top of page

“No rain, No flowers”


Alhoewel hierdie aanhaling kort is, dink ek dit het 'n enorme betekenis. As mens dink daaroor in

terme van die lewe, besef jy sonder die slegte dae, kan jy nie groei nie. Net soos blomme, benodig

ons reënerige dae om te groei.


In die lewe van vandag het ons lang, slegte dae wat ons soms in n slegte bui plaas. Ons het ook

goeie dae, waar positiewe atmosfere ons omgewing vul en die lewe is net pragtig.

Dis die lewe, n stryd van goeie en slegte dae. Sommige dae sal jy uitdagings in die gesig staar en jy sal nie 100% voel nie, en ander dae sal jy bo-op die wêreld voel en heeltemal gelukkig wees.


Dit is so goed om te weet dat alhoewel ons soms gebroke kan voel, dat ons hierdie pragtige wesens

is, in hierdie een lewe, waar elkeen van ons bestem is om te groei. Om te groei is nie altyd kinderspeletjies nie. Met groei kom soms pyn soos die spanning wat ons voel as ons liggame en gedagtes ontwikkel tot iets nuuts, iets beter. Maar beter beteken nie altyd makliker nie. Beter kan soms beteken dat die lewe 'n bietjie gaan sukkel voordat dit die beste is. Ek kan nie meer lief wees vir die geluid van reën wat teen my venster spat nie. Vir my voel dit soos ‘n kalmte en dit voel so goed vir my siel. Die reën leer my om te lewe vir die oomblik.


"Ek het agtergekom daar is twee tipe mense in die lewe: Mense wat lief is vir die reën en mense wat reën haat. Die mense wat van reën hou, omhels die uitdagings van die lewe en beskou hindernisse as 'n geleentheid om te groei en meer van jouself te ontdek. Die mense wat reën haat, sien swaarkry en mislukkings."

Watter kant okal jy tans van die heining is, hier is hoekom jy die lieflike vloei van die reën moet

geniet: Blomme sien reën as 'n geleentheid. Hulle kan nie beheer hoe min of hoeveel reën val nie,

maar hulle kan net blom en groei. Blomme stres nie oor die grootte van 'n moontlike dreigende

storm nie, hulle doen net hul ding en blom.


Hoekom kan ons nie meer soos blomme wees nie?

Soms lyk dit of die wêreld met onnodige seer en droefheid besig is, maar as dit reën, word dit alles

weggespoel. Dit herinner my aan die verhaal van Noag se ark in die Bybel, wanneer die aarde opnuut

gewas word.


Wanneer dit reën laat dit in jou uitstort as ‘n middel van reiniging en genesing. Maak jouself oop vir groei. Wanneer daar storms is, bly standvastig in jou oortuigings en in jouself, en weet dat jy meer werd is as jou selftwyfel. Wees ook bereid om op 'n heeltemal nuwe vlak te presteer, want sonder reën is daar geen blomme nie.

Wanneer reënval jou lewe die week raak, hoe kan jy daarbo kom en blomme laat groei? Hoe kan jy

vooruit beplan met 'n aksieplan vir groei, ongeag enige onverwagte struikelblokke of uitdagings?

Wees standvastig en selfversekerd, en van daar af sal dit net goed gaan.

281 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page