top of page

Ons is gemaak om te floreer. - ♡

Het jy al werlik gaan terugstaan en in diepte, maar so ook deur 'n objektiewe lens, gaan kyk na dit wat ons beleef het in die afgelope jaar? Wel ek het die laaste maand hard gaan reflekteer op die jaar en alles wat daarmee saamgekom het. Dit was grootliks 'n jaar waar baie mense wat ek ken onsekerheid, teleurstelling, seerkry en mismoedigheid beleef het. Soveel mense vir wie ons lief is het dinge beleef in die jaar wat niemand gedink het gaan gebeur nie. Soveel meer as net die effek van die virus het baie mense lewens aangeraak.

Met dit in gedagte het ek gaan nadink oor die jaar, dit wat ek beleef het, maar ook gaan nadink oor wat ek gesien het ander mense beleef het. En die vraag wat ek myself afgevra het was: "Wat as die ons jaar was (is) wat ons besef het dat ons nie gemaak is om net te oorleef nie, maar dat ons gemaak is om te floreer. Nadat ek daaraan gaan dink het, het ek gaan nalees oor wat werklik bedoel word daarmee as iemand sê: "We were made to thrive". Wanneer ons geroep word deur God om te floreer in ons lewens beteken dit nie noodwendig om iemand heeltemal nuut te word nie. Dit beteken om te herleef. Om dit waarvoor ons gemaak is te herleef. Wat as die ons jaar was om te besef wat ons werklik nodig het in ons lewens om die gevoel van herlewing te beleef? Tussendeur al die negatiewe gebeurtenisse waarmee ons daagliks gekonfronteer was vir die laaste paar maande, was daar ook soveel dinge waarvoor ons werklik dankbaar kan wees. Ek moet sê ek dink ek verstaan werklik na die jaar wat bedoel word met die woord 'resilient'. Ons as mense het die vermoë om te floreer in situasies wat somtyds onmoontlik lyk. Iets wat ek raakgesien het in soveel mense hierdie jaar was die ware definisie van floreer. Mense floreer wanneer hulle die moeilike situasies in die lewe aangryp en sien as geleenthede om te groei. Ware groei word ervaar wanneer ons die moeilike elemente van ons lewens omhels - om deur die vuil en gemors te volhard en die krag te ervaar om die lewe te lei wat God, vir ons ontwerp het, selfs al kan ons dit nie sien nie. God gee ons krag elke dag. Hy maak ons sterk vir dit wat ons nie self kan aanpak nie. Meeste van die tyd voel dit asof ons nêrens kom of platval as gevolg van die omstandighede waarin ons, onsself bevind. Maar op die ou end van die dag gaan dit oor hoe ons die oorlogs pad aanpak wat spasie skep vir ons om te floreer. Een ding wat ek geleer het soveel mense na aan my is dat ons as mense instaat is tot soveel meer. Ons is instaat om moeilike keuses te maak wanneer ons weet dit gaan seer wees maar dit is die regte keuse. Ons is instaat om ander te help tot so 'n mate dat dit lewens verander en verryk. Ons is in staat om op te daag vir ander al gaan dit swaar in ons eie lewens. Ons is instaat om te floreer in onmoontlike situasies.

Dit is die onmoontlike situasies in die lewe wat ek glo ons herhinner aan wat werklik belangrik is in die lewe. Dit is die onmoontlike situasies wat ons laat besef tot wat ons in staat is. Dit is die onmoontlike situasies wat ons krag gee en uithouvermoë gee vir dit wat ons nie voor kans sien nie. En dit is die onmoontlike situasies wat ons laat besef hoe kosbaar en waardig ons is.

Ek het hierdie stuk geskryf omdat ek so bemoedig was deur sterk mense in my lewe. Mense wat werklik deur moeilike dinge moes (moet) gaan nog tussendeur die onmoontlike situasie van die jaar. Ek het raakgesien dat as iemand werklik baklei in swaar tye, uithou wanneer dit moeilik gaan en floreer in moeilike omstandighede dit is dan wanneer God se lig deur ander se omstandighede weer skyn in ons eie lewens. God se goedheid, liefde en omgee word raakgesien in ander se lewensomstandighede. Ek glo dat hierdie jaar vir ons geleer het om vreugde te vind in die klein dingetjies van die lewe. Om onvoorwaardelik lief te wees vir jou mense. En om besluite te maak wat ons lewens positief verander.

God plant ons in situasies, Hy gee vir ons water dit is net ons keuse of ons die water gaan ontvang om te kan floreer.

- Liefde Charné ♡

413 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page