Verander jou denke
Die afgelope paar weke was rof vir ons almal. Steeds sukkel ek om te begryp dat ons, onsself bevind in ’n pandemie en dit in ons leeftyd. Ons is gewoont daaraan om hierdie tipe gebeurtenisse te sien in flieks of te lees daarvan in boeke.
Ek het self covid gehad en dit was aaklig. Ek dank die Here dat ek dit oorleef het.As soveel negatiewe dinge gebeur is dit moeilik om positief te bly. Mens se gedagtes word geindoktroneer met al hierdie negatiewe gebeurtenisse. Die goeie nuus is jy kan dit verander.
Jou denkwyse dra soveel krag.Onthou altyd, jou lewe is ’n produk van jou gedagtes. Dit is soos ’n magneet, dit trek dinge aan waaraan jy die meeste dink. Dit beinvloed jou emosies. Jy voel soos jy dink. As jy positiewe gedagtes het,sal jy positiewe en gelukkige mense aantrek. As jou denke verander sal jou hele lewe verander.
Mens moet so versigtig wees deur wat ons dink. As jy negatiewe denkwyse gaan hê, sal dit weerspieël in jou aksies, jou selfbeeld en jou gesindheid.Die vyand is lief daarvoor om met jou kop te smokkel daarom is dit so belanglik om jou gedagtes te beskerm. Niemand kan jou forseer om te dink wat jy nie wil dink nie. Al plant die vyand negatiewe gedagtes in jou kop beteken dit nie jy moet dit water geen nie.Jou brein is die kragtigste instrument wat God vir jou gegee het. Jy kan jou brein herprogrammeer om negatiewe gedagtes uit te sny en positief te dink.
Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterktste gedagtes, so as jy dink jy kan nie, dan sal jy waarskynlik nie kan nie. As jy dink God is vir jou en by jou, dan sal jy Sy krag ervaar elke dag in jou lewe.Ek dink soms ons lees om Bybel vir informasie en nie vir ’n transformasie nie.
Romeine 12:2, “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil vanGod is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Ek sukkel daagliks om positief te bly aangesien ek ’n “overthinker” is. Ek val maklik in ’n gat veral as ek begin dink aan die verlede. As dinge goed gaan is ek half te bang om gelukkig te wees of te voel omdat ek verwag iets sleg sal gebeur.Ek het gaan soek na maniere om positief te bly en het op die volgende wenke afgekom wat vir my werk.
Wees dankbaar vir dit wat jy het en moenie fokus op dit wat jy nie het nie. Ons is geneig om te fokus op dit wat ons nie het nie dat ons vergeet om dankaar te wees vir dit was ons het. Oefen help ook om jou gedagtes skoon te kry. Al gaan stap jy net om die blok sal jy klaar beter voel.Musiek help my altyd om goed te voel. Luister jou gunstelling musiek . Dieselfde hormoon, dopamien, wat afgeskei word as jy oefen word ook afgeskei as jy musiek luister.Sny negatiewe mense uit jou lewe. Mens kan so vinnig gedreineerd voel as jy jouself omring met negatiewe mense dat dit ook later jou gedagtes besmet. Moenie jouself vergelyk met ander nie. Voer met jouself positiewe binnegesprekke. Wees opbouend wanneer jy met jouself praat. Fokus op dit wat jy kan beheer.Sien die mooi raak om jou.Lag soveel as wat jy kan. Doen iets vir iemand anders. Ek het al gevind as ek iets goed doen vir iemand anders, al is dit iets klein voel ek automaties meer positief en gelukkig.
Anne Frank se aanhalings het my defnitief anders laat kyk na die lewe. Sy was in die haglikste omstandighede en het steeds positief gebly. Dit laat mens besef jou omstandighede is nie so sleg soos wat jy dink nie en dit gaan alles oor jou gesindheid teenoor dit. Hier is ’n paar van haar aanhaalings wat mens regtig laat dink:
“My advice is: 'Go outside, to the country, enjoy the sun and all nature has to offer. Try to recapture the happiness within yourself and God; think of all the beauty in yourself and in everything around you and be happy.”
“Whoever is happy will make others happy too.”
“I don’t think of all the misery but of the beauty that still remains.”
Slegte dinge sal gebeur maar onthou , elke donker wolk het ’n silwer rand, elke probleem het ’n oplossing en elke gebed het ’n antwoord.