top of page

Selfsug of Selflove

Soms wonder ek waar trek mens die streep in jou lewe waar jy ander mense nie meer toelaat om jou lewe te delegeer nie. Waar sê ‘n mens “dit is genoeg nou, nou lewe ek vir my gelukkige”.


Ek was die week weer voor so ‘n vraag in my lewe. Ek laat mense toe (veral familie) om my keuses te beinvloed rondom waar ek is, wie ek liefhet en hoe ek voorentoe gaan. En glo my dit lei nie altyd na ‘n gelukkige einde nie.


Meer keer as ooit lei dit my na alleen wees, twyfel in wie en wat ek is, is ek goed genoeg? Doen ek die regte dinge ? Het ek reg gekies? Is die persoon wat vir my gesin goed genoeg is, is hulle goed genoeg vir my?


So hoe weet jy of jy selfsugtig is en of jy self love toepas in jou lewe?


Maar nou het ek tot ‘n besef gekom dat al daardie mense wat so ‘n opinie het oor my lewe en wie ek mag liefhê, eendag nie meer daar gaan wees nie en dan sit ek stoksiel alleen en in ‘n konstante waarboel van “wat as ek maar net”. En nou moet ek besluit kies ek geluk of die norm volgens my familie en society.


En nou is ek by daardie vurk in die pad in my lewe waar ek moet ‘n ruggraat groei en opstaan vir dit wat my siel vir my sê is reg. Waar ek moet besluit vir myself en dan wat ookal volg kan hanteer met grasie,liefde, verstandigheid en respek.


Liefde is mos nie lelik nie, en liefde sien nie ras, geslag, geloof, kultuur raak nie, maar liefde sien ‘n huis, veiligheid, respek, eerbied, en geluk raak. Dit wat ons uitsit in die heelal kom terug na ons toe.


So as jy gaan negatief en lelik wees die hele tyd is dit wat jy gaan aantrek na jou toe. En as jy kies om positief te lewe trek jy dit na jou toe aan.


En wat gee ons die reg om iemand anders te “judge” as ons hulle nie ken nie. En dit omdat ons dalk iets lees of luister na ander se opinies.


Elkeen van ons dink anders, glo anders, sien iets ( al kyk ons na dieselfde iets) anders as die persoon langs ons. Niemand van ons is inhirent sleg nie. Niemand word gebôre om ‘n ander te haat net omdat hulle anders is nie. Dit is ‘n keuse wat ons maak.


Ja ons families kan hulle opinies lig, en dit is hulle reg, maar dit bly jou reg om geluk te kies en dan moet jy die gevolge kan dra van jou keuses. Maar dit is waar die mooi en dapperheid daarin lê. Jy kan kies vir jouself.


So vat jou kans, doen daardie kurses, reik na die sterre, vat ‘n kans op liefde, sê ja vir die lewe. Wees dapper, wees openhartig, wees spontaan, wees vriendelik en barmhartig, lig iemand anders op...en lag uit jou maag soos net jy kan.

Moenie dat jou liefde, jou lewe, jou drome en passies by jou verbygaan nie,want môre is nie vir ons almal beskore nie.


Ek sien dit elke dag in die hospitaal, die verweite en wat as ek maar net oomblikke wat mense deur gaan voordat hulle hierdie wêreld verlaat.


So Carpe Diem die lewe met durf en moed.


Jy kan dit doen, want jy is gemaak vir alles wat mooi is.


Liefde en Groete

Leatitia

500 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page