Selfsugtige jaar
Die nuwe jaar het begin. Ons is weer terug by die werk na ons normale roetine.Nuwe jaar met nuwe uitdagings. Dit voel vir my asof die jaar verander het op die kalender maar nie die mense en omstandighede nie. Dit voel asof laas jaar net aanhou, “version 2.2” maar ons het ’n keuse.
Ons kan kies of elke dag gaan tel of gaan ons elke dag laat tel. Ons kan kies wie goed is vir ons en wie ons eerder moet groet. Hoeveel van ons bid die dae en ure om net dat dit naweek kan wees dan kom carte blanche sondag aand op en ons gemoed sak net weer want ons besef die week gaan begin waar ons net weer deel word van die stroom.
Die jaar het ek besluit gaan my selfsugtige jaar wees. Ek het besluit om die jaar my selfsugtige jaar te maak omdat ek elke ander jaar altyd ander tevrede probeer stel en hulle belange bo my eie te sit. Ek verdien om selfsugtig te wees en so ook jy.
Ek het myself belowe, die jaar sal ek gaan slaap wanneer ek wil in pleks daarvan om wakker te bly oor dinge waaroor ek geen beheer het nie.Ek het myself belowe, die jaar sal ek nie toelaat dat my werk soveel van my eis nie. Die jaar sal ek my foon afsit en rus wanneer ek nie by die werk is nie. Hoeveel van ons is vasgevang in hierdie web dat jou werk jou pla na ure oor iets wat die volgende dat uitgesorteer kon word. Dan lê jy heel aand en rond rol want jy het nie afgeskakel nie. Jy moet jouself ook ’n prioriteit maak.
Ek het myself belowe om meer aandag te gee aan my fisiese gesondheid want ek voel beter as ek beter eet en oefen. Ek het myself belowe om nie meer energie te mors op mense wat my net afbring en uitput nie. Ek het myself belowe om die jaar te fokus om stilte tyd met die Here. Om Sy stem te hoor en daarna te luister.Die jaar is die jaar vir verandering. Moet nie skuldig voel om jouself eerste te stel nie. Doen wat goed is vir JOU.
Slot gebed:
Here, ek is baie opgewonde oor die nuwe jaar. Here U ken my hart. Help my asseblief om my verwagtinge vir die nuwe jaar aan U te oorhandig. Here, vernuwe asseblief my denkpatrone en help my om te onthou waar my hulp vandaan kom. Hou my asseblief in U palm vir wat hierdie jaar gaan inhou. Niks is vir U onmoontlik nie. In U naam alleen, Amen.