Tenspyte van, hoop ek jy kies vrede.
Dis nie maklik om positief te wees nie; en tog is dit soms; maar waarmee mens sukkel is die gedagte proses en die hernuwing van jou gedagtes om positief te kan bly in die midde van donkerte. En die feit bly staan - jy's net mens.
Dis moeilik, want wat as jy in 'n onmenslike moeilike situasie sit waar jy konstant geboelie word? Hoe bly jy positief? Wat as jy in 'n verhouding van mishandeling sit en jy dag in en dag uit gekondisioneer word? Wat as die man in die huis jou lewe 'n "living hell" probeer maak en al wat jy vra is eerlikheid en regverdigheid? En hy jou afkraak, beloftes gemaak het en nooit hou nie, deur jou goed snoop, in jou kamer kom 3 uur in die oggend, wat soek hy daar? Wat as die man van die huis, veronderstel was om jou basiese benodighede te voorsien soos hy beloof het nadat hy jou genooi het en jou skielik in die rugsteek en los sonder finansies, sonder heenkome? Wat as hy jou ma vermorsel en haar so emosioneel, finansieel en soms fisies mishandel, net om 'n punt te wys? Hoe kies jy om positief te wees?
Agter toe deure weet min mense wat in jou lewe aangaan, en nie almal verstaan altyd nie. Dis maklik vir mense om "raad" te gee en soms is hulle bedoeling goed - maar wanneer iemand in die donkerste tyd van hul lewe sit; kan ek jou belowe dat hulle al aan elke liewe moontlike uitweg gedink het, so om die teendeel aan hierdie persoon te vertel, is amper asof hulle "ge-gaslight" word teen hulle eie realiteit. Byvoorbeeld, baie mense gee altyd raad vir 'n vrou wat in 'n verhouding sit waar mishandeling is dat sy moet wegkom, of onafhanklik raak, of werk moet kry - Okay, so gaan sy dadelik betaal word om kos te koop, petrol te koop, toiletries..? Gaan dit haar dadelik uit die situasie haal? Gaan dit dinge dadelik verbeter? Nee! Dit gaan nie. Inteendeel wanneer so 'n mens weet jy kry geld, sal hy jou verder truiter en seker maak dat jy niks oorhet nie. En as sy gaan, waarheen gaan sy? Wat as sy niks familie naby het nie? Wat as sy niemand oorhet nie? Wat as die man wie haar beheer, soveel beheer oor haar het dat sy niks kan regkry nie? Wat as hy al haar finansies beheer het en sy probeer sente spaar om weg te kan kom? Wat as sy vir enige moontlike werk aansoek gedoen het, maar met alle hoop nie iets kry nie? Dit gaan verder, vir jare kondisioneer hierdie mens jou en veroorsaak "raging fights", wat vir ure aanhou oor goed wat hy opmaak in sy kop, dat jy verneuk (terwyl jy geisoleer is en nêrens kan gaan nie), dat jy geld mors (terwyl jy spaar en minimaal spandeer) , dat jy nooit kuier met hom nie (terwyl jy altyd vra vir sy aandag); dat jy nie mag werk nie (terwyl jy baie graag onafhanklik wil wees, maar hy is so jaloers so jy probeer maar eerder die vrede bewaar...) - en na elke duisende dingetjies; het hy altyd 'n teenkant; altyd 'n nuwe geveg, altyd 'n nuwe leun.
Hoe kies jy om positief te wees, wanneer jou lewe bestaan uit abnormaliteit? En hoe hou jy haat uit jou hart wanneer jy soveel onregverdigheid aangedoen word, wanneer jy vra vir vrede, maar hy wys jou die teenoorgestelde... Die beste ding wat so iemand kan hê wat in so iets sit, is mense wie verstaan en wie bereid is om hulp aan te bied sonder om te oordeel, sonder om jou te laat voel of jy kleinlik is en nie weet wat om te doen nie, want baie weet wat hulle moet doen, hulle weet net nie altyd hoe nie.
Dis nie reg dat mense dink hulle het die voorhand oor jou lewe nie; en dit is okei om van so persoon te breek - die Here wil nie hê dat jou lewe besoedel moet wees met stres, mishandeling, emosionele afpersing en konstante negatiwiteit nie. Inteendeel Hy sê kom weg van sulke mense. Die Here haat dit wanneer mense onmin saai, wanneer mense ander mense wil beheer - dis manipulasie. "For the perverse person is an abomination to the Lord, But His secret counsel is with the upright." - Proverbs 3:32 (P.S. Perverse beteken "showing a deliberate and obstinate desire to behave in a way that is unreasonable or unacceptable.")
Wanneer jy in so iets sit gaan jy daagliks getorment word; en ja, om niks te doen nie gaan jou daar hou, so jy moet alles in jou vermoë doen om uit te breek; en ja jy kan werk kry en spaar, jy kan probeer om weg te kom; maar terwyl jy vasgevang is; is die beste ding wat jy kan doen; om aan jou emosionele en psigiese te werk, jou gedagtes rondom jouself sterker te kry, kennis op te bou van wat met jou gebeur en hoe die ander persoon is, uit te ryk na mense wie kan help soos organisasies wat genoeg kennis het rondom sulke situasies. Om positief te bly gaan beteken jy gaan naby die Here moet leef elke dag; en jy gaan selfstandig moet word in jouself, in God en Sy Woord, jy gaan daagliks jouself moet ompraat; met jouself praat en herinner dat waarin jy is is nie reg nie en dis nie jou skuld nie, jy gaan nuwe grense moet leer, ou "habits" verbreek.
Jy't 'n kans gevat op liefde, om iemand te vertrou en hulle het jou misbruik en seergemaak - maak vrede met dit; aanvaar dat jy is waar jy is; en dan; dan doen jy alles in jou vermoë om jou lewe op te tel - om te kom waar jy wil wees; om uit te breek uit hierdie gemors. Dan tel jy jou kop en jy loop met krag en gesag met die wete dat wanneer jy jou kop in die aande neerlê jou hart skoon is en jy mense met integriteit behandel - en dat die Here hierdie battle vir jou veg omdat jy Sy kind is en GEEN PA sal toelaat dat mense wie Sy kinders so mishandel; met dit wegkom nie.
So; watookal jy mee "deal"; jy gaan nie altyd positief voel nie; en dis okei as jy nie is nie, want jy is net mens...maar tenspyte van alles, hoop ek jy kies vrede, want op die ouend van die dag kyk die Here na ons harte en iemand wie mense slegmaak, afbreek en mishandel het niks vrede nie - inteendeel, hulle lewe is leeg. Die dag gaan kom, dis nie die einde vir jou nie. Onthou; "God will give you justice." en met dit kan jy weet dat jy okay gaan wees; jy moet net deurdruk en doen wat jy moontlik kan - hand aan hand saam God.