top of page

Vir die meisie wie hoop om groot te word...

Op skool het ons altyd die tyd verby gewens. Gedroom van reis en werk, die man van jou drome trou... altyd gedink skool is erg (asof grootmens wêreld nie so erg is nie), die verantwoordelikheid van take en eksamens is volop en die stres daaraan gebonde skrikwekkend.


Alhoewel ek skool GELOVE het, het ek gewens ek't meer geniet, meer gedoen, minder gestres.


Moenie jou jongmens lewe wegwens nie. Moenie tyd probeer jaag om "groot" te word nie. Moenie dink jy mis uit omdat jy nog in skool is nie. Ek weet jou realiteit is waar jy nou is, en dis jou reg om te voel soos jy voel, maar ek wil jou prentjie so bietjie help verander. Grootmens wêreld is lekker wanneer jy die regte paaie volg. Verkeerde besluite het sy nagevolge net soos alles in die lewe, maar moenie dink dat dit 'n beter plek is om te wees omdat skool nóu te erg voel nie.


Leef in die huidige, leer uit volle bors, streef vir 'n A, maar moenie jou kopbreek as jy 'n B, of 'n C kry nie. Moenie soekend wees na 'n kêrel en so desperaat wees dat jy jouself prysgee nét om iemand te hê nie. Moenie vriende aankleef wie jou waardes verdonker en jou menswees probeer verander nie. Ek weet dis moeilik, ek weet hoe dit voel om "uit" te wees - maar wees eerder uit met hoë standaarde en waardes as wat jy dit "let go" en jy's spyt later. Mense kyk op na jou, mense sien jou, hulle sien jou voorbeeld, hulle hou jou dop en admireer jou karakter. En glo dit of nie, mense wie jaloers is op jou, sien iets in jou raak wat hulle nie kan kry nie.


Geniet die tydperk waarin jy is, want elke seisoen het 'n doel voor. Moenie tyd vooruithardloop nie, op die regte tyd sal alles gebeur vir jou en soms wat jy dalk sou wou hê gaan later anders lyk.


As ek kon sou ek sekere goed van my skooldae wou oordoen, ek sou nie 'n kêrel wou hê nie, want die lesse met opbreek is té seer gewees vir die ouderdom gekoppel aan dit, en ja alhoewel dit iets is wat ons deurgaan en soms moet deurgaan om te leer en sterk te word, wens ek ek het my karakter gebou en sterker geword in wie ek is as 'n enkel jong vrou, gedoen wat ek wou en nie mense geakkommodeer omdat ek sleg gevoel het in sekere gevalle nie of eerder hulle gevoelens gedra het bo my eie nie.


Leer soveel as wat jy kan, so jonk as wat jy is, en ek bedoel, leer oor die lewe, leer oor persoonlikhede, wat reg is en wat verkeerd is, leer van waardes en standaarde en om nee te sê en op te staan wanneer iets nie vir jou reg voel nie. Leer dat 'n man JOU moet jag en sodra jy hom moet leer hoe om jou te hanteer dit een groot rooi lig is. Leer van groen ligte en rooi ligte, leer van vriendskappe en groepsdruk. Bou jou karakter en menswees, dit in "itself", berei jou voor vir die wêreld daarbuite. Leerken jou styl wat jy van hou en nie hou nie, sodat mense jou nie hoef te vertel of te probeer verander nie. Altans, dat mense jou so probeer beinvloed dat jy later nie meer weet wie jy is nie. Volg jou drome, as jy nie wil swot nie, moenie, as jy jou eie besigheid eendag wil hê GO FOR IT gaan voluit daarvoor. Stap 'n pad saam die Here en Hy sal jou lei. Guaranteed, maar maak jou hart oop om te hoor wat Hy wil hê. En onthou altyd jy't besluite, jy't keuses, kies reg.


Leer jouself ken en moenie tyd omwens nie, geniet die proses. Geniet waar jy is.

228 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page