top of page

Om vrede te vind in gehoorsaamheid, selfs terwyl jy vra, “Here, wat nou?”

Hierdie week wou ek net koffie saam met God drink. Net so paar ure in Slouw sit, want as ek dan nou die voorreg kon kry om met God op ‘n koffie date gaan sou ek natuurlik Hom wou stick vir die lekkerste koffie in een van my gunsteling dorpe, dalk ‘n stukkie koek vir wanneer die emosies hoog loop en bietjie suiker die trane sal absorbeer! Hierdie week wou ek net saam met God koffie drink.


Ek is ‘n beheervraat en ‘n lysie mens. Daar is geen twee kante of bespiegelinge rondom dit nie. En wanneer dinge buite my beheer raak, doen ek gewoonlik een van twee dinge: ek raak angstig en gebruik al my moontlike hulpbronne om lysies van oplossings neer te pen om weer in beheer te wees, of ek onttrek myself – daardie tipiese denkwyse van as ek nie ‘n probleem in die oë kyk nie, kan die probleem my nie in die oë kyk nie.


Ongelukkig – en gelukkig- word mens gewoonlik op jou knieë gedwing wanneer jy self nie meer die antwoorde of oplossings het nie. Wanneer jou menslike insette en lysies nie die uitkoms van ‘n probleem in jou lewe kan verander wat divine intervention vereis nie. En dan besef mens, met baie goeie rede, hoekom God ons herhinner om nie op ons eie krag en insig staat te maak nie. Ons het nie die volledige legkaart gebou nie, hoe kan ons dan besluit watter stukkie kom volgende?


Wanneer mens op jou eie insig wil staat maak om die uitkoms van enige situasie te probeer verander, kan ek met sekerheid getuig dat dit letterlik dieselfde is as om jou hoop, drome, visie en aspirasies in jou mooiste boksie met linte van herhinneringe toe te draai, en na Teleurstelling se adres te pos waar Wanhoop ‘n permanente inwoner is.


Wanneer jy hierdie benadering volg, is jy virseker om face to face met Teleurstelling te kom. Teleurstelling se deur staan altyd oop, maar nie vir koffie en ‘n stuk koek nie. Teleurstelling sal soveel vrae soos fyn versiersuiker in jou gedagtes kom strooi, en Wanhoop sal maak of hy ‘n skouer is om op te huil vir so lank as wat jy in die huis van Teleurstelling en Wanhoop bly. Hulle gaan jou nie met ‘n ferm waarheid bederf wat jy nodig het om te hoor nie, hulle sal eerder ‘n leuen vir jou sugarcoat sodat jy aanhou eet aan die twyfel van God se teenwoordigheid en Sy groter plan wat hulle vir jou voer.


Ons almal het al by kruispaaie gekom waar ons so lank oor ‘n spesifieke situasie bid, en jy vas oortuig is jy besig is om die regte besluite te neem en binne die Wil van God t ebeweeg, net om op ‘n onbekende plek te land wanneer jy daardie leap of faith gegee het. Jy het hieroor gebid, God het op jou hart gedruk wat jy moet doen, jy was gehoorsaam en het die tree gegee – en nou lyk die vang net anders. Die uitkoms is nie so voorspelbaar soos wat jy gedink het dit behoort te wees nie as dit in lyn is met jou eie uitkoms van jou gebede nie. Wat nou? Wat doen jy wanneer die uitkoms van jou gehoorsaamheid anders lyk as wat jy oorspronklik beplan het?


Mens kan nie moeilike gesprekke rewind om terug te gaan na hoe dinge was voordat jy gespring het nie – en ek dink ook nie mens moet nie, dit het vir ‘n rede op jou hart gedruk en God het juis vir jou deur gekom in daardie moeilike gesprek net om dit ongedaan te wil maak, maar jy weet ook nie watter tree om te gee om by die beloofde land uit te kom nie. In jou hart weet jy jy moet nie settle vir die verlede omdat dit bekend lyk nie, dit is nie hoe groei werk nie. Maar wat maak mens in die spasie tussen oud en nuut. Tussen bekend en onbekend. Tussen gehoorsaam en ongehoorsaam. Tussen maklik en moeilik. Tussen hier en daar. Tussen wat was, wat is en wat kom. Tussen wie jy was en wie jy moet word. Tussen wie saam jou die pad gestap het tot hier, en wie verder vorentoe op jou pad wag. Tussen dinge, plekke en mense agter te laat om plek te maak vir nuwe dinge, plekke en mense.


Ek is self nog opsoek na die antwoord. Sommige dae voel dit soos ‘n soeke na wind, jy weet die antwoord is daar maar jy gaan dit nooit gevang kry nie. Jy sien die waarheid om jou beweeg, maar dit is so vlietend soos ons emosies rondom die saak.


Op my soeke na die antwoorde vir al die duisende vrae – is ek op die regte pad, het ek die regte besluit geneem, het ek die situasie reg hanteer, het ek iemand seergemaak waarvoor ek moet om verskoning vra, is dit selfsugtig om vir ‘n slag eers aan myself te dink – bevind ek myself in ‘n doodgewone dag. En dit is goed genoeg. Want net daar in die kar, oppad werk toe, verby elke random sonneblom waarby ek verby ry, en die son se strale wat so blindelings in my tru-spieeltjie skyn, en die dou op ‘n ekstra groen bossie, of die kleurvolste blomme wat in die slegste dele van die dorp groei, in elke worship liedjie se woorde, in elke Spirit Lead Me, in elke The Blessing en in elke Battle Belongs, is ek besig om koffie saam met God te drink.


In hierdie oomblik wat nie so lekker is nie, ken Hy steeds elke deel van my hart. Hy ken die vrae, Hy ken die teleurstelling, en Hy ken die afwagting wat ek het dat Hy my in die regte rigting sal lei. Hy ken my swakpunte, Hy weet die lysies het opgeraak, Hy weet ek moet leer ek is nie in beheer nie en Hy weet dit is nie ‘n lekker oefening nie, maar Hy weet ook wat Hy beplan het en wat vir my voorlê, so Hy weet ook dat hierdie oomblik nodig is.


Ek staan elke dag in verwondering hoe God ons in die fynste besonderhede van ons lewens kom ontmoet. Iets waaraan jy dink, is iets wat iemand anders in ‘n spontane gesprek beaam. Elke keer wanneer jy wonder of jou gebede ook soos ‘n koffie bestelling eers ‘n rukkie vat voor dit by Hom uitkom, en jy besef gebede het nie ‘n lead-time nie, jy hoef nie in ‘n ry te staan vir tyd saam met God nie, en jy hoef nie eers ‘n bestelling te plaas voor Hy weet wat jy nodig het nie. God wag vir jou om ‘n afspraak met jou te maak in jou besige skedule, nie andersom nie. Hy weet alreeds hoe drink jy jou koffie en Hy weet of jy ‘n soetding vir die siel nodig het wanneer ons so af en toe bietjie die suur melk van die waarheid moet proe.


Deur jou gehoorsaamheid is alreeds in die middel van ‘n meng en klits seisoen, die eiers is reeds gebreek en die oond is reeds op sy 180 grade, gaan jy jou bak proses deursien om die lekkerste koek te word na jou spesiefieke tyd onder hitte, of gaan jy staan en suurdeug word want die situasie lyk onbekend en buite jou beheer?


Die boksie waarvoor jy wag lyk dalk anders toegedraai as wat jy oorspronklik verwag het, maar dit bly steeds jou boksie. Spandeer tyd saam met God, Hy gaan jou boksie stuur wanneer die tyd reg is volgens Sy wil, en Sy plan – nie volgens jou eie verwagtinge nie. En wanneer dit kom, gaan God jou in oorvloed beloon vir jou gehoorsaamheid, en jou boksie van hoop, drome, visie en aspirasies sal soveel meer wees as wat jy voor kon vra want wanneer die tyd reg is sal jy so fully equipped wees om dit met grasie te ontvang in jou nuwe seisoen, jy sal presies weet wat om met jou boksie te doen.


“Leaving some things behind is a prerequisite for moving forward. Not everything you move on from was a waste of time – in fact, it may have been the very thing that brought you here. Some people, places or opportunities were for a season. Give thanks, learn, grown and move on.”


Geniet hierdie oomblik in jou lewe. Vandag, hier, nou. Dit is dalk nie waar ons beplan het om te wees nie, en dit is ook dalk nie iets waarmee ons wou deal nie, maar hierdie oomblik nou – is jou lewe. Ons almal is skuldig daaraan om vasgevang te word in die volgende oomblik, die volgende somer seisoen, die volgende Facebook Official post – hetsy ‘n nuwe werk of ‘n nuwe verhouding. Die volgende 5kg wat ons verloor, die volgende vakansie of wegbreek foto’s, die volgende koffie date. Ons lewe is nie in ‘n volgende oomblik nie, dit is in die hier en nou. En ons het die hier en nou nodig, soet of suur, om ons voor te berei vir wat in die volgende seisoen voorlê.


Die Bakker weet wanneer die eiers en meel gemeng moet word en hoe lank dit moet bak voor dit ‘n soetsappige meesterstuk kan wees. Vertrou Sy tyd, dit gaan jou in staat stel om ‘n soet bederfie in iemand anders se lewe te wees, wanneer hulle deur ‘n bak seisoen gaan.


“Even higher than her desires was His loving plan for her. Even when she thought she knew what would be her highest mountain, He called her even higher, bringing her closer and closer to where she was truly meant to be; wrapped in grace, with Him.”

Morgan Harper Nichols


Versies van Bemoediging:

“Above all, love each other deeply, because love covers a multitude of sins.”

1 Peter 4:8


“By His divine power, God has given us everything we need for living a godly life. We have received all of this by coming to know Him, the One who called us to Himself by means of His marvelous glory and excellence.”

2 Peter 1:3


“Trust in the Lord with all of your heart and lean not on your own understanding; in all your ways submit to Him and He will make your paths straight.”

Proverbs 3:5-6


“Your word is a lamp to my feet and a light to my path.”

Psalms 119:105


Liedjies vir die Week:

Need To Breathe – Who Am I / Walking on Water

Kari Jobe – The Blessing

Michael Ketterer – Spirit Lead Me

Lauren Daigle – Trust in You / Look up Child

For King and Country – Control / Fix my Eyes

Phil Wickham – Battle Belongs

Jeremy Camp – Keep me in the Moment


Baie liefde,

Rouxnette <3


521 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page