• Anri Basson

Skoenlappers kan nie die towerkuns van hul eie vlerke sien nie

Skoenlappers kan nie die towerkuns van hul vlerke sien nie.

Hulle het geen idee hoe spesiaal hulle is nie.

Soos jy, vrou.

Net soos jy.


Ons sien onsself deur ‘n lens van selfkritiek, geskep deur sosiale media en die wêreld.

Daar is vir jou gesê dat jy te veel, te hard, te groot, te klein of te sag is.

Dit laat jou voel soos ‘n klein-growwe, wurm, ‘n ongewenste gogga.


Maar daar is gelieg oor jou.

Omdat jy nie een van hierdie dinge is nie. Jy is pragtig. ‘n Vrou met ‘n vriendelike glimlag, ‘n sterk siel, ‘n vrou met oë wat ander mense laat voel dat hulle geliefd is. Jy raak lewens aan, en verander wêrelde, Jy is uitgedaag, jy het gesukkel maar jy het ontwikkel in een ongelooflike vrou.


So nee, mooiste vrou, jy is nie klein nie, of onvolledig nie. Jy is soveel meer: ‘n skoenlapper met vlerke wat jy nie kan sien nie. ‘n Liggaam wat jou vashou, wat lief is vir jou en jou laat groei. ‘n Siel met onbeskryflike waarde, al weet jy dit nog nie.


Jy is towerkuns.

Net soos ‘n skoenlapper gaan elkeen van ons deur veranderinge, maak nie saak wat met hulle gebeur nie, hulle verander in hierdie pragtige wesens. Ek bewonder skoenlappers al van my kleintyd af, dat hulle deur hierdie ongelooflike proses moet gaan om in iets besonders te kan verander.


En as jy ooit twyfel, as jy vergeet, kyk na jouself. Jy was nog altyd kuns. Jy moet dit net self leer en raak sien. Die lewe is gans te kort daarvoor om vasgevang te word in wat sosiale media en wêreld van ons verwag.


Jy is te mooi daarvoor en hoewel neigings kan verander, selfliefde gaan nooit uit die mode nie.

Leer om die wonderlike, komplekse wese wat jy is tee eer. Vandag en elke dag.



326 views1 comment

Recent Posts

See All