top of page

Ons swakhede is nie 'n hindernis vir God se krag nie.

Al ooit gevoel jy is nou alleen in ñ donker gat, dit voel nie eers of jou gebed bo uit kom nie. En al wat jy eintlik wil doen is op ‘n hoop sit en huil! Mooistevrou, ek val sommer met die deur in die huis. Jou swakhede, jou moeilikste omstandighede, jou seer en trane is nie eers vir ons Vader ‘n druppel in die emmer nie. Sy genade is vir ons té groot dat Hy ons alleen sal los om so mismoedig te voel. Met vrouemaand op ons, wonder ek so hoeveel vrouens onderdruk hul emosies bloot omdat jy ñ vrou is. Ons dagtakies vereis al ons aandag, dan is daar moontlik kinders wat na omgesien word, huistakies wat afgehandel moet word, jou lewensmaat het jou tyd nodig en as alles gedoen is, slaan die horlosie - slaaptyd. Waar pas jy in? Het jy werklik tyd om by jouself in te check? If you’re one of those people who has that little voice in the back of her mind saying, ‘Maybe I could do [fill in the blank],’ don’t tell it to be quiet. Give it a little room to grow, and try to find an environment it can grow in…. Vrou, as jy al hierdie dinge kan behartig tot die beste van jou vermoeë al voel jy jy skeep jouself af, dink net wat kan jy wees en alles doen as jy vry is in jouself en ook na jouself omsien soos jy na ander doen. Mag jy hierdie vrouemaand jouself vier - nie iemand anders nie, nie jou ma of sussie nie - JOUSELF. Doen hierdie vrouemaand elke dag iets vir jouself - al vat dit letterlik 5-minute se koffie in stilte, al doen jy jou grimering agter ‘n toe deur, of al bad jy langer as gewoonlik. Niemand gaan te na gekom word nie, want jy is ook belangrik! As jy volhou in hierdie maand, sal jy gou die tyd hê om elke dag en nie net in vrouemaand na jouself om te sien nie. Jy maak saak. Jou gemoedstoestand is belangrik. Jy verdien tyd vir jouself. Jy mag ook sit en niks doen nie! Vier vrou wees - vier jouself! Dit is wat God vir jou wil hê, want so skyn Sy lig deur jou. Jou hindernisse sal jy ook met Sy genade en krag deur kom, mits jy na jouself kyk en weet waar vandaan jou krag kom.

409 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page