Vermy onnodige drama
Voel dit ook vir jou maak nie saak hoeveel keer jy probeer om onnodige drama te vermy nie,
dit klou vas soos kougom aan jou skoen? Hou jy ook nie van drama nie? Ek weet ek doen.
Of is jy een van daardie drama liefhebbers? Is jy dalk ‘n self-titel drama koning of koningin wat
daarop floreer?
Sekere mense wil drama hê. Hulle hunker daarna en jaag dit na. Dit laat hulle voel dat hulle beter is
as jy. Maar hulle is verkeerd.
In die begin van 2020 het ek en my vriendin die mees ongelooflikste preek gehoor by Father’s House,
dit was so groot “eye opener”. Dit het basies gegaan oor hoe ons drama moet vermy en hoe om dit
te hanteer. Ons is so geneig om vasgevang te word in iets, soms so erg dat jy dink dit is die normaal.
Nadat ek die preek gehoor het, het ek besef dat ek sekere drama in my lewe toelaat, ek het sekere
drama begin uit my lewe sny. Geen verskonings, geen uitsonderings.
Dit het natuurlik beteken dat ek sekere mense uit my lewe moes verwyder. Ek het so moeg geword
dat ek in tornado’s van drama ingesuig word, en nie my uitweg kon vind nie. Dit was die enigste
manier waarop ek gemoedsrus kon kry. Ek is nog vriende met hulle, moet my nie verkeerd verstaan
nie, ek het net geleer om myself te onttrek wanneer dit nodig is.
Vermy onnodige drama deur jou eie besigheid in ag te neem. Dit is so eenvoudig soos dit. As dit nie
jou raak nie, waarom betrokke raak?
Ons kom almal voor situasies te staan waar ons dalk moet in spring om hulp aan te bied of ‘n
probleem op te los. As niemand jou raad vra nie, moet jy dit nie aanbied nie.
In jou gedagtes kan jy dink aan al die maniere waarop jy ander se probleme kan oplos. Ongevraagde
advies kan op die regte manier ontvang word as jy die situasie vanuit ‘n opjektiewe perspektief
benader. As jy nie seker is nie, is dit beter om stil te bly eerder as om ingetrek te word.
Moenie dinge persoonlik opneem nie. Ek is skuldig. Ek neem dinge soms persoonlik op as my ego
seerkry. Om te leer dat wat ander sê en doen, niks met jou as persoon te doen het nie. Ek kon
onnodige drama vermy deur te besef dat mense reageer op situasies is ‘n projeksie van hul eie
werklikheid. As jy ophou om jouself te belangrik te laat voel of voel of alles oor jou gaan, sal jy ophou
om dinge te persoonlik op te neem en gevolglik onnodige drama te vermy.
Vermy dit om te skinder. Ek weet dit is moeilik. Daar is geen manier om skinderpraatjies ten alle
koste te vermy nie. Maar wat verdien jy daaruit? As jy oor iemand negatief praat of skinder, probeer
om jouself te stop en die gesprek te verander in ‘n rigting van positiwiteit. Praat oor iets wat die
moeite werd is en jou tyd. Wees versigtig met wie jy skinder. As hulle dit saam jou doen, sal hulle
dit aan jou doen. Vermy die onnodige drama.
Wil jy onnodige drama in jou lewe vermy? Neem verantwoordlikheid vir jou optrede. Niemand het
beheer oor jou nie. Ons gee dikwels toe aan die negatiwiteit van ander vir aanvaarding en
goedkeuring.
Moenie jou persoonlike mag verloor nie. Jy is nie verantwoordelik vir iemand anders se gevoelens
nie en hulle is nie verantwoordelik vir joune nie. Laat die drama koning of koningin hulle eie volgelinge en drama hanteer. Wees die groter persoon. Drama beroof jou van jou lot. Dit ontneem jou daarvan om vry te wees.
Drama het ‘n manier om in jou lewe in te sluip, selfs nadat jy soveel wenke toegepas het. Die
belangrikste is die manier waarop jy dit hanteer en daarvan ontslae raak.
Vir 2021 wil ek al ons lesers uitdaag om by ‘n GEEN DRAMA-beleid te hou. Moenie dit duld nie.
Moenie dit skep nie. Moenie dit versprei nie.
Die lewe gaan oor liefde, empatie en ondersteuning. Maar geluk is ‘n gewoonte.
“Life will always have drama. However, you don’t have to let it get to you.”