top of page

‘Partykeer wil ek vir God vra om my te abba.’

Ek het oor die afgelope twee weke twee baie spesifieke wyshede bekom. Ek dink nie dit is eers ‘n geheim dat helfte van ons uitgeput is nie – ek weet ons is geneig om altyd hierdie tyd van die jaar te wag vir daardie tweede asem om in te skop sodat ons net weer nuwe moed bymekaar kan skraap om dit tot Desember te maak, maar ek glo ook ons almal het sedert Covid begin het nooit regtig van die uitputting herstel nie, ons begin en eindig ons dag met genade, dae word weke, weke word maande en voor ons ons oë kan uitvee is dit weer tyd om Kersboom op te slaan! Dit is wonderlik dat ons met genade ons dag kan begin en eindig, maar ek dink nie God het ooit veronderstel dat ons dit ‘net-net’ deur ‘n dag, week of maand maak nie. ‘Net-net’ is nie ‘n lewe in oorvloed nie!


Die afgelope twee weke was lekker uitdagend: tussen werk, roadtrips, verjaarsdae en loadshedding doen ek wat ek nog altyd die heel beste in my lewe kan doen, ek ‘wing’ alles. So deur die ‘gewingery’ raak ek aan die gesels met ‘n hartsvriendin. Al bly sy in Kroonstad maak ons seker om elke week in te loer net om seker te maak dinge gaan nog lekker. Jy weet, lekker met jou hart, en gemoed en siel en sommer by die werk en met die vriende en familie, ons het ‘n hele check-list om seker te maak ons is okay, en daar waar iets kort kom, dan tree ons in gebed vir daardie ietsie spesifiek wat nie so lekker is nie.


So raak ons aan die gesels oor die grootste tyd dief – sosiale media. Ek vertel haar hoe graag ek eerder net Facebook en Instagram wil delete, want ons val so maklik in die greep om gou te loer wat aangaan, net om te sien dit is juis alles wat jy nie wil sien nie. Niemand post dat hulle ook ‘n goor week het, of dat die antibiotika nie werk nie en die snotneus en sommer die trane nie ophou nie. Niemand post dat hulle baas nie te great is nie want ons is so dankaar ons het ‘n werk, let wel, my baas en kollegas is fantasties en ek verruil hulle vir niks in die wêreld nie, maar ek hoor die gesprekke wat ek met my vriende het en dan besef ek wanneer ek my seëninge tel, beter ek hulle sommer sewe keer tel!


Nietemin, scroll ons ‘mindlessly’ deur die feeds van mense wat ons nie eers kan verdra nie, om dinge te oordeel waarvan ons eintlik niks weet nie, maar die mees treffendste beseffing was dat social media nie op my tydlyne gesync is nie, maar blykbaar op elke ander person wat ek follow. As ek weer sien is die twee verliefdes op ‘n wit strand iewers in die wêreld besig om aan ‘n vierde pina colada’s te teug. Scroll jy bietjie verder af besef jy daar moes virseker ‘n uitverkoping by American Swiss gewees het want elke tweede couple is skielik verloof, en die wat nie verloof is nie, se trou foto’s lyk stunning, en die vriendin wat nie op die toue kon drink nie se maternity shoot lyk magies.


In ‘n kwessie van ten minste 5 scrolls is ek so negatief oor my eie lewe. Belaglik, nê! Ek vertel vir Amey van hierdie vreeslike mixed emotions wat ek nou hieroor beleef want meeste van ons weet dat meeste van alles op social media net so fake is. Almal is virseker daar vir die Liefde by die Dam foto’s want dis ‘cool’, maar waar is die foto’s van Susan in die kombuis met haar blik caramal treat, plat op haar boude op die kombuisvloer? Dis dalk nie so ‘cool’ nie, maar dis kosbaar! Wanneer het ons daardie authenticity verloor en vir wat het ons dit prysgegee?


Ek voel nie die Lightroom filters is die moeitewerd om sulke kosbare stukkies van lief herhinneringe te beroof nie. So dis toe waar ek vir haar sê ek het so bietjie time out nodig van hierdie speletjie – ek wil nie meer saam speel in ‘n game waar die wenner verloor en die verloorder ook verloor nie, want op die einde van die dag belowe ek niemand dink so baie oor jou soos wat jy aan jouself dink nie. Ek sit nie in ‘n Daily Coffee en dink aan ander mense nie, ek dink oh gats, wat dink ander mense van my. Maar hulle doen nie, nes ek ook nie aan hulle dink. So just let it be en let it go. Jy gaan met die lewe en al sy voorafgestelde verwagtinge moet uitmaak, want dit is ‘n onmoontlike taak om te vervul en intussen vergeet jy om werklik eintlik te lewe, en dit boonop te geniet!


Die tweede waarde was die wyse woorde van ‘n vier-jarige poplap, en dit het gelui: “Jy kan nie so vining bid nie, anders gaan Jesus jou nie hoor nie.” Eerstens, hoe kostelik is die kinderlike onskuld, en tweedens, hoe gelukkig is ek dat sy my met hierdie stukkie wysheid kom bederf – juis omdat ons bid en dankie sê vir haar melkskommel bederf!


Beide waarhede het my laat wonder of ons nie onsself uitput met al die ideale en tydlyne wat ons vir onsself skep in hierdie gejaagde lewe nie? Ons teleurstelling kom uit ‘n verwagting en hoewel ons ons verwagting in God plaas, verkies ons om die dagboek en die tydlyn in ons hand te hou. Soos Jesus, ek vertrou jou halfpad, maar ek wil net eers self doodseker maak oor hierdie saak. So asof God nie lankal reeds daar was en presies weet hoe, waar, wanneer en wat die situasie dan gaan wees nie. Dan raak ons moeg en uitgeput en dan wil ons soms vir Jesus vra om ons te abba want ons nie self meer krag om verder te loop nie. En ek dink as Jesus hier was sou Hy dit vir Sy kinders doen sonder om eens twee keer daaroor te dink, of Hy sou hulle leer om stadiger te bid sodat God hulle kan hoor.


Ieder geval, bly God en gebed die antwoord op die saak.


Dalk moet ons bietjie meer intensioneel by God uitkom en meer gesprekke met Hom hê as oor mekaar en dalk moet ons maar daardie tassie vol verwagtinge en tydlyne wat ons so graag saamsleep neersit, dan sal ons ‘n nuwe krag ontdek wat nie sal vereis dat God ons hoef te abba wanneer ons moeg raak nie. Raak net ontslae van die dinge wat nooit joune was om in die eerste plek te dra nie.


En dalk moet ons stadiger begin bid. Sodat ons regtig kan bid. God ken ons harte en weet wat ons gaan vra nog voor ons dit kon spreek, maar Hy wil in verhouding met jou wees want Hy het jou so diep lief, so lief dat Hy dit nie op social media verkondig het nie maar op ‘n kruis. Hoe underserving is ek nie van sulke tipe liefde nie. Hoekom sal ek nie intensioneel langer met ‘n God van sulke tipe liefde wil gesels nie. God wil hoor wat in jou hart aangaan voordat social media daarvan hoor. God sit en wag vir jou, Hy het die wêreld se tyd vir jou, wanneer gaan ons leer om ordentlik tyd te maak vir God ook?


Die heel laaste ding wat ek vandag vir God wil dankie sê is die absolute blessing op blessing wat Hy in hierdie mense verkondig, ‘n 25-jarige en ‘n 4-jarige. Moet nooit toelaat dat iemand jou laat glo jou ouderdom beperk God nie, dit doen nie.


As jy vandag op ‘n lekker plek is en jy het nie nodig vir God om jou te abba nie, wees jy die vriendin wat ‘n ander vriendin abba! En as jy voel jy het vandag stadig genoeg gebid en regtig jou hart ondersoek, wees die vriendin wat saam met iemand anders stadig bid. Kyk, dis nou noodwendig ‘n oefening wat die wêreld gaan verander nie, maar tenminste sal een persoon deur jou bereidwilligheid om ‘n " vessel" vir God te wees, weer opnuut God se genade leer ken.


Wees lekker. Wees die abba vriendin en bid stadig sodat Jesus jou kan hoor!


Baie liefde,

Roux 😊


3,116 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page