top of page

Ontdek weer die hart van vrouwees...

Die hart van ‘n vrou. Die mooiste deel wat ons elke een uniek maak van mekaar. Maar wel ook die plek wat die oorsprong van ‘n mens se lewe bepaal. Soos Spreuke 4:23 sê: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”


Die hart is ‘n snaakse ding, soveel so dat mens soms wonder hoe beskerm mens jou hart werklik. Dit is ‘n plek waar ons soveel liefde en omgee wil gee maar ook so vining seer kry. ‘n Plek waar ons leer vergewe en vergeet, en dan weer kanse gee om tog net weer seer te kry.


Soms wonder ek as ons sou weet wat die hart kan voel, kon voel en dalk eendag nog kan voel of ons die dinge wat ons toelaat steeds sou toelaat?


Dinge? Dinge is mense, want tog is ons gemaak vir verhoudings, liefde en omgee, maar dit is ook die dinge wat die seerste maak, dood en lewe bepaal. Soms wens ek ek het vroeër geweet dat mens se hart kan breek en dat die herstel proses soveel langer is as enige ander breek plek in jou lyf. Die emosionele battles, die weer in jouself begin glo, die stukke optel wat iemand anders vertrap het. Om stukke op te tel beteken om vrede te maak met mense wat nie jou waarde raak gesien het nie, wat nie jou liefde gekoester het as iets opreg en edel nie. OM te VERGEWE, wel daardie is werklik ‘n baie eenvoudige woord, maar beslis moeilik en so herhaaldelik. Iets wat jy elke dag deel van jou lewe moet maak, want dit my liewe vrou is die enigste manier hoe jy gaan kan vry kom van die kwaad binne jouself.


Wees asseblief ook sag met jouself, dit is nie jy wat nie genoeg gegee het nie, dit is nie jy wat harder moes probeer het om hulle te oortuig dat jy genoeg is nie. Jy is genoeg en dit wat jy bied sal vir die regte mense genoeg wees.


My liewe vrou, jy mag huil, jy mag die Here vra hoekom, jy mag kwaad raak en op ‘n plek kom waar jy nie meer enige iets wil voel nie, Maar ek wil jou ook vra om jouself voor Sy voete neer te lê, dat Hy jou hart weer heel maak, want niks in die gebroke wêreld sal jou hart weer heel kan maak nie, Psalm 34:19 sê dat : “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses”


Maak daardie belofte in jou hart vas dat die Here naby jou is, dat Hy jou seer sien en verstaan, Dat Hy jou trane sien rol as jy alleen is, en dat Sy Vader hart jou wil vetroos, jou weer geliefd wil laat voel en jou hart wil genees. Laat Hom toe om jou weer heel te maak.


Liefde

Zandelee


401 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page