top of page

Singleness


Ons het almal Bybelse wysheid nodig rakende die onderwerp.Die spesifieke onderwerp lê baie na aan my hart. Ons almal gaan op een of ander stadium “single” wees maar elkeen van ons se seisoen sal verskil of party mense sal vir altyd “single” wees en dit is ook okay. Moenie angstig of bekommerd wees hieroor nie. Ons kan maklik na die verkeerde raad luister van mense af omdat ons so groot behoefte het om nie “single” te wees nie.


Ons kyk “ Die kliek, boer soek ’n vrou, love is blind “en registreer op apps soos “tinder”. Maak nie saak wie die persoon is waar hulle vandaan kom nie het almal ’n behoefte vir ’n verhouding, huwelik of net liefde.Ek het self baie gesukkel hiermee en a.g.v daarvan was ek in verkeerde verhoudings omdat ek nie alleen wou wees nie. Ek het “gesettle”vir die verkeerde redes.

Die volgende Bybelverse in engels sê dit vir my so mooi :

1 Corinthians 7:6-9 en 32-34


“6 I say this as a concession, not as a command. 7 But I wish everyone were single, just as I am. Yet God gives to some the gift of marriage and to others the gift of singleness. 8 o I say to those who aren’t married and to widows- it’s better to stay unmarried, just as I am. 9 But if they can’t control themselves they should go ahead and marry. It’s better to marry than to burn with lust.”


“32 I would like you to be free from concern. An unmarried man is concerned about the Lord’s affairs – how he can please the Lord. 33 But a married man is concerned about the affairs of this world- how he can please his wife.34 and his interests are divided. An unmarried woman is concerned about the Lord’s affairs: Her aim is to be devoted to the Lord in both body and spirit. But a married woman is concerned about the affairs of this world- how she can please her husband.”


Partykeer dink ons dat trou die einddoel en die “gift” is maar dit word duidelik gesê in die vers dat albei ‘n “gift” is van die Here. Dan bid sommiges van ons, “ Here asseblief ek soek nie die geskenk van “singleness” nie, ek wil nie alleen wees nie. Ek was een van daai mense wat gereeld in konflik was oor dit omdat ek net nie alleen wou wees nie. Ek het gereeld gebid en baklei met die Here hieroor. Ons dink, as ek net getroud of in 'n verhouding is sal my lewe volmaak wees maar dit is nie waar nie. Die dag toe ek vrede maak met die seisoen van “singleness” en dit begin “embrace”het in my lewe het ek ’n ruk daarna ’n facebook invite gekry van ’n man.Vandag is ons al 3 jaar saam en verloof. Prys die Here vir hierdie nuwe “gift”in my lewe.


In die Bybel word daar gepraat van gawes of “gifts” wat ons elkeen kry van die Heilige gees bv. wysheid en geneesing so ook is “singlesness” ’n gawe. Ons moet glo dat “singleness”en “marraige” ook so 'n gawe of “gift”is. Dan begin mens dink Here ek het nie gevra vir die “gift of singleness” nie. Maar dan moet ons besef dit bly ’n gawe of “gift “ van die Here en dit is goed. Die Here weet wat goed is vir ons. Sodra jy jou denkwyse verander en besef dit is nog ’n gawe van die Here sal jou hele uitkyk verander.


As jy tans enkellopend is , “embrace” hierdie seisoen , hierdie “gift “van die Here af. Gebruik dit. Moenie die “gift “weg wens nie en moet ook nie as jy getroud is wens om “single”te wees nie want dit gebeur ook. Jy kan getroud wees en spyt wees dat jy nooit jou “singleness embrace “het nie. Vertrou die Here in elke seisoen. Moenie desperaat raak nie.Moenie net “settle”nie want die Here het regtig ’n “beautiful” plan vir jou lewe .

591 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page