top of page

VIR DIE ELKE-DAG VROU

deur Noelene Bester


“You cannot pour from an empty cup.”


Hierdie woorde tref my tot die diepste van my menswees.


Dadelik is my gedagtes terug na my proriteitslys vir die dag wat voorlê, ander verpligtinge en iewers op ‘n nota is daar nóg to-do’s neer geskryf. Jy wonder hoe gaan jy jouself ook hier iewers kan inpas om na jouself te kan kyk.


Bianca Brits het in ‘n vorige blog vir ons geskryf oor ñ Jaar van genoeg. ‘Genoeg’ is haar fokuswoord vir hierdie nuwe jaar wat voorlê, en dadelik wonder ek - wat is myne? Onmiddellik kom ‘doelbewus’ by my op.

Doelbewus - ‘n aksie wat met opset ontwikkel is.

Doelbewus moet ons daagliks, bietjie vir bietjie, tyd vir JOUSELF afknyp. Is dit nie waarmee ons goed is nie? Om te beplan. Hoekom beplan ons nie ook tyd vir onsself nie? ‘n Bondel wasgoed kan wag, die mop kan vir nog ‘n aand in die hoek van die kombuis staan. Daardie tyd wat jy besluit is joune - dit is wat jou koppie gaan vol maak om môre se lysie te kan voltooi.

Sonder om tyd af te knyp en na jouself te kyk, gaan jy iewers te kort kom. Want hoe gaan jy alles wat jy elke dag in die lug hou, steeds daar hou, as jy nie meer daar is om dit te kan doen nie?

Vrou vir jou man, mamma, huisvrou, beroepsvrou, kok, skoonmaker, vriendin, bestuurder van jou huishouding - dit is immers jou plig om jouself ook op jou prioriteitslys te kry.

Haal doelbewus stadiger asem, neem in wat om jou aangaan, die oomblik waarin jy is.

Vat doelbewus jou tyd, liewe vrou, want jy maak ook saak.


316 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page