top of page

Totsiens 2021

Ons kom nou tot die einde van die jaar. Almal is moeg en sien uit na ’n rus kansie. Vir my was die jaar besonders besig en stressvol maar daar was soveel wat ek geleer het en defnitief baie goeie tye.

Die jaar was beslis erger vir my as 2020. Covid is nogsteeds deel van ons daaglikse lewe. Ek het self covid gehad en dit was glad nie lekker nie. Ek is dankbaar ek het dit oorleef. Ongelukkig het van ons mense verloor a.g.v. covid en dit is nie ’n lekker pil om te sluk nie. Die jaar is van ons se kersfees nie meer dieselfde nie en dit is baie hartseer. Mag God vir elkeen wat iemand verloor het vertroosting bring. Ek het ’n hele paar goed geleer uit die jaar:

Jou gesondheid, geestestoestand , familie en vriende moet bo alles anders kom. Ons werk lang ure en sit alles in ons werk in maar skuif dan die res eenkant toe. Mens kan nie tyd terug draai nie so jy moet soveel as moontlik tyd spandeer met jou naastes en na jouself kyk. Terwyl ek nou hier sit en tik sit ek met lekker donker kringe onder my oë van moegheid. Ek werk baie lang ure en meestal naweke ook. Ek voel altyd skuldig om verlof te vat maar die jaar het ek net besef as ek nie na myself gaan kyk nie gaan ek uitbrand en in elk geval nie kan werk nie. Ons almal is vervangbaar by ons werk, dit moet ons onthou maar ons is nie vervangbaar by ons familie en vrienden nie.


Spyt kom altyd te laat. Moenie op ’n plek kom in jou lewe waar jy spyt is oor dinge wat jy nie gedoen het nie bv. ek wens ek het minder gewerk en meer tyd saam my mense spandeer, ek wens ek het die lewe gelei wat ek regtig wou in plaas daarvan om ander te beindruk, ek wens ek het meer gesê hoe ek regtig voel en nie toegelaat dat ander my misbruik nie.


Ons grootste “fight”is gewoontlik met onsself en ons eie gedagtes. Ons kan onsself omtrent in ’n negatiewe spasie indink dat ons later nie vertoue in onsself het nie.Ek het geleer as daardie negatiewe gedagtes opkom dat ek eenvoudig net nee sê en aan iets anders dink. Ons moet ophou om onsself te “bluf”ook. Moenie vir jouself lieg en jouself probeer oortuig oor ’n saak as jy weet in jou hart jy voel anders nie.

Ek het geleer om myself meer te waardeer. As ek nie lus is om iets te doen nie dan straf ek nie meer myself daaroor nie. Moenie ander mense heeltyd tevrede stel net om hulle gelukkig te hou nie. As jy die aand net lus is om alleen te wees en nie te kuier saam vriende nie dan doen jy dit. Moenie skuldig voel om dit te doen wat vir jou reg is nie.Wees jou eie self , nie wat ander heeltyd verwag nie. Ek was vir baie jare ’n regte “people pleaser” maar dit het my so moeg gemaak.


Ek sien uit na die nuwe jaar met al sy uitdagings. Mag ons die jaar agter ons sit met al sy goed en sleg en met ’n geruste hart in die nuwe jaar gaan.Ons groet 2021 met ’n dankbare hart.

91 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page