top of page

THE MOOISTEVROU VIEW

Die goed voel, mooi voel fotosessies.


Inspirerende Stilleerde Portret Fotosessie saam ons Mooistevrou wenner Jessica Kotzé, Neeltjie Wassenaar van NUNUS Create & Inge Van Der Nest van TIMELESS MAKEUP & IMAGE CONSULTING & The MOOISTEVROU View deur Adele de Bruyn Photography.


'The MOOISTEVROU View' strek dieper as net fotos, dinge en dinge van die lewe. Dit neem jou op 'n reis om na diep binne te delf, om die self te ontdek en te genees, die mooi raak te sien en die lewe vanuit 'n nuwe oogpunt of perspektief te sien. Die MOOISTEVROU uitkyk wat fotosessies aanbetref, wil vroue weer help blom, ons wil jou laat sien wat jy nie meer sien nie of altans wat jy verloor het om te sien - ook die slagspreuk "mooi van binne, mooi van buite".


JESSICA KOTZE

Vrou - Mamma - Grimeer Kunstenaar

Ons kon nie wag om vir Jessica mooi te maak en af te neem nie!! Sy is 'n absolute FEES om rondom te wees, haar mooiste persoonlik en sin vir humor is soos medisyne vir die siel! Ons het vir haar 'n paar vragies gevra om haar ervaring te deel asook om meer te vertel oor haar siening van vrouwees:



1.

As jy kyk na hoe jy gevoel het net voor die kompetisie, en die build up tot die shoot, wat sou jy sê het verander?


Voor die kompetisie het ek regtig gedreineer gevoel - van krag, van vreugde, my "emmer" was leeg. Moeg van elke dag dieselfde "mind-numbing" take oor & oor te doen van skottelgoed, klere was, vloere mop, "24/7 on duty" van mamma wees vir twee, energieke seuntjies, tans besig met 'n Digital Marketing kursus, gewig probeer verloor, werk aan my huwelik wat vir so lank net al hoe meer agteruit gegaan het & dan om konstant vir almal om my net te gee & gee & gee. My geluk was nie op my "to-do-list" nie, nie vir die laaste paar jare nie. En na 'n lang dag voel dit asof ek niks voldoende bereik het nie, want die vloer is alweer vuil, daar is alweer skottelgoed in die wasbak & ek & my man het alweer baklei.

Ek het met dié MooisteVrou shoot besef dat ek moet beter na myself kyk/ myself 'n prioriteit maak, maar meer belangrik - om nie alles self/ alleen aan te pak sonder JESUS nie. Om alles self te probeer doen, gaan jy bly vaal of jou "emmertjie" bly leeg voel. Van nou af besluit ek om alles wat ek doen, te doen saam met & vir JESUS - al is dit om die kinders se speelgoed op te tel na wat voel soos die 1000ste keer daardie dag. Wanneer jy besluit "ek gaan dit doen vir JESUS", dan automaties verander daardie takie na iets wonderliks.


2.

Wat beteken self-liefde vir jou?


Self-liefde vir my is om te doen waarvan JY hou (nie waarvan jou man/ jou kinders/ jou vriendinne nie, maar jy!). Ek het geleer dat GOD vir elke liewe een van ons belangstellings & passies gegee het. Deur dit te doen, glo ek eer jy vir GOD & jou vreugde "emmertjie" raak vol. Dis totaal 'n "win win" situasie.







3.

Watter raad het jy vir ander mammas en vroue wat hulself op 'n laagtepunt vind en voel hulle kan

nie meer aangaan nie?


Sjoe, ek was al BAIE keer daar. Weet asb hoe jy voel is nie abnormaal nie of dat daar iets daar fout is met jou nie & jy is nie al 1 wie so voel nie, ek belowe!


Soos 1 Peter 5: 7 sê "Cast all your anxiety on him because he cares for you." "Cast" beteken "throwing something forcefully". So smyt jou worries, trane, gemoan, seer, frustrasies, woede, alleen-voel, waardeloos-voel, dit ALLES, ALLES voor GOD neer. Gee dit als vir Hom & staan terug & kyk hoe GOD gaan & sal intree vir jou - Isaiah 41:10 "Don't be afraid, for I am with you. Don’t be discouraged, for I am your God. I will strengthen you and help you. I will hold you up with my victorious right hand."

In daardie tye, wanneer jy net in een sak tot in 'n hopie op die vloer of in die badkamer gaan huil, is gebed die antwoord. Praat jou hart & siel & kop leeg & stort alles uit voor Die HERE. Ek dink nie mense besef die ontsaglike krag wat daar in gebed is nie. Die duiwel sal alles in sy mag probeer verhoed dat jy bid, want hy weet wanneer jy bid, begin GOD se Hand beweeg. Glo my GOD hoor jou, Hy hoor jou gebede, Hy hoor jou hart, HY hoor jou vrese & bekommernisse. HY vang elke liewe traan. Psalm 56: 8 "You keep track of all my sorrows. You have collected all my tears in your bottle. You have recorded each one in your book."

Wys dit nie hoe belangrik jy is vir Hom nie? Dat HY so intens in jou belangstel, dat HY elke traan van jou vang & presies weet hoeveel hare op jou kop is.


En elke liewe keer het GOD in getree wanneer ek na Hom draai of uit roep & in stilte huil of fluister. GOD sien dit als. HY is bewus van dit als. HY het nêrens heen gegaan nie, HY is altyd by jou, al voel dit nie so vir jou nie. Met GOD is ALS & enige iets moontlik. Vra vir GOD "to show up" & vir jou omstandighede

& HY sal.







4

Wat is die grootste les wat jy geleer het as vrou om 100% jouself te wees?

Mense gaan altyd iets te sê hê, maak nie saak hoe jy lyk, hoeveel jy weeg, hoe suksesvol of hoe min/ baie geld jy het nie. Daar gaan altyd iemand wees wat jou gaan sleg sê, jou laat twyfel of nie in jou glo nie. Wanneer jy daardie insette kry, sê "so what". Hou jou oë op GOD, want net SY opinie maak saak.



5.

Watter 3 wenke kan jy deel vir vrouens om hulself te motiveer?

Vra vir JESUS vir hulp met alles, groot & klein besluite. "Here, wat moet ek aantrek vandag?"

"HERE, sal U my help met my inkopies vandag?"

JESUS wil deel wees van elke sekonde van jou lewe, nie net vir die kort tydjie Sondae by die kerk nie. HY wil 'n diep, ryk & intieme verhouding hê met jou. You are the daughter of the Most High! Take that name & own it. Leer om te sê "so what". Probeer jou bes met dit wat jy het & gee die res vir JESUS.



♥♥♥♥♥♥


'n MASSIEWE dankie aan:

NUNUS_Create vir die blomme & dekor wat uit haar pad gegaan het en seker gemaak het alles pas mooi in en dat alles reg is vir die dag se gebeure.

CARPET: Cezanne Interior Carpets

TIMELESS vir jou absolute mooi grimering en stillering, jou sagte geaardheid wat seker gemaak het Jessica voel gemaklik en mooi - Julle is absolute sterre!

BASSON & BASSON vir ekstra dekor asook die venue en al jou moeite vir die rondskuif en hulp om ons perfekte backdrop moontlik te kon maak!


Fotos geneem deur : Adele De Bruyn Photography







♥♥♥♥♥♥


Samewerkings (Collaboration) gaan nie net oor wie wat uit die "deal" kan kry nie - dit het dieper betekenis. Dit gaan werklik daaroor om elkeen wat betrokke is te help hul passie en talent navore te bring en in te tree en te vra waar kan ek jou help jou drome bewaarheid, waar kan ons mekaar help om iets moois bymekaar te bring of iets moois te skep wat elkeen gaan bevoordeel en elkeen gaan help in hul individuele besighede.


♥♥♥♥♥♥


WORD DEEL:

Vir enige navrae oor collaborations of stilleerde fotosessies kontak gerus hello.mooistevrou@gmail.com


115 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page