuwe jaar in dra en verwag dat die nuwe jaar ’n beter een gaan wees nie. Dikwels kan ons nie die verlede agter los en vorentoe beweeg nie en dan raak ons totaal en al verstrengel en versmoor met die verlede se bagasie. Sit dit wat seermaak agter jou. Vra die Here om jou laste en bagasie te verwyder. Begin die jaar op ’n skoon bladsy.


God is die God van die nuwe begin. “2 Korinthiërs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan,kyk,dit het alles nuutgeword.” Jy kan nie kies hoe jy gaan sterf nie maar jy kan kies hoe jy leef en die jaar gaan ons lewe ! Dit is tyd vir ’n nuwe begin.

Die toekoms begin vandag. Jou toekoms begin vandag.

531 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page