Veg, vlug of vlieg
Paasfees vier hooggety hier in ons almal se midde, met hasie sjokalades waar jy kyk of waarvan jy
self dalk 'n oortjie of twee verober het, paaseiers en Paas-hase by stopstrate.
Ons elkeen is so absoluut bewus dat die enigste rede hoekom ons hierdie naweek werklik kan
"celebrate", is oor wat Jesus Christus soveel jare gelede vir ons aan die kruis gedoen het. Hy ìs die
celebration, want God het geweet sonder Jesus Christus se geboorte, sal daar nie 'n Kruisiging kon
wees en weer 'n Opstanding om saam met Hom aan Sy regterhand te gaan sit nie.
Dit klink soos 'n hoendervleis-mooi storie, 'n feëverhaal met 'n gelukkige einde wat jy vir kinders
vertel, maar ons, ek en jy, ìs daardie kinders. Ons is God se kinders. Die wat Hy aan gedink het toe
Hy Sy enigste Seun aan die Kruis laat sterf het vir ons.
Voordat ons gebore was, het Hy reeds oor ons gedroom. En net soos Jesus in Moeder Maria se
mamma-skoot opgedroom is, "with all odds against her", was Sy plan steeds voorspoedig. Dit laat
my altyd in verwondering staan - God is diè Miracle Worker. Hy is die Geneesheer. Hy is die Een wat
gebede verhoor. Hy is die Een wie se genade elke oggend weer nuut is. Hy maak ons vry. Hy help
ons dra. Hy beskerm ons teen seerkry en Hy vertroos ons wanneer ons doen. Hy kies ons elke dag
oor en oor. Hy is Liefde. God is Liefde. Hoe bevoorreg is ons om in direkte verhouding met Hom te
staan?
Hoe lief moes God die wêreld gehad het, om sy eniggebore Seun vir ons sondes aan die kruis moet
sterf sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê?
God het voor Jesus se geboorte geweet daar sal siele op hierdie aarde wees wat Hom nie as
Verlosser en Saligmaker gaan kies nie. Hy het geweet daar is siele wat Hom gaan verraai, Hy het
geweet daar is siele wat Hom gaan verwerp. En Hy het elkeen van daardie siele steeds gekies!
Ek was al een van daardie siele, een van diè waarvoor Hy die 99 gelos het om my weer te kom vind.
Ek weet my sondige natuur maak God seer, ek weet soms raak die pad voor my weer breed en kies
ek die dinge van die wêreld eerder as die dinge van die ewigheid. Maar selfs dàn, kom vertroos God
my en sê "Ek gee nie om wat jy gedoen het nie, kom net huistoe." Hy los die 99 om die een te gaan
vind en Hy "celebrate", saam met 'n hele engele koor wanneer Sy kind, die een wie Hy op die naam
geroep het, die een wie se hare Hy getel het en wie se vingerafdrukke Hy geteken het terug kom
huistoe, Hy celebrate joù.
Hierdie afgelope week het my sondige menslike natuur my baie konfronteer. Die genade waarop ek
"overdose" is onbeskryflik. Ek is 'n lysie mens, en ek probeer hierdie hele week myself al indink, as
God moes boek hou van goed en kwaad, sou die gewig van my eie kruis lankal te swaar geraak het.
Want soms doen ons as mens dit. Ons sê ons vergewe, maar ons vergeet nie. So hoe kan ons dan sê
ons is lief, as ons lysies waarvan ons boek hou, ons eerder laat kies om te vlug en terug hou om te
vlieg?
Wanneer jou hart op die spel is, is dit baie maklik om eerder te vlug as om te veg vir iets wat so
besonders spesiaal kan wees sodat jy kan vlieg.
Maar die afgelope week het ek so baie nagedink oor die kruis. Soms voel ons eie kruise te swaar om
te dra - die vyand maak seker ons is ekstra bewus van elke sonde en elke seerkry, en dan begin
mens dink die een sonde is groter as die ander en jy kasty jouself sò oor jou sonde, dit vat jou terug
na 'n seisoen waar Adam en Eva vir God weggekruip het.
Die vyand wil hê ons moet skaam kry en wegkruip vir ons Skepper oor ons lysie van sonde vir ons
eindeloos voel, en hoe langer jy wegkruip en God vermy hoe swaarder raak jou kruis, maar God
virseker ons Hy sal nooit vir ons meer gee om te dra as wat Hy ons in staat sal stel om te dra nie.
God het geweet "rejection" gaan kom, Hy het geweet ons gaan soms ongehoorsaam wees en
aardse maniere bo heilige maniere kies en steeds het Hy bo die hele lysie van "what-if's" vir my en
jou gekies.
God het geen onsekerheid gehad oor die "flesh that will fail" nie, maar oor Sy liefde vir jou, het Hy
ook geen twyfel gehad nie. Nog nooit. En genadiglik deur Sy "unfailing love" kan ek en jy vandag op
ons knië gaan en dankie sê vir wat Jesus Christus vir ons aan die kruis gedoen het.
Ons is vrygekoop om te veg teen die vyand en te vlieg op Sy genade, goedheid en guns oor ons
lewens, eerder as om te vlug van ons Skepper omdat sonde ons in skaamte laat wegkruip en weg te
stap van alles goed wat Hy vir ons beplan het.
Ja, ons is mens. Ja, ons bid en genadiglik het ons 'n intieme verhouding met God - so daar is
absoluut niks wat teruggehou word nie, selfs al spreek jy dit nie hardop nie, God ken jou gedagtes
en jou hart, so jy kan net sowel jou perfekte gebede hou vir 'n "rainy day" en in volle verhouding
met die Here stap.
Sonde skree, "Jy is nie goed genoeg nie!"
Genade fluister, "Probeer nog net een keer."
Die Kruis bring hoop. Dit bring "restoration". Dit bring vrede in die wete dat selfs wanneer jy die
oorlogsveld betree omdat jou hart en siel uitverkoop is aan God, Hy steeds agter jou staan en nes
die spykers in Sy hande, Hy ook alles wat jy so graag aan vasklou om op jou eie kruis in te pen, Hy
dit op Sy kruis dra - al wat jy moet doen is vra.
It's Friday.
Peter is asleep. Judas has betrayed Him. Mary is crying. Hope is lost, Death has won, Satan is
laughing. Jesus is buried, a soldier stands guard. A rock is rolled into place, but Sunday is coming...
Daar kan sò baie in 3 dae gebeur. Praat met jou Skepper, Hy ken alreeds jou hart.
Jy kan veg, vlug of vlieg - die keuse lê 'n gebed vêr.
"The activity of God cannot be stopped by human decision or mistakes. In fact, some of your
greatest mistakes will be the seed of your greatest miracles. It's called purpose, and it always
prevails." - Steven Furtick
Versies van bemoediging:
"Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus."
- Romans 8:1
"Who dares accuse us whom God has chosen for His own? No one - for God Himself has given us
right standing with Himself. Who then will condemn us? No one - for Christ Jesus died for us and
was raised to life for us, and He is sitting in the place of honor at God's right hand, pleading for us.”
- Romans 8: 33 - 34
“I am the Lord. I have called you for a righteous purpose, and I will hold you by your hand. I will watch
over you and I will appoint you to be a covenant for the people and a light for the nations.”
- Isaiah 42:6
Liedjies vir die week:
The Creed - This I Believe
Bethel Music - Reckless Love
Lauren Daigle - You Say
Katie Torwalt - Remember
Rachel Morley – Preference
Mercy Me – I Can Only Imagine
Baie Liefde,
Rouxnette