top of page

Trou is nie perde koop nie

Die afgelope paar maande was dol by my. Troue reel verg baie van ’n mens veral as jy ’n perfeksionis is soos ek. Dit is ongelooflik wat mens alles leer as jy ’n troue moet reel.


Eerstens het jy ’n “budget” maar glo my as jy eers begin kwotasies kry en betaal vir goed dan vlieg daai “budget” by die venster uit. Dit is asof mense ’n extra nul by sit as hulle die woord trou hoor. Ek het nog altyd gesê ek soek ’n klein troue , eintlik het ek gesê ek sal graag wil “elope” maar met covid was dit nie moontlik om eintlik iets gereel te kon kry in ’n ander land nie daarom het ons maar besluit om ’n klein en intieme troue te hou. Ons het ’n klein troue gehou met 30 gaste by ’n Hotel eintlik meer ’n restaurant.


Ek het alles haarfyn beplan op hierdie “excel spreadsheet” , van die kostes, gastelys en tot waar die gaste gaan sit maar niks het volgens plan verloop nie. Die “restaurant” het al hoe meer kostes begin bysit en so het dit aangegaan. Ek het gesukkel om die blomme vrou in die hande te kry dat ek selfs begin dink ek was “gescam”, die vrou van die venue was ook ’n gesukkel nadat ons het gaan sien het en juis gesê het ons wil so min as moontlik “stress” hê. Om trou skoene te kry was nog meer van ’n gesukkel want ek het lang, maer voete so alles met ’n bandjie is ver te groot. Ek het net vir myself gesê, ek trou net een keer maar tydens my beplanning het ek gou agter gekom dat ek meer “stress” oor die gaste , die kos, musiek, en die dankiesê geskenkies as enige iets anders. Ek moes myself baie vinnig herinner dat die dag gaan oor ons as ’n paartjie en ons belofte aan God.


Nog “stress” het gekom toe my rok te groot was, tussen deur is dit die gewone werk “stress” ook nog. Ek was omtrent ‘n “stress princess”. Die aand voor die troue vind ek eers uit die bakster van ons koek bly in Pretoria en nie in Johannesburg nie. Nie te min het die dag aangebreek , ons groot dag. Die blomme was glad nie wat ons bestel het nie , die menu’s wat geprint was het gelyk asof dit geprint was met ’n printer wat se “catridge” besig was om op te droog, dit was baie koud in die aand en ek het behoorlik gevries tydens die foto sessie en kan ek aangaan.


Deur al hierdie chaos het ek hierdie ongelooflike kalmte gekry oor my toe ek by die paadjie afloop en my man se gesig sien. Ek het geweldig emosioneel geraak en onmiddelik vergeet van al die “stress" en foute. Ek het regtig die Here se hand gevoel oor ons tydens die seremonie en daar het ek besef waarvan almal gepraat het , as jy weet dan weet jy. Daardie gevoel kan mens nie beskryf in woorde nie. Ons albei het ’n paadjie geloop van baie seer voor ons mekaar ontmoet het. Net daar het ek weereens besef hoe amazing ons Here is en dat Hy ons vir mekaar gestuur het. Ek kan nie genoeg vir mense sê om te bid vir hulle lewens maaitjie nie. Mens raak ongeduldig en moedeloos tydens die wag periode maar ek belowe jou , as jy daardie een ontmoet sal jou hart so vol vreugde en dankbaarheid wees dat jy besef hoekom jy moes wag.


"It is worth the wait."

128 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page