top of page

Nog ‘n Kans Om Te Probeer

Mooistevrou, as jy terugkyk oor jou jaar mag jy jouself bevind dat jy dalk teleurgesteld is. Jou nuwejaarsvoornemenslysie vir volgende jaar is ‘n ‘copy and paste’ van hierdie jaar s’n. Jy het dalk nie al jou doelwitte bereik nie, nogsteeds die ou mens binne jou te veel kere laat opstaan of jy voel net dat jy het geen vordering in die lewe gemaak nie.


Maar voor jy heeltemal moedeloos raak, weet dat hierdie is nie die einde van die wêreld nie. ‘n Nuwe jaar lê om die draai en wink vir jou. Jy word uitgenooi na nog ‘n kans om te probeer en te groei en te verbeter op hierdie jaar. Die wonderlike ding van nog nie die toppunt bereik het nie, is dat daar altyd nog trappe is om te klim na bo. En jy kan kies om boontoe te klim. Dit gaan nie oor hoe vinnig jy klim nie, maar net om daardie stappies op jou tyd en op jou tempo te neem.


So begin bietjie dink. Wat is dit wat jy werklik volgende jaar wil bereik. Skryf jou droom neer. In soveel detail as moontlik. En droom groot! Dan neem jy daardie droom en breek hom in kleiner, doenbare stappe. Neem dan weer die stappe en deel dit in oor die maande van die jaar en elke maand werk jy aan daardie stappe vir die spesifieke maand. So gaan jy 365 dae later met ‘n baie ander prentjie sit.


Ons moet ook net altyd onthou dat ons nie ander mense of situasies kan blameer vir waar ons onsself tans bevind nie. Jy, dit kon ‘n bydra gelewer het, maar op die uiteinde is ons self vernatwoordelik vir ons eie lewe en waarheen ons oppad is. Die oomblik wat jy dit werklik besef sal ‘n nuwe lig vir jou aangaan. Jy gaan net ervaar hoeveel mag jy in jou hand het om iets met jou lewe te maak.


Neem hierdie nuwe jaar jou lewe terug. Moenie in sak en as gaan sit nie. Jy kry nog ‘n kans om weer te probeer. Elke dag is eintlik so groot geskenk en ‘n nuwe geleentheid om beter te wees as gister. Moenie dit mors of doelloos laat verby gaan nie. Aan die einde van volgende jaar sal jy besef hoe ver jy gekom het.


100 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page