top of page

Verlam - ♡

Ek weet nie van jou nie maar die beste manier waarop ek myself en my emosies in die tyd van onsekerheid kan beskryf is deur die woord verlam te gebruik. Verlam deur vrees, verlam deur onsekerheid, verlam deur die virus se negatiewe impak, verlam deur ons land wat brand en verlam deur die konstante slegte nuus vanaf familie, vriende en natuurlik die media.

Iets wat ek besef het die laaste tyd is wanneer ons konstant met slegte nuus gekonfronteer word verval ons so maklik in ‘n patroon van vrees, negatiewe emosies en volslae nederlaag. Daarmee saam is ons dan daagliks uitgeput, moedeloos en ons kan ook nie fokus op enige iets anders as die las wat op ons gemoed geplaas word nie. Alles wat hier genoem word het so groot realiteit geword in soveel van die mense waarmee ek gereeld in kontak is se lewens, maar ek weet dat soveel mense wat ek nie eers ken nie dit ook beleef.

Die vyand weet so mooi dat die beste manier om ons moedeloos, uitgeput en verlam te maak is om ons bloot te stel aan situasies en omstandighede wat ons fokus afhaal vanaf die Een wie ons lei. Dit is so maklik vir die vyand om dit te doen as ons so diep vasgevang word in ‘n herhalende siklus van moeilike omstandige. Dit is so maklik om fokus te verloor as ons daagliks oorweldig word deur negatiewe nuus wat konstant op die radio herhaal word, op sosiale media verskyn of die oomblik as jy in ‘n gesprek intree die middelpunt raak van die geselskap. Dit raak so maklik vir die vyand om ons fokus te verdof as ons in die middel van ‘n lang, uitputtende geveg vasgevang is. Die oomblik wanneer ons uitgeput is begin ons geloof wankel en ons begin fokus op dit wat deur die vyand aan ons gevoed word.

In Matteus 5 het Jesus vir ons as gelowiges ‘n padkaart gegee wat ons kan gebruik wanneer ons na Hom soek. Hy het vir ons ‘n padkaart gegee vir alle omstandighede, selfs die paaie wat ons stap waar ons verlam is deur die negatiewe waarmee ons omring is.

“Blessed are the poor in spirit, for theirs is the kingdom of heaven. Blessed are those who mourn, for they will be comforted. Blessed are the meek, for they will inherit the earth. Blessed are those who hunger and thirst for righteousness, for they will be filled. Blessed are the merciful, for they will be shown mercy. Blessed are the pure in heart, for they will see God. Blessed are the peacemakers, for they will be called children of God. Blessed are those who are persecuted because of righteousness, for theirs is the kingdom of heaven.”

Die oomblik toe ek met weer met hierdie gedeelte gekonfronteer was die week, was ek net weer bewus gemaak van die onvoorwaardelike liefde en omgee hart van God. Die oomblik wanneer ons onthou wat God al voorheen vir ons gedoen het, en wat ons voorheen oorleef het kan ons na die huidiglike omstandige kyk uit ‘n ander oogpunt. Ons kan na die omstandighede kyk uit ‘n perspektief groter as ons eie en soveel beter as die van die vyand sin. God sien oorwinning, wat ons daagliks moet herhinner aan sy invloed en krag. Alhoewel ons oorweldig, moeg en uitgeput voel is God konstant besig om te werk en ons te beskerm.

Ons moet in die tyd eerder kies om op God te fokus. Ons moet kies om ons oë op hom gerig te hou en te onthou dat sy liefde ons omring. Ons kan standvastig staan in die feit dat Hy ons sal veilig hou en dat Hy ons nooit sal agter laat nie. Ons moet net fokus om standvastig te staan in ons geloof, gebed en tyd saam met hom ongeag ons omstandighede.

Mag elkeen wat hierdie gedeelte lees weer opnuut God se liefde en krag ervaar. En mag elkeen van ons aanhou hoop en glo in dit wat nog kom. En mag ons elkeen kies om die positiewe raak te sien, te lees en te hoor in die middel van ‘n situasie wat ons probeer verlam en ons geloof laat wankel.

- Liefde Charné ♡

561 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page