top of page

Omgee is nie voorgee


‘n Ware omgee-hart is opreg, eerlik, nie-agter-af, oop en eg. Omgee is uit liefde.


Daar’s ‘n fyn lyn tussen werklik omgee en voorgee. Eintlik baie maklik om voor te gee, maar om regtig om te gee, dis die mooiste gawe om te hê.


Baie keer in die lewe lyk dit of iemand vir jou omgee, maar is dit regtig daardie uit-die-hart-uit tiepe omgee? Of dalk eerder net voorgee om om te gee ter wille van iemand of iets.


Omgee is deur dik en dun, deur lekkerte en sleg, voor en agter deure, omgee verg moeite, maar die tiepe moeite wat nie werk is nie, maar wat opreg bedoel word. Omgee is ‘n klein woord, maar kragtige betekenis.


Omgee is daardie gevoel of daad wat jy doen sonder om iets terug te verwag of sonder om mense bewus te maak daarvan. Dit is eintlik nie iets wat in woorde beskryf kan word nie, maar met dade bewys kan word.


“Omgee is meer as dade.


Dit is houding, ‘n uitdrukking, ‘n kyk, ‘n aanraking.


Dit is enige iets wat iemand anders oplig.” - Plato


Besluit mooi oor wat jy doen… omgee of voorgee?


Omgee kos ook niks. Net ‘n bietjie liefde.


Daar is niks so seer soos ‘n hart wat jy dink gee om, maar eintlik net voorgee. Kies jou mense wys. Sien die mense raak wie werklik omgee. Koester die omgee-harte.


Omgee is skaars, voorgee is oral. Omgee is vir ewig, voorgee tydelik.



886 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page