Toe genoeg uiteindelik genoeg was.
Ek het nooit verstaan hoekom mense altyd oor my geloop het nie. My hart in alles wat ek gegee en gedoen het was opreg en ek wou net die beste hê vir mense. Ek't ook altyd geglo ek was die probleem en wanneer mense my nie "aanvaar" het nie; was daar iets fout met my - ek's nie "bekend genoeg nie...., ek's nie maer genoeg nie.... ek drink nie....ek rook nie.... ek doen nie wat ander doen nie....ek's duidelik too much, ek's te kinderlik en het teveel idees... ek irriteer mense, mense verstaan my nie...." En stem na stem en leuen na leuen, het ek 'n raamwerk van "beliefs" vir myself gebou sonder dat ek regtig besef het.
Maar dit was nie eintlik waar 'n opbou van emosionele uitputting begin het nie - ek moes deur my tuin van verlede stap en sielswerk gaan doen om regtig te verstaan wat aangaan. Hoekom maak sekere dinge my so seer? Hoekom "trigger" sekere goed my? Hoekom dink ek hoe ek dink, tree ek op soos ek doen...?
As klein dogtertjie was ek verwerp deur my pa, en die twee vakansie tye wat ek by hulle gekuier het het die fondasie gelê van diep wonde wat ek weggebêre het sonder wete. Ek was 7 jaar oud toe my pa my weggejaag het omdat ek nie meer daar wou wees nie - omdat ek omring was met spottery en eintlik maar mishandeling, as jy geslaan word sonder rede, as jy mee geraas word sonder rede, as jy gedwing word om buite te bly vir ure lank "net omdat hulle die groot mense is...."; vakansie tye by hom was vir my soos 'n nagmerrie en na daardie gebeurtenis het my ma geweet ek wil nie en hoef nie weer te gaan kuier nie, sy't my ook nooit gedwing nie, dis asof sy net geweet het ek wil nie meer daar wees nie. Ek't haar nooit vertel wat daar gebeur het nie. 5 Jaar later, een oproep wat ek kan onthou in die hele tyd, toe nooit weer nie en toe op een dag in 2004 kry ons 'n ander oproep "jou pa het selfmoord gepleeg". My pa was nie deel van my lewe nie; en nou na al die jare kom daar stukkies wonde uit soos sy lewe aan my vertel word.
My lewe het grootendeels afgespeel met verwerping, van babatjie tyd af; en die energie bol 'independent' meisiekind het al die tyd wonde toegedruk wat ek nie regtig kon verwoord het nie. Dinge gebeur met jou en dan dink jy jy's die probleem, en na aanloop van herhalende gebeurtenisse maak daardie leuen alhoemeer sin - so 'independent' soos wat ek was, het sekere goed my steeds seergemaak en het ek toegeslaan met sekere situasies. Jy leer om stil te bly, want dis jou "fighting mechanism", jy leer om iets te verdra want jy's te bang iets slegs gebeur... Jy leer om "die minder een te wees", want dis hoe jy groot geword het...
Na al hierdie tyd en na 'n onlangse gebeurtenis (en soveel ander gebeurtenisse voor dit in my lewe), het ek op 'n punt gekom waar ek net besef en besluit het, GENOEG IS NOU GENOEG. En om verandering in jou lewe te bring is dit presies waar jy moet uitkom. Jy is nie geskape om soveel seer en negatiewe dinge te dra nie; jy is nie gemaak om mense te "fix" nie; jy's nie geskape om so angstig oor alles deur die lewe te gaan nie; en daar is teveel dinge wat hierdie patrone vorm, ONS MAG DIT VERANDER.
Ek was in 'n verhouding gewees wat my gladnie goed gedoen het nie en dit was basies my "ticket to ground" en daardie plek van "ek's nou bereid om alles op te gee"; ek het my liggie verloor, wou nêrens meer gaan nie want jy't eenvoudig nie meer die energie om enigeiets te doen nie, het gewig opgetel, het allerande fisiese simptome begin kry soos ekseem van oormate stres en angs, migraines wat nooit end gekry het nie, het minimaal vriende gehad - en die grap van alles was, alles wat jy hom oor bemoedig het en gevra het om te doen, die hoeveelheid kere wat jy hom bemoedig het om planne te maak met sy vriende en familie, wou hy nooit doen nie met allerande verskonings, asof hy jou geisoleer het; en tot jy toe op 'n laagtepunt gekom het; dan eweskielik is dit "jy wil nooit dit nie; jy't veroorsaak dat ek nooit by my vriende gekuier het nie of dat ek min tyd saam my familie spandeer het...eweskielik het hy niks meer tyd nie en hy's so besig met jou goed....en skielik nadat jy amper alles verloor het, pak hy met nuwe lof alles aan wat jy hom in die eerste plek oor aangemoedig het."
Daar's soveel dinge wat ek nie eers weet hoe om te verwoord nie, maar die punt wat ek wil maak is dit:
Eers toe ek dieper gaan delg in my verlede en besef hoe baie het ek toegelaat wat ek nooit vir myself opgestaan het nie; het ek besef ek gaan nie en kan nie ooit weer myself so laat gaan nie, ek sal nooit weer terugstaan vir my woord nie, ek sal nooit weer dat iemand my mishandel nie, ek sal nooit weer dat iemand iets van my maak wat ek nie is nie, ek sal nooit weer toelaat dat 'n ou oor my loop nie. En die oomblik toe ek my waarde besef het, my verlede vergewe het, en sien wie ek is en wat ek wil hê; kon ek beheer neem oor my lewe en die inner werk begin doen saam die Here.
BLOOM is meer as net 'n challenge. Dis hartswerk, dis ervaring, dis 'n seer storie wat geskryf is om ander vroue te help wat dieselfde deurgemaak het. BLOOM wil heel, herstel, help, rigting gee, inspireer en motiveer sodat jy OOK kan genees en jou waarde besef. Ons wil hê jy moet jou potentiaal onthou, wie jy is onthou en strewe na 'n nuwe uitkyk. Hierdie wat ek bo geskryf het is maar 'n klein deeltjie van my persoonlike storie; maar dit was absoluut die dryfkrag agter Bloom want dit gaan alles om ander te help. Dieselfde met Nicole, haar storie net so seer, en anders, maar met dieselfde doel om vroue te wys dat daar uitkoms is. Eenvoudige leefstyl verandering het ons gehelp om ons lewens weer "op-track" te kry en ons wil dit graag met jou deel!
Word deel, BLOOM saam met ons!