top of page

Vier jou Familie

Winkel rakke kreun van die kersversieringe, die skole is gesluit en mens kan sommer net sien hoe stil die dorp begin raak. Asof die dorp ook ‘n blaas kans vat van al die voete reg deur die jaar…


Hierdie seisoen spandeer ons almal by ons geliefdes, verlang na die wat by reeds by Jesus se voete sit en ons kyk terug na nóg ‘n jaar. Ons begin skarrel om ons kersetes te beplan en nooi familie oor.

Die wat my ken, sal weet ek is ñ huis-muis. Ek soek my naastes, my handjie vol vriende en dit vul my hart met vreugde. Maar, die naweek het ek ‘n ander tipe liefde ervaar…


Ons het ñ baie spesiale vriendin se troue bygewoon die naweek, en my dogtertjie kon haar oë nie van haar Pappa af hou nie. Soos wat sy in sy oë staar en aan sy gesig vat, voel dit of my hart kan bars. En ek besef net, hierdie klein meisiekind leer op ‘n jong ouderdom van 3 al reeds wat liefde is. Kort-kort sal sy vir ons sê hoe lief sy ons het..


In hierdie fees seisoen tref dit my, en ek wonder, hoeveel van ons vier nou ons familie as ons bymekaar kom vir Kersetes? Of doen ons dit reg deur die jaar? Ons is veronderstel om ons geliefdes elke dag te vier, om dankie te sê dat ons tyd saam hulle het, in ons kar kan klim en paar honderd kilometer aflê vir ‘n kuier. Ons doen moeite in Kerstyd om by ons familie uit te kom, en deur die jaar is daar nie ‘tyd’ nie..


Mooistevrou, ek wil vandag met jou deel.. ek dink ons Hemelse Vader wil ook so aan ons gesigte vashou en in ons oë kyk dat ons sal besef en liefde kan beleef soos wat Hy vir ons het - elke dag. Hy wag nie vir Kerstyd om Sy liefde aan ons te openbaar nie, dis oorvloedig, die hele jaar vir ons beskikbaar. Daarom moet ons daagliks sy liefde uitleef en ons families, die tyd wat ons huidiglik saam het, vier.

Koester mekaar, nie net met spesiale geleenthede nie, maar elke dag. Maak tyd vir mekaar en leef Sy liefde uit.


179 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page