top of page

Sy is net ñ Ma

Haar behoeftes behaal nie die prioriteitslys nie, want

Vrou & Ma-wees is eerste.

Sy stort haar trane alleen,

Maar staan sterk vir haar man en kinders

Dalk ‘n verlore identiteit,

Want nou is ma & vrou wees al wat sy ken


Geen erewag of trofee met haar naam op,

Net ‘n vrou, ‘n Ma.


Is hierdie nie dan een van die grootste voorregte nie?


Party dae voel moeiliker as ander, asof jy faal is ALLES wat jy doen. Selfs net die bondel wasgoed is teveel om weg te pak. Maar, hierdie is presies hoe dit moet wees - deur alles is dit hoe God ons vorm en maak in die perfekte pas maat vir jou man, en die beste mamma vir jou kind te kan wees.


As Ma & Vrou weet ek wat dit op ‘n daaglikse basis verg om ‘n gelukkige huishouding aan die gang te hou.

Daardie hoop speelgoed in die sitkamer, die skottelgoed wat die wasbak vol maak, vuil vloere - hierdie is die goed waarna jy eendag sal verlang. My moed sak in my skoene met ‘n deurmekaar huis, en so gou soos ek opruim, besef ek ook dis tydelik. My meisiekind word groot en hierdie deurmekaar chaos is ‘n teken van ‘n gelukkige tuiste. Dis hier waar my kind speel en ontwikkel, hier leer sy van liefde wat sy in haar ouers daagliks beleef. Dis hier waar sy herinneringe bou.


In die midde van jou chaos, koester daardie fase. Elke liewe deel. Ek het nooit besef hoe vinnig tyd verby gaan, tot ek die kalender bekyk en besef my meisiekind word ‘n volle twee jaar oud nie.


En dis hier waar ek besef:

Jou sitkamer gaan nie altyd vuil wees nie, eendag gaan jy dalk self jou huis omkrap omdat jy verlang na dié dae.

Jou kombuis gaan dalk meer skoon wees en al die huistakies is gedoen. Jy gaan tyd hê om ‘n warm koppie koffie te geniet of laat te slaap. Maar, daardie fase kom op sy eie tyd.


Wees teenwoordig in die nou. As jy oorweldig voel, haal asem, vat ‘n tree terug en na jouself kyk. Jy, liewe vrou, is sterk en bekwaam, jy doen presies wat jou kind en man nodig het en dis meer as genoeg.

146 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page