“Nee” is ‘n vol sin.
“Ek verlang na die dae wat God soos ‘n vriend in my huis was, die boorde wat oorloop in genade gedoop en ek weet Sy gesig is die lig.” – Bernice West
2020 was waarskynlik een van die langste jare waar ons almal met ‘n mengelmoes van emosie
en gevoelens moes leer hanteer, maar die dae raak al minder en rooi liggies en groen
kersbome herhinner ons dat Kerstyd om die draai is en hierdie jaar se hoofstuk na ‘n einde toe
kom.
Ons almal kan ‘n elle lange lys maak van wat ons hierdie jaar geleer het. Deur al die sleg het
ons elkeen tog soveel goed geleer, dinge wat ons voorheen as vanselfsprekend geneem het.
Ons almal weet die lewe is ‘n leerskool, maar 2020 was vir ons elkeen ‘n leer seisoen op sy eie.
So aan die einde van ‘n jaar is mens uitgeput, oorweldig en moeg. Die jaar was lank, en hierdie
jaar het hopeloos te veel ‘curveballs’ gehad as wat ons onsself op voorberei het toe ons verlede
jaar hiedie tyd begin skryf het aan ons nuwe jaar resolusies.
Behalwe vir ‘n jaar wat soos ‘n konstante hoog-gety gevoel het, dink ek ons almal is emosioneel
al vêr verby ons ‘reserve tanks’. Die rooi liggies in ons hart, siel en gemoed flikker al lank, en
nou is die beste tyd om tyd te neem en jouself te diens, jou gedagtes en fokus weer te ‘realign’
met God se hart, nie alles wat ons dink, hoor, sien of selfs glo nie.
Die grootste onreg wat jy jouself kan aandoen - emosioneel, geestelik en fisies is om ‘ja’ te sê,
wanneer jy eintlik ‘nee’ wil sê. Ja vir vriendskappe, verhoudings en gebeurtenisse wat geen
positiewe bydrae tot jou lewe het nie. Dinge, plekke, situasies en mense wat saam op jou
lewenspad wil reis, sonder om brandstof te betaal. Ons het al op die harde manier geleer dat
jou hart en siel se ‘currency’ ‘n baie duur een is. Almal is nie veronderstel om net in te spring en
saam te ry nie, elke situasie vereis nie jou energie en aandag nie. Daar is ‘n spreekwoord wat
lui, “Where your focus goes, your energy flows.”
Hoekom fokus ons op ‘ja’, maar ons voel ‘n ‘nee’? Ons spandeer energie en tyd om soos ‘n ‘ja’
te lyk – jy ken die vriendin al jare, so jy moet seker gaan koffie drink en die rol baie goed vertolk,
maar jou hart raak al swaarder want jou hart se fokus word verskuif van die waarheid van hoe
‘Godly rooted’ vriendskappe behoort te lyk, na bloot die koffie agter die rug kry. Gedagtes raak
negatief. Ons harte raak swaar en dit voel of elkeen sy pond vleis by jou wil eis, sonder dat
iemand verby die poging kyk na die innerlike geveg.
You can’t pour from an empty cup.
Jy kan steeds liefde bewys en toon aan jou naastes, en selfs die vreemdelinge wat jy in die
verbygang ontmoet, maar almal kan nie gratis ‘lifts’ in jou hart se taxi kry nie. Daar is ‘n handjie
vol mense in jou lewe wat gereserveerde sitplekke het, dit is die wat help betaal aan brandstof,
en wanneer jou brandstof op raak is dit die eerste wat sal uitspring en help stoot. Maak plek vir
daardie mense. Sê ‘ja’ vir daardie juwele wat jou gemoedstoestand in ag neem, nie net wanneer
‘n jaar tot ‘n einde kom en almal flou is nie.
Die bybel leer ons dat ons ons harte moet beskerm, want alles wat ons doen vloei daarvan af.
Jou lewe is ‘n direkte resultaat van wat in jou hart omgaan. Wanneer jy vir almal en alles ‘ja’ sê,
sê jy ook ja vir al die aardse dinge. Jy sê ja vir waardes en norme waarvoor jy nie staan nie, jy
sê ja vir bagasie wat nie joune is om te dra nie, jy sê ja vir leuens wat die viand oor jou pad
gaan saai want almal wat jy ontmoet is nie altyd opreg met goeie intensies nie. Hoe meer jy op
die aardse dinge fokus, hoe verder dwaal die fokus van jou Skepper se Waarheid af. Jy tap
jouself so leeg vir mense wat nie eers twee keer aan jou dink wanneer hulle by die volgende
stop afklim nie. En op die einde van die dag sit jy alleen en leeg getap.
Leer om ‘nee’ te sê sonder om jouself te moet regverdig of verduidelik. Elke situasie en persoon
in jou lewe verdien nie ‘n verduideliking nie. Jy hoef nie jou ‘nee’ te regverdig of verdedig nie.
Om te leer om ‘nee’ te sê vir die dinge wat nie positief bydrae tot jou lewe of jou randstof tank
opvul nie, is ‘n klein prys om te betaal teenoor om alleen langs die pad te gaan staan.
Elke keer wanneer ons ‘ja’ sê terwyl ons ‘nee’ voel, is dit dieselfde as om ‘n slukkie gif te vat en
te hoop jy gaan nie vergiftig word nie. Dis om te hoop iemand sien dit raak en suig die gif uit.
Maar wanneer jy vir die verkeerde mense ‘ja’ sê, gaan hulle dit nie raaksien nie en jy gaan
guftig raak vir jouself. Jy gaan emosies onder grappies wegsteek wat nie lewe oor jou eie lewe
spreek nie. Elke keer wanneer jy grappies maak oor jou emosionele toestand, spreek jy woorde
oor jou lewe wat nie lewe spreek nie. Jy mag emosioneel wees, dit is juis ons emosies wat ons
as mens nader aan mekaar bring.
Hou op om brandstof uit te ry vir mense wat nie bereid is om die ‘currency’ van jou hart en siel
te betaal nie. Die lewe is ‘n lang reis. Dit is mooi, soms is dit morsig, maar jy kan kies wie saam
in jou hart se taxi klim. Net soos hulle bereid is om jou las te dra, moet jy ook bereid wees om
jou deel in hulle lewe by te dra.
Versies van bemoediging:
Proverbs 4:23
“Above all else, guard your heart, for everything you do flows from it.”
Proverbs 13:20
“Wise friends make you wise, but you hurt yourself by going around with fools.”
Liedjes vir die week:
Demi Lee Moore – There Was Jesus
Matthew West – The God Who Stays
Kaleidoskoop – Erfgenaam
Bernice West – Kom Binne / O Kind
Baie liefde,
Rouxnette