VASTRAP EN VOETE VIND - Nicole Hoffmann

Updated: Nov 18, 2020


Liefste Mooiste Vrou, in ‘n giftige verhouding,

EK sien jou! Nie in ‘n grillerige, ‘stalker’ manier nie, nee! Jy het heel moontlik in elkgeval met meer as genoeg daarvan elke dag te doen. 


Maar, ek SIEN jou – die vrou agter die glaserige ogies en die lyftaal wat skree, “asseblief laat my net inpas. Ek wil nie uitstaan of raakgesien word nie. Ek wil nie op sy tone trap nie. Ek wil nie hê hy moet vir my kwaad wees sonder rede nie – altans nie alweer nie.” 


Ek sien JOU – die sterk vrou wat deur woorde afgebreek word, hande of dalk erger. Die vrou wie se selfvertroue tot niet is, saam met elke bottel wat hy leeg gedrink het, woede uitbarstings, geld wat gemors is en ondankbaarheid vir elke klein dingetjie. 


Jou dae voel so ‘n ewigheid en die slapelose nagte twee keer so lank. Jy vind jouself droom van vrede, vreugde en stilte. Jy wens vir rustigheid in jou verhouding, lewe en gedagtes. Maar daar is eerder konstant geraas – konstant. Wanneer hy klaar gegil en jou verskree het, echo daai woorde in jou kop. Jy herroep afsettings van weke of dalk maande gelede, sy konstante kritiek het jou stem geword.


Daar is geen ontsnap plan uit sy 'altyd-aanwesige-negatiwiteit' nie. 

Die vriende wat jy gehad het, is al lankal weg. Hulle het vir die berge gehardloop toe hulle besef raad val op dowe ore. Hulle het ondersteuning en liefde geoffer; maar jy kon dit toe nie op daardie stadium aanvaar of waardeer nie. Om hulp te aanvaar beteken jy erken nederlaag en gee op, op die man wie jy jouself oortuig het jy voor lief is. 


Om ‘n helpende hand te aanvaar sal wees soos om syne af te sny – en jy wil hom mos nie seer maak nie, reg? Is dit nie wat hy jou ‘ge-train’ het om te dink nie? 

Hy het al oor en oor gesê dat “daai vriende van jou, probeer net tussen ons kom. Hulle soek nie werklik net die beste vir jou nie. Ek doen!” – Sy woorde, neh? .


Dag in en dag uit – sit hy stadig maar seker klein bietjie meer afstand tussen jou, jou vriende en familie. 

Ek verstaan jou stryd, want dit was mýne. Ek het ook gedink dit is liefde. Ek het ook gedink dit gaan met tyd beter word. Ek het gedink dit was my skuld – alles was altyd my skuld! As ek maar net dit of dat aan myself kan verander, dan sal hy dalk net meer lief vir my kan wees, of nie met die intrap slag my al verskree nie. Miskien as ek meer is soos wat hy my wil hê, miskien dalk is hy net minder kwedsend, gewelddadig – minder giftig. 


My vriende was nie werklik goed vir my nie en familie – HA!