top of page

“Nee” is ‘n vol sin: ‘n Nuwe Perspektief

“Ek verlang na die dae wat God soos ‘n vriend in my huis was, die boorde wat oorloop in genade gedoop en ek weet Sy gesig is die lig.” – Bernice West


As ek gedink het 2020 was waarskynlik een van die langste jare waar ons almal met ‘n mengelmoes van emosie en gevoelens moes leer hanteer, sou ek myself nooit kon voorstel watter leerskool 2021 sou wees nie! Die dae het al minder geraak en rooi liggies en groen kersbome was nou bitter-soet herhinneringe van Kerstyd, hoe dit altyd gelyk het en hoe ‘n nuwe normaal in elkeen van ons se eie persoonlike lewens nou lyk. ‘n Nuwe jaar was om die draai en dit moes ‘n emosionele hoofstuk na ‘n einde toe stuur – maar dit het nie.


Is ek die enigste een wat 2022 moeg, uitgeput en gedreineerd betree het? Ek praat nie nou van net-net na middernag op 1 Janaurie gaan slaap of ‘n yster terkort nie, ek praat van moeg. In jou hart, en siel en menswees. Moeg wat 3 dae se slaap nie kan regmaak nie, al was di took goed om te rus!


Ons almal kan ‘n elle lange lys maak van wat ons hierdie laaste paar jaar geleer het. Deur al die sleg het ons elkeen tog soveel goed geleer, dinge wat ons voorheen as vanselfsprekend geneem het. Ons almal weet die lewe is ‘n leerskool, maar 2021 was vir ons elkeen ‘n leer seisoen op sy eie.


So aan die einde van ‘n jaar is mens uitgeput, oorweldig en moeg. Die jaar was lank, en die jaar het hopeloos te veel ‘curveballs’ gehad as wat ons onsself op voorberei het toe ons begin skryf het aan ons nuwe jaar resolusies. Doen mense dit nog, nuwe jaar resolusies, of is ek die enigste een wat net probeer oorleef?


Behalwe vir ‘n jaar wat soos ‘n konstante hoog-gety gevoel het, dink ek ons almal is emosioneel al vêr verby ons ‘reserve tanks’. Die rooi liggies in ons hart, siel en gemoed flikker al lank, en nou is die beste tyd om tyd te neem en jouself te diens, jou gedagtes en fokus weer te ‘realign’ met God se hart, nie alles wat ons dink, hoor, sien of selfs glo nie.


Vandat 2022 begin het, het God konstant ‘n ‘oorhoofse’ tema op my hart kom druk: Everything must go. Ek het altyd self gekies wat ‘everything’ is wat vir my gemaklik is om te laat gaan, maar Jesus het my opnuut kom wys dat Hy nie ‘n nuwe sakkie seeninge in jou hand kan plaas as jy aanhou vasklou aan ander swaar sakkies wat jou hande vol maak nie – jy weet daardie swaar sakkies wat jy sommer gelyk uit jou kar laai en met ‘n groot gesukkel by jou voordeur inval, die tope swaar sakkies wat jou vingers skoon wit druk soos die bloed jou vingerpunte verlaat.


Ek het opnuut besef ons betree ‘n nuwe jaar moeg en uitgebrand, want ons wil al die verlede se sakkies saam in ‘n nuwe jaar dra. Hoe ontvang mens dan die seeninge wat almal vir jou wens oor ‘n nuwe jaar? Hoekom klou ons vas aan wat swaar is, asof God nie vir ons ‘n ligter sakkie wil gee nie, want Hy wil, Hy belowe so in sy word ook!


Die grootste onreg wat jy jouself kan aandoen - emosioneel, geestelik en fisies is om ‘ja’ te sê, wanneer jy eintlik ‘nee’ wil sê. Ja vir vriendskappe, verhoudings en gebeurtenisse wat geen positiewe bydrae tot jou lewe het nie. Dinge, plekke, situasies en mense wat saam op jou lewenspad wil reis, sonder om brandstof te betaal. Ons het al op die harde manier geleer dat jou hart en siel se ‘currency’ ‘n baie duur een is. Almal is nie veronderstel om net in te spring en saam te ry nie, elke situasie vereis nie jou energie en aandag nie. Daar is ‘n spreekwoord wat lui, “Where your focus goes, your energy flows.”


Hoekom fokus ons op ‘ja’, maar ons voel ‘n ‘nee’? Ons spandeer energie en tyd om soos ‘n ‘ja’ te lyk – jy ken die vriendin al jare, so jy moet seker gaan koffie drink en die rol baie goed vertolk, maar jou hart raak al swaarder want jou hart se fokus word verskuif van die waarheid van hoe ‘Godly rooted’ vriendskappe behoort te lyk, na bloot die koffie agter die rug kry. Gedagtes raak negatief. Ons harte raak swaar en dit voel of elkeen sy pond vleis by jou wil eis, sonder dat iemand verby die poging kyk na die innerlike geveg.


You can’t pour from an empty cup.


Jy kan steeds liefde bewys en toon aan jou naastes, en selfs die vreemdelinge wat jy in die verbygang ontmoet, maar almal kan nie gratis ‘lifts’ in jou hart se taxi kry nie. Daar is ‘n handjie vol mense in jou lewe wat gereserveerde sitplekke het, dit is die wat help betaal aan brandstof, en wanneer jou brandstof op raak is dit die eerste wat sal uitspring en help stoot. Maak plek vir daardie mense. Sê ‘ja’ vir daardie juwele wat jou gemoedstoestand in ag neem, nie net wanneer ‘n jaar tot ‘n einde kom en almal flou is nie.


Die bybel leer ons dat ons ons harte moet beskerm, want alles wat ons doen vloei daarvan af. Jou lewe is ‘n direkte resultaat van wat in jou hart omgaan. Wanneer jy vir almal en alles ‘ja’ sê, sê jy ook ja vir al die aardse dinge. Jy sê ja vir waardes en norme waarvoor jy nie staan nie, jy sê ja vir bagasie wat nie joune is om te dra nie, jy sê ja vir leuens wat die viand oor jou pad gaan saai want almal wat jy ontmoet is nie altyd opreg met goeie intensies nie. Hoe meer jy op die aardse dinge fokus, hoe verder dwaal die fokus van jou Skepper se Waarheid af. Jy tap jouself so leeg vir mense wat nie eers twee keer aan jou dink wanneer hulle by die volgende stop afklim nie. En op die einde van die dag sit jy alleen en leeg getap.


Leer om ‘nee’ te sê sonder om jouself te moet regverdig of verduidelik. Elke situasie en persoon in jou lewe verdien nie ‘n verduideliking nie. Jy hoef nie jou ‘nee’ te regverdig of verdedig nie. Om te leer om ‘nee’ te sê vir die dinge wat nie positief bydrae tot jou lewe of jou randstof tank opvul nie, is ‘n klein prys om te betaal teenoor om alleen langs die pad te gaan staan.


Elke keer wanneer ons ‘ja’ sê terwyl ons ‘nee’ voel, is dit dieselfde as om ‘n slukkie gif te vat en te hoop jy gaan nie vergiftig word nie. Dis om te hoop iemand sien dit raak en suig die gif uit. Maar wanneer jy vir die verkeerde mense ‘ja’ sê, gaan hulle dit nie raaksien nie en jy gaan guftig raak vir jouself. Jy gaan emosies onder grappies wegsteek wat nie lewe oor jou eie lewe spreek nie. Elke keer wanneer jy grappies maak oor jou emosionele toestand, spreek jy woorde oor jou lewe wat nie lewe spreek nie. Jy mag emosioneel wees, dit is juis ons emosies wat ons as mens nader aan mekaar bring.


Hou op om brandstof uit te ry vir mense wat nie bereid is om die ‘currency’ van jou hart en siel te betaal nie. Die lewe is ‘n lang reis. Dit is mooi, soms is dit morsig, maar jy kan kies wie saam in jou hart se taxi klim. Net soos hulle bereid is om jou las te dra, moet jy ook bereid wees om jou deel in hulle lewe by te dra. Los die swaar sakkies van die verlede, in die verlede. God kan nie ‘n seening in jou hand kom plaas wanneer jy aanhou om jou hande toe t eknyp om swaar sakke te dra nie!


Versies van bemoediging:

Proverbs 4:23

Above all else, guard your heart, for everything you do flows from it.”


Proverbs 13:20

“Wise friends make you wise, but you hurt yourself by going around with fools.

Matthew 11:28

“Come to Me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.”


Liedjes vir die week:

Demi Lee Moore – There Was Jesus

Matthew West – The God Who Stays

Kaleidoskoop – Erfgenaam

Bernice West – Kom Binne / O Kind

Lauren Alaina – Getting Good


Baie liefde,

Rouxnette ☺


1,002 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page