top of page

Vrede met jou verlede



‘n Nuwe jaar bring vir baie vreugde en ‘n tikkie hoop. ‘n Kans om die verlede agter jou te sit en vorentoe te kyk. Tog kan jy sê hoe jy alles agter jou wil sit, maar diep in jou hart sit jou verlede. So, hoe nou? Om werklik jou verlede agter te sit, moet jy dit vierkantig in die oë staar, nuwe jaar of the not.


Ek dink almal soek hartsvrede. Altans dis my grootste ideaal. Dus, is dit vir my uiters belangrik om dit wat my pla van die verlede, innerlik aan te spreek. Jy is jou grootste terapeut. Net jy, met God se hulp kan jou innerlike konflik aanspreek. Ja, daar is verskeie hulpsmiddels, maar as die besluit om te WIL nie by jou lê nie, kan ek jou belowe dat jy nie vrede met jou verlede sal hê nie. Dit is ‘n “concious” besluit wat net jy kan neem. Daarna kan jy met verskeie hulpmiddels die stryd aanpak en wen.


Om in die oomblik te kan leef en op die hede en toekoms te fokus, moet jy vrede maak met jou verlede. Anders sal jy vir ewig vasgevang wees in die verlede. Vrede met jou verlede beteken wel nie dat jy daarvan kan of sal vergeet nie, maar wel sal aanvaar wat met jou gebeur het of waardeer jy gegaan het, deur die trauma gewerk het en nou kan aanvaar dat dit deel van jou lewensverhaal is en dat jy nou met hartsvrede verder kan leef.


Dit is beslis nie maklik om daardie vrede te maak nie en daar is party mense wie se verlede regtig “tough” is! Elkeen van ons het wel ‘n verlede en elkeen van ons het iets waarmee ons moes of moet vrede maak. Party mense kies om dit wat gebeur het uit te blok en te maak asof dit nooit gebeur het nie, maar ek kan vandag vir jou sê, ‘n mens se siel is nie gemaak vir daardie swaar dra nie.

Hierdie tiepe hartsvrede is net vir jouself. Jy doen dit vir jou! Neem die tyd en maak jouself heel.


Hartsvrede is die beste geskenk wat jy vir jouself kan gee.

Onthou, jou verlede is wie jou maak. Jy kan kies dat dit jou af trek in ‘n donker gat of jy kan die keuse maak om dit wat met jou gebeur het, te sien as die stampe en stote van die lewe en die proses om jou menswees te skep sodat jy die beste weergawe van jouself kan wees. ‘n Mens is soos ‘n rou diamand, daar gaan baie werk in, baie skuur en skaaf werk voordat dit werklik as ‘n mooi, helder diamant geag word. Dis presies soos ons mense, ons hele lewe hier op aarde is ‘n proses, waar ons afgestof word, geskuur word, gevryf word, weer geskuur word en dan as die dag uiteindelik kom, skitter jy.



Mag jy die nuwe jaar sien as nog ‘n geleentheid om jou verlede aan te spreek sodat 2023 vir jou blink kan wees.














586 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page