top of page

Oorkom Jou REUSE

Deur Anri Basson


Elkeen van ons konfronteer reuse. Of ons hulle nou in die gesig staar, of in die toekoms. Daar is geen uitsonderings nie. Dit is ‘n teëstander of vesting wat jou vermoë om ‘n volle en vrye lewe te leef, verminder.


Dit hou ons soms terug van dit wat ons werklik in die lewe wil bereik. Dit hou jou in ballingskap, intimideer jou met sy verskyning en steel jou vreugde. Teestanders soos vrees, woede, verslawing en ander, kan voordat jy dit weet, ‘n vastrapplek in jou hart kry.


Ek het ‘n reus gehad, dit was vrees. ‘n Vrees dat ek nie goed skryf nie, dat ek sou sukkel met my langafstand studies, maar my grooste vrees was dat ek nie goed genoeg is nie.


Deur my vrees te vermy, het dit my teruggehou en probleme veroorsaak. Om die dinge wat ons vrees te vermy, maak ons vrese net groter in ons gedagtes. Soms kan verbeelding met hulself weghardloop. Dit maak nie die gevoelens wat dit werklik veroorsaak minder nie, maar ons moenie toe laat dat die reuse beheer oor ons lewens vat nie.

Ek het besef as daar ‘n reus voor my is, beteken dit dat daar ‘n Dawid in my is. Die reus voor my is nooit groter as die God wat binne my lewe nie.

Ek het my reus vir vrees oorkom. Die waarheid is dat “ek” dit nie gedoen het nie – “ons” het dit gedoen. God het my by die hand geneem en ons het my reus oorkom en nou het ek al soveel blogs geskryf, ek is so bevoorreg en geseënd met die harte wat ek aanraak. Ek geniet my langafstand studies en verkeis dit so, niks is maklik in die lewe nie, en dit leer my soveel geduld en self dissipline. En ek het geleer dat ek goed genoeg is, daar is net een van my en ek is uniek geskape.


God is daar om jou te help en weet dat jy uiteindelik die Dawid in jou sal vind.


Wat is jou reus? Is dit ook vrees? Dalk woede?

Wat jou reus okal is, fokus op die grootte van ons God, nie die hoogte van jou reuse nie!


355 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page