top of page

"Social Media Break"


Meeste van ons het maar ‘n “love/ hate “verhouding met sosiale media. Sosiale media platforms is ’n integrale deel van ons lewens. Natuurlik is daar baie voordele aan die sosiale media, maar ons moet net bewus wees van die potensiele nadele.


Navorsing het bevind dat te veel skermtyd ’n wanbalans in die breinchemie kan veroorsaak wat depressie, slapeloosheid en angs tot gevolg kan hê.“Let’s be honest”, social media is baie verslawend. Dit vat so baie van ons tyd. Soms “scroll” ons net en let nie regtig op wat ons sien of lees nie. Ons raak onsteld oor sekere posts en comments wat dan konflik veroorsaak.Ons vergelyk met ander wat lei tot selfbeeld probleme en ons voel ons mis uit- FOMO. Dit beperk persoonlike interaksie en veroorsaak dat ons in ’n ligleegte lewe.Hoeveel keer sien ons nie negatiewe dinge raak wat dan ons hele dag dan bederf nie.


Ek afgekom op ’n post van Jay Shetty. Hy het gesê, “Most of us would never let a hundred people walk into our bedroom first thing in the morning but we are letting a hundred people into the bedroom of our mind through our phone every time when we wake up in the morning. So what’s happening is your brain is just trying to wake up and all of a sudden you are bombarding it with negativity, noise and notifications.”


Dit het my laat besef hoe groot die invloed van sosiale media werklik is op ons en op myself.Meeste van ons “browse”sodra ons, ons oë oopmaak in die oggend.


Facebook, instagram,Whatsapp, twitter, Tiktok en so gaan die lys aan is ongetwyfeld ’n uitstekende manier vir ons om met mekaar te kan kommunikeer , videos en fotos te sien en deel, dit is ’n middel waar ons verskillende standpunte kan deel en dit help besighede met hulle bemarking, kliente te lok om hulle besighede te help groei.


Daar is ongelukkig ’n risiko om jouself te veel bloot te stel op sosiale media.Wat is die voordele van ‘n “social media break”? Eerstens wil ek noem dat ek nie sê jy moet heeltemal daarvan af gaan nie maar ‘n “detox”is baie goed. Dit is wetenskaplik bewys dat dit jou gemoedstoestand verander, jy voel beter en gelukkiger.


Jy het meer tyd om saam met vriende/familie te spandeer in pleks daarvan om heeltyd op jou foon met hulle te praat. Jy “reconnect”met die regte lewe daar buite.Jy begin lewe in die hier en nou. Jy vergelyk nie met ander nie en voel ook nie dat jy heeltyd moet kompeteer nie .Jou produktiwiteit verbeter.Jy het meer privaatheid. Jy het meer tyd om weer met jouself te “reconnect”. Jy slaap beter en dit verminder stress.


Hoe kan ek ‘n “social media detox”begin doen?


Jy kan begin deur klein veranderinge bv. deur jou “notifications” van jou “apps” af te sit of in ’n folder te sit dat dit nie jou aandag aftrek nie.


”Unfriend/unfollow”mense wat jou sleg laat voel oor jouself of wat jou negatief laat voel.


Gaan van lyn af 2 tot 3 ure voor dat jy gaan slaap sodat jou brein kan afskakel.Beperk die tyd wat jy bestee daaraan ( Limit jouself ).


Reel meer persoonlike afsprake met mense as om met hulle “online”te praat. Sit jou foon weg tydens etenstyd.


Stel vir jouself doelwitte bv. Om elke dag vir ’n paar ure glad nie te “browse” nie.


Dit kan regtig jou kwaliteit van lewe verbeter om net ’n breek te vat.


Less scrolling, more living !

187 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page