top of page

Om jouself lief te hê is die beste revolusie!

As iemand wat omtrent ‘n hele ruk met liggaamsbeeld gesukkel het, het ek besluit dit is tyd om tyd en energie in te sit om positiewe veranderinge te maak in my lewe.


Nadat ek ‘n paar jaar basies sekere klere vermy het, het ek geweet ek moet my siening van myself verander. Ek het my lyf gehaat dat ek skaars ‘n gewone styf sittende t-shirt of “spaghetti” bandjie toppie wou aan trek. Ek was bang vir oordeel van ander, maar meer as enigiets was ek bang om in die spieël te kyk en iemand te sien wat ek nie van hou of herken nie. Dit was tyd vir ‘n skuif.


As jy ‘n soortgelyke stryd gehad het of met dieselfde sukkel huidig, is hier ‘n paar dinge wat jy kan begin oefen om jou liggaamspositiwiteit elke dag te verhoog.


Gee vir jouself elke keer ‘n kompliment


Wanneer ek voor die spieël staan, is my eerste instink om myself uitmekaar te haal en iets te vind om te kritiseer.


Gee elke dag vir jouself ‘n kompliment in die spieël.

As jy sukkel met selfvertroue en om jouself lief te hê, sal hierdie regtig dit ‘n hupstoot gee, dis baie makliker gesê as gedaan, maar dit is die moeite werd.


Omring jouself met bemoedigende vriendinne


Ek was in die verlede so gekritiseer deur mense in my lewe oor my liggaam, en vriendinne wat jou sien as ‘n bedreiging eerder as om net ‘n vriendin te wees.


In die laaste paar jaar of wat het ek soveel vroue ontmoet wat my sterk laat voel en my aanmoedig om myself lief te hê. Ek kan eerlikwaar nie die verskil glo wat ek gevoel het nadat ek myself met positiewe vroue omring het wat my opreg wil ondersteun nie. Ek beveel ook sterk aan om te dink aan wie jy volg op sosiale media, dit het ook ‘n groot impak op jou.



Kyk na jou gesondheid


‘n Deel van my reis was ook die manier waarop ek vir myself sorg te verander. Natuurlik, sal dit altyd “a work in progress” wees, maar die toevoeging van oefensessies en meer geblanseerd te eet, het my gehelp om beter te voel as wat ek in ‘n lang tyd het. Dit help om ‘n meer positiewe siening van jou liggaam te hê.



Gaan buite jou gemaksone


Vir hierdie somer het ek vir my ‘n dun bandjie “bodysuit” gekoop. Dit mag vir sommige na enige ou ding lyk of iets simpel wees om te koop, maar dit is amper die eerste “bodysuit” wat ek ooit besit en eintlik gaan dra.


Dit is ver buite my gemaksone, ek het een aand na ‘n braai saam vriende een aangehad en het nie eers een keer gestop om te dink oor hoe ek kan lyk, of as ander my liggaam beoordeel nie.


Soms om buite daardie gemaksone te stap, is uiteindelik die beste manier om te groei.


Ek hoop as van jul al ooit met liggaamspositiwiteit gesukkel het, hierdie wenke werklik sal help om ‘n verkil te maak in hoe jy jouself sien.


Dit sal beter word. Ek wil hê jy moet dit weet. Of dit jou verhouding met jou liggaam is. Of met kos. Of een of ander opdraande stryd in jou lewe. Eendag sal dit beter gaan.


Soms ontvang ek boodskappe oor versteurde eetgewoontes en liggaamsbeeld-stryde.

Hoe hou ek op om myself te haat?

Hoe begin ek selfversekerd voel?

Hoe. En hoe?


Ek het nie al die antwoorde nie.

Maar ek weet dit: As jy opgee, sal jy nooit wen nie.

Jy moet aanhou probeer.

Stap vir stap. Dag vir dag.

Beweeg vorentoe totdat jy weer die son kan voel.


Ek het 'n groot, brullende geheim deur dit alles geleer:

Ons as vroue, is sterk. Ons is ongelooflik,

En ons het die krag in ons, om weer ons balans te vind.

Om weer lief te wees vir ons liggame.

Om onsself weer brandstof te gee.

Om weer self-liefde te vind.

Ons moet net aanhou.

Een tree, een struikel, op 'n slag.

Dit sal beter word.

Dit sal.


319 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page