top of page

Sê is een ding, maar doen is aksie

Ons almal ken die gewilde aanhaling, “actions speak louder than words.” Hoe ouer ek word hoe meer glo ek aan daardie aanhaling. Mense is geneig om een ding te sê en die ander te doen of selfs net nooit te doen nie. Woorde word maklik rond gegooi om iemand gerus te stel, te “please” of voor te gee vir iets. Deesdae glo ek in aksies. As jou aksies wys dan glo ek die woorde wat volg.


Te veel keer in die lewe het ek gesien hoe mense een ding sê en daardie woorde nooit ‘n realiteit word nie. Dit is soveel makliker om ‘n situasie te hanteer met woorde as aksie en dus gebruik soveel mense hierdie metode. Maar op die ou end van die dag, spreek jou aksies boekdele. Jy kan soveel as wat jy wil met jou woorde toor, maar jou dade sal wys wie en wat jy werklik is.


Hoe meer jy ‘n ding sê, hoe groter verwagting skep jy by iemand.


Jy kan groot praat, die mooiste woorde uiter en allerhande beloftes maak – maar iewers gaan dit jou in haal. As jy nie jou mooi woorde en beloftes kan staaf met goeie gevolge nie, gaan jy verloor. Onthou, party mense sal altyd die goed in jou raak sien, maar die meerderheid gaan op ‘n stadium opgee en wegdraai, want leë beloftes maak skuld. Niemand hou daarvan om teleurgestel te word nie.


Ek dink as kind probeer mens altyd net die mooi in iemand raak sien, kinders is so onskuldig en dit is die mooiste eienskap van kinders wat ek elke dag wens ek het steeds. Tog, leer die lewe jou om jou hart te beskerm teen die mense wat net praat en leë beloftes maak. Vandag, sukkel ek om iemand bloot net te vertrou op woorde. Skepties om mense te glo, dalk het dit te doen met my persoonlikheid ook. Ek is altyd op soek na feite en bewyse.


So die slotsom van vandag is eenvoudig:

Moenie te veel praat, doen eerder.

Moenie te veel sê, wys eers.

Moenie beloftes maak, bewys is beter.


724 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page