Nuwejaarsvoorneme, of dalk eers terug kyk?
Soos elke nuwe jaar voor ons lê, word ons lys langer van dinge wat jy wil verander of beter doen. Sommige het dalk in die vorige jaar nuwe horisonne ontdek, of dalk is van jou doelwitte nie bereik nie.
Voor jy jou 2023 lys opstel, vra jouself eers af:
Is al my 2022 doelwitte bereik?
Is daar onvoltooide doelwitte agter gelaat?
Het ek genoeg tyd en moeite in gesit om dinge te laat gebeur, of was my strategie nie in plek nie?
Kry ek genoeg ondersteuning?
Was ek te hardkoppig en het goedbedoelde raad weg gewys?
Gaan ek hierdie doelwitte in die nuwe jaar voltooi?
Ons vervul ons lewe met kleur en opwinding deur doelwitte te stel en opwindende nuwejaarsvoorneme te hê. Maar, soms is eenvoudige dinge van meer waarde. So eenvoudig soos ‘n koppie koffie een keer ‘n week saam ‘n vriendin of selfs meer tyd aan familie af te staan.
Ek het eerder ‘n paar stappe om my nuwejaarsvoorneme suksesvol te maak:
Reflekteer. Evalueer jou vorige jaar, wees eerlik met jouself en sit sommer dadelik enige verskonings op sy. Verstaan wat het geveur en wees trots op hoe ver jy gekom het. Vier jou huidige sukses!
Geniet die proses. Bring geluk en opwinding in jou nuwe doelwitte. Hou die uiteinde in gedagte, maar geniet terselfdetyd die nuwe groei fase.
Maak jou doelwitte realisties en bereikbaar. Al maak jy ‘n verkeerde keuse, sal hierdie jou in die regte ringting dwing vir dit wat moet gebeur. So form die lewe ons.
Hou dinge eenvoudig.
Eksperimenteer met nuwe dinge.
Wees geduldig met jouself, vat jou tyd.
Laaste, maar die belangrikste. Hou jou oë op die Here, vertrou op Hom en bly op jou knieë.
Ons kyk terug na ‘n jaar vol uitdagings en seën, en besef dat God met ons was deur alles.
“Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.” 1 KORINTIËRS 15:57-58 AFR83
Mag jou nuwejaarsvoorneme jou aanwakker, groter doel in die lewe gee en jou beloon met die lewe se onvergeeflike avonture wat jou sielsgelukkig sal maak.