top of page

Tik-tok die tyd is amper op!

deur Anri Basson


Dis ongelooflik om te sien hoe alles in een jaar kan verander. Hierdie jaar was omtrent een helse uitdaging.

Aan die begin van die jaar, as jy my vertel het van die dinge wat sou plaasvind, sou ek jou nooit kon glo nie. Elkeen van ons is nie dieselfde persoon wat ons in Januarie was nie en ons is nog nie die persoon wat ons in Desember gaan wees nie.


Soos die einde van die jaar aanbreek, is dit ‘n natuurlike tyd om te reflekteer en te dink oor wat jy in die jaar ervaar het en wat jy wil verbeter in die komende jaar.


Maar as ons terugflits na 2021, het ons so baie dinge geleer en ervaar.

Ek kon ‘n jaar saam die MooisteVrou platform vier, dis ‘n ongelooflike ervaring en ek is dankbaar vir elke leser wat hierdie platform besoek. Ek het is ‘n stappie nader aan my droom werk en ek het soveel van myself geleer hierdie jaar.


Ek glo daar sal ‘n paar mense wees wat saam my ‘n glasie sal klink.

Die jaar het glow sticks ons geleer dat ons eers gebreek moet word voordat ons kan begin skyn. Ons moes ontslae raak van negatiwiteit, vrede ‘n prioriteit gemaak het en nie toelaat dat vrees en twyfel harder as ons harte skree nie.


Ons het kennis gemaak met pynappels en ons kan gerus meer soos ‘n pynappel wees: staan regop, dra jou kroon en wees soet aan die binnekant. Asook dat ons onsself moet omring met mense wat jou honger maak vir die lewe, jou hart aanraak en jou siel voed.


Die afgelope tyd het elkeen van ons geleer wat is die fyn lyn tussen reguit wees en net plein weg ongeskik en ek dink elkeen van ons kon besef dat jou tong nie bene het nie, maar dis sterk genoeg om harte te breek. Sommige van ons is soms geneig om leuns te eet omdat ons harte honger is,maar ons moet eerder vrygewig wees met ons glimlagte en verantwoordeliker met ons harte.


Ek dink ek kon meer wyser word oor sekere goed in die lewe, onder andere dat dit braaf is om ‘n sagte hart in ‘n harde wrede wêreld te hê. En dat ons almal al ewig in vergelyking is met mekaar maar elkeen van ons is uniek geskape. Streef elke dag daarna om beter te wees. Jy het hierdie!


Wanneer elkeen van julle begin voel asof dinge beter moes uitwerk die jaar, onthou die berge en valleie wat jou tot hier gebring het. God is so getrou, deur die goeie en slegte tye. Dis ontsagwekkend om te dink oor wat Hy binne 12 maande kan doen. Dit herinner my om Sy planne vir ons lewens nooit te onderskat nie.


Geseënde Feesgety vir elkeen van julle lesers.


90 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page