top of page

Tel jou seëninge, nie al die kalorieë nie. - ♡

Baie van ons gaan die tyd van die jaar op vakansie, waar ons buite ons normale roetine is en waar ons ook geneig is om ons eet gewoontes so bietjie te verander. Alhoewel 2020 anders as die normaal gelyk het glo ek dat hierdie feestyd soos al die ander jare sin gevul gaan wees met baie en lekker kos.

Die tyd van die jaar word gevul met die vreugde van saam wees, feesvier en tyd saam met die mense spandeer vir wie ons lief is. Maar vir soveel vrouens is dit in dieselfde asem ‘n moeilike, ongemaklike en spanningsvolle tyd. Baie van ons het heel jaar hard gewerk om op ‘n punt te kom waar ons gemaklik voel oor hoe ons lyk en voel dat ons somtyds vergeet, ons het nou die punt bereik waarvoor ons gewerk het. Ons raak so vasgevang om perfek te lyk en om konstant te bekommer oor wat ons eet dat ons vergeet om die tyd ten volle te geniet.

Ons is geneig om oor ‘n Desember vakansie so baie tyd te spandeer om onsself te vergelyk met ander se voorkoms en lewenstyl dat ons werklik vergeet om elke oomblik van elke dag ten volle te geniet. Ons spandeer meer tyd daaraan om kwaad te wees vir onsself omdat ons alweer ‘n ekstra stuk brood of sjokolade geëet het dat ons onbewustelik vergeet om vir ‘n oomblik op te kyk en te besef wat ons besig is om te mis.

In plaas daarvan om konstant te fokus op hoe ons lyk en wat ons verkeerd geëet het, moet ons dalk fokus op dit wat ons ontvang het om te vier in hierdie feestyd. Indien jy so bevoorreg is om tyd saam met familie en vriende te spandeer, geniet dit ten volle want die jaar het ons geleer dat tyd al is wat ons het. Fokus daarop om jouself net so lief te he soos wat jy vir jou geliefdes is.

God se beplanning vir ons is om te lewe en die lewe elke dag ten volle te geniet. Ons moet leer om elke fasset van ons lewens te geniet sonder om vasgevang te word in dinge wat belangrik is volgens die opinies van ander nie. Ons moet leer om meer te lag en die klein dingetjies in die lewe te “celebrate”. Ons moet leer om trots te wees op dit wat ons bereik het in ‘n jaar van onsekerheid. En ons moet leer om lief te wees vir onsself ongeag dit wat ons laat twyfel in ons eie waarde en voorkoms. Ons moet onsself begin lief hê soos wat dit deur God vir ons beplan is. God is trots op jou net soos jy is, Hy wil hê dat ons as vrouens ons identiteit in Hom vind.

Elkeen van ons het ‘n unieke verhouding met ons liggaam wat beteken elkeen van ons het ‘n unieke verhouding met kos. Jy kan jouself bederf, jy kan vandag nog ‘n stukkie koek eet want more is ‘n nuwe dag. Herinner jouself daaraan dat elke nuwe dag ‘n geleentheid is om jouself te verbeter en dat jy eerder vandag jou seëninge gaan tel.

- Liefde Charné ♡

291 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page