Opinies van ander
Ek het dit genoem in my vorige blog post maar ek wil net weer klem daarop sit. Mense wat seer het maak ander seer.Partykeer is iemand lelik met jou of “judge “jou en jy verstaan nie hoekom nie veral as hulle uitlatings onwaar is maar moet dit glad nie persoonlik vat nie. Dit is nie gemik op jou nie.Jy is net verantwoordelik vir hoe jy reageer daarop.
Partykeer sê iemand iets net om ’n reaksie uit jou te lok of jou te toets. Hulle is dalk net frustreerd of ongelukkig in hulle eie lewe dat hulle iemand soek om dit op uit te haal.Ek het al beleef waar ’n vrou valse aantuigings gemaak het teenoor my. Ek het net begin lag, my kop geskud en gedink, ai vrou as jy maar net weet. As sy maar net geweet het dat ek opgestaan het vir haar waar ander sleg gepraat het van haar. Daarom bid ek vir haar.
Spreuke 18:7 “Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy lewe.” Ons moenie toelaat dat ander se opinies ons onderkry nie. Jy weet wie jy is en wat in jou hart aangaan. ‘n Mens sou nie gif drink as jy dors is nie so hoekom sal jy toelaat dat ander se ongevraagde opinies jou vergiftig? Onthou altyd, “A lion never loses sleep over the opinions of sheep.”
Moenie ’n slagoffer wees van ander se opinies nie. Almal hoef nie van jou te hou nie en dit is okay. Luister na mense se raad of opinies wat ’n positiewe invloed het op jou lewe en wat jou beste belange op jou hart dra. Opinies van ander oor jou is hulle opinie , nie God se opinie nie. Ek dink ook nie mense besef altyd die negatiewe invloed wat hulle opinies het op ander nie. Sou jy daarvan gehou het as iemand so lelik was met jou ? As die antwoord nee is dan hoekom wil jy ander mense seer maak.Iemand anders se opinie oor jou sê meer oor hulle as oor jou.Wat ander sê of doen is ’n weerspieëling van hulle realiteit en waarmee hulle besig is.
Jesus het nie omgegee wat ander van Hom gedink het nie. Hy was ook “gejudge”maar het Hom nie gesteur daaraan nie en gefokus op sy doel en dit was om die wil van God te doen. As jy gaan toelaat dat ander se opinies jou lewe “rule” gaan jy nie God se plan met jou lewe vervul nie. Die Here se oordeel oor jou is al wat saak maak. Wat jy van jouself dink is baie belangriker as wat ander van jou dink.
Bid vandag en vra die Here om jou vry te maak van ander se opinies.