Ongemalike seisoene is vir kanse vat.
Welkom in jou ongemaklike seisoen. Dalk is hierdie vir jou nuut, of dalk is hierdie seisoen al vir jou bekend, nietemin – hier gaan jy leer hoe om te groei in die mens wat God in die eerste plek oor jou gedroom het, want hier jy gaan jy moet kies om te spring, al is jy nie heeltemal seker hoe lank jy gaan val, hoe ver jy gaan of hoe seer jy gaan val nie. Een ding waarvan jy kan seker wees, is dat maak nie saak hoe lank dit vat nie, ons Vangnet is nie onkant gevang nie, Hy wag geduldig!
Ons almal moes al iewers in ons lewe ‘n ongemaklike seisoen stip in die oë kyk, nie omdat ons noodwendig wou nie, maar omdat die lewe se paaie soms vreemde wendings vat om ons nuwe lesse te leer en om ons opnuut toe te rus met eienskappe wat ons volgende seisoen van ons gaan vereis.
As jy jouself in ‘n ongemaklike seisoen bevind, wil ek jou aanspoor om die geleenthede wat oor jou pad kom met albei hande aan te gryp. Hoor asseblief my hart, ‘n ongemaklike seisoen is nie ‘n groen kaart om roekeloos te lewe omdat jy inelkgeval nie weet in watter rigting om te hardloop nie. Die Bybel leer ons twee dinge wat ek dink baie spesifiek op toepassing van elke aspek in die lewe is, maar veral wanneer ons nie weet watter rigting God nou eintlik wil hê ons moet inslaan nie.
Hierdie twee versies is Spreuke 3:5-6 wat lui, “Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways submit to Him and He will make your paths straight.” Die tweede versie wat van uiterse belang op elke aspek van ons allerdaagse lewens is, is Spreuke 4:23 – “Above all else, guard your heart, for everything you do flows from it.”
Eerstens, is dit baie belangrik om op die Here te vertrou en om nie op jou eie insigte staat te maak nie. Mens kan baie lank oor die ‘hoekoms’ van hierdie versie uitbrei, maar vir my bly dit baie eenvoudig – jy het nie self jou lewensverhaal geskryf nie, God was baie spesifiek in jou storie terwyl jy nog in jou moederskoot gevorm was. Jy kan nie nou die ‘script’ wil verander nie, die pad wat die Here vir jou beplan het is die pad wat jy gaan stap, ongeag hoeveel ‘detours’ jy vat om by Sy beplande bestemming te arriveer. En selfs dan moet mens nie te gewoond raak om te bly nie, die lewe is ‘n reis vir ‘n rede, we’re all just passing through – ons is nie gemaak om stil te staan nie.
Ongelukkig is dit hoe ongemaklike seisoene bestaan, juis vir die feit dat ons nie gemaak is om op een plek te groei nie. Ja, jy moet blom waar jy geplant is, maar wanneer iemand jou pluk om vreugde vir die volgende persoon op jou pad te bring, kan jy nie kies om eerder in die grond te wil bly nie. Dit is nie hoe gehoorsaamheid werk nie, en dit is ook nie hoe geestlike groei gebeur nie.
Soms moet ons ontwortel word van alles wat bekend was, of die einste ideale waar ons gedink het ‘hier is dit nou, hier is waar ek moet wees, hierdie is saam met wie ek moet wees en hierdie is wat ek moet doen.’. In ‘n oogwink kan jou sekerheid in ‘n onbekende seisoen verander, en dit is ook goed. Uit die woorde van Bouwer Bosch se liedjie, “God is nie net goed wanneer dit goed gaan nie, God is altyd goed.”
Maak dit soms seer om ontwortel te word, beslis! Het jy al ooit ‘n sonneblom langs die pad probeer pluk, dit lyk baie maklik, maar as jy nie ‘n sker of ‘n knipmes byderhand het nie, is die kanse dat jou ruk en pluk jou definitief ‘n plekkie op jou sitvlak sal beloon! Dieselfde gebeur wanneer ons van ons eie ideale en planne ontwortel word. Dit is nie ‘n lekker oefening nie, maar as ons net besef hoe nodig dit werklik is!
Ongemaklike seisoene bied soveel geleenthede. Jy bevraagteken dalk reeds God se plan, nes jy gedink het jy het nou alles ‘uitgefigure’. Mooiste vrou, die magic lê in die geleenthede wat ongemaklike seisoene bied. Jou situasie is dalk nie ideal nie, maar jy kan net sowel die kans vat – wat het jy om te verloor? Jy kan dalk net weer jouself vind. God vat nooit iets van ons af weg as Hy nie alreeds beplan het om dit met iets beter te vervang nie, en die lekkerste deel van gehoorsaamheid is dat wanneer jy geduldig wag vir God om te werk, het Sy planne vir ons lewe ‘n vuurhoutjie-effek.
Ja, jy gaan dalk langer wag as wat jy self beplan het vir iemand om vir jou ‘n vlammetjie te bring, maar sodra jou vlam daar is, val die res van die proses byna onmiddelik in plek. Jou liggie word aangesteek en jy brand, soos ‘n lig op ‘n heuwel. Ongelukkig, soos met vuurhoutjies, brand ons ook na ‘n rukkie uit. Net soos die somer-seisoene, die winter-seisoene, die onbekende-seisoene en die stagneer-seisoene, hou niks vir altyd nie. Hierdie waarheid behoort ons almal te ‘humble’ – want ons besef opnuut ons beste tyd gaan nie vir altyd hou nie, maar ons slegste tye ook nie!
Gryp die geleenthede aan wat na jou kant toe kom wanneer jy in ‘n ongemaklike seisoen is, sometimes you win, sometimes you learn – jy gaan een van hierdie twee lesse in die lewe ryker word. Gaan op die koffiedate, doen aansoek vir die werk wat jy voel jy nie goed genoeg voor is nie, gaan op ‘n roadtrip saam vriendinne of mense met wie jy lanklaas gesels het, lees ‘n nuwe boek, se ja vir dinge wat jy gewoonlik voor sou nee sê omdat jou roetine en denke te gekondisioneer was.
Vat kanse, maar gesels met God daaroor. Beskerm jou hart. Jy kan nie roekeloos raak in ‘n ongemaklike seisoen omdat jy teen God se plan wil rebelleer nie. Dit gaan op die einde van die dag oorspoel in alles wat jy doen! Geniet ‘n nuwe reis van herontdek saam met God, jy sal verbaas wees wie jy langs die pad los en wie jy dalk op jou lewensreis saamneem. En ek is vas oortuig God gaan jou kom verras met groen ligte waar jy nooit gedink het groen ligte sou skyn nie, rooi ligte wanneer jy dalk weer moet detour en oranje ligte wanneer jy bloot net op God moet wag om jou paaie reguit te maak!
Ek moes keer op keer op keer leer dat God meer met ons ‘surrender’ kan doen as wat ons met ons beheer kan doen. Laat Hom toe om leiding in jou lewe te kom neem, Hy was al lankal reeds by die plekke waarheen jy nog oppad is, en Hy weet wat jy op jou pad moet leer om toegerus te wees wanneer jy by jou bestemming uitkom, en saam wie jy daar gaan uitkom!
Baie liefde,
Rouxnette 😊