top of page

Vreeslose Fikse Vrouwees

Enigiemand wat my ken weet dat ek lewe met die leuse Fearlessly Fit Female. Ek glo daadwerklik dat ons as vrouens tot enigiets in staat is waartoe ons ons gedagtes en gebede dryf.


Iets wat ek daagliks passievol probeer uitleef is om vir elke vrou om my te probeer oortuig dat al lewe ons in ‘n wereld waar daar daagliks hierdie valse beeld van die ‘’perfekte’’ vrou geskep word, dat jy Mooistevrou absoluut genoeg is en meer as perfek is vir ons Hemelse Vader. Jy het verseker nie nodig om jouself met die wereld se ‘’perfek’’ te vergelyk nie.


Nou dames, as ek eerlik moet wees… hierdie siening van my het beslis nie oornag gebeur nie. Dit het BAIE harde werk, gebed, selfondersoek en ‘n hele paar koppies koffie (dalk ‘n glas wyn of twee ook) geverg om op hierdie punt te kan kom.


En ja, ek kry ook my dae waar ek in myself twyfel maar dan herhinner ek myself aan hierdie 3 woordjies en wat dit vir my beteken.


Vreesloos vol selfvertroue


Joyce Meyer het in een van haar boeke geskryf dat vroue in vandag se samelewing geneig is om slagoffers van ‘’gevoelens van onsekerheid’’ te wees. Om daarvoor te vergoed is hulle geneig om ’n valse beeld van sekerheid en selfvertroue te projekteer, wat uiteindelik tot gevoelens van skaamte lei. Hierdie gebrek aan selfvertroue veroorsaak probleme in alle verhoudings.


Ware selfvertroue is om na jouself deur die oe van God te kyk en bereid te wees om te leer uit jou eie foute.


Ons moet egter die verskil tussen selfvertroue en arrogansie ken want daar is ‘n baie fyn balans om jouself vol selfvertroue te wees en om arrogant te wees oor jou vermoëns, voorkoms en talente.


Dit is ongelooflik pragtig (en natuurlik bemagtigend) as 'n vrou die verskil ken en hierdie balans onder die knie het! Vroue is so ‘n kosbare geskenk van God aan die wêreld en ons moet dus ook leer om nie altyd na die stemme van negatiwiteit in die wereld te luister nie.


Jy Mooistevrou, is verseker een van daai kosbare geskenke van God so oorkom jou vrese en onsekerhede en stap met selfvertroue ’n opwindende, betekenisvolle en doelgerigte lewe soos net jy kan.


Fiks- fisies, emosioneel en geestelik


Ek is goed bewus dat fiksheid dalk nie elke vrou se gunsteling onderwerp is nie maar ongelukkig is dit so ongelooflik belangrik om aan te raak. Ek het absoluut geen, ja GEEN, sport beoefen tot ek die dag 30 geword het nie. Skielik wou ek alles wat ek kon red van my jeug aangryp en het ek ‘n punt gehad om te bewys.


Nou… 5 jaar later is ek verseker wyser en kyk ek na fiksheid en oefening van ‘n totale ander perspektief. Ek oefen verseker nie om my liggaam te straf nie, en ook nie sodat ek myself later kan bederf met n soet eet-dingetjie nie, en ek oefen ook nie omdat ek jonk probeer lyk nie.. ek oefen want my liggaam is SY tempel.


Ons moet emosioneel ordentlik na onsself kyk; gesonder probeer eet, fikser probeer wees, genoeg rus inkry, 'n goeie velsorg roetine hê, genoeg water drink en goeie en gesonde verhoudings hê. Al hierdie aspekte van selfsorg is so nodig sodat ons die voorreg kan hê om ons beste self te wees ter verheerliking van God.


En dan moet ons ons denkwyse doelgerig verander van 'ek MOET alles doen' tot "ek is BEVOORREG om alles te kan doen' sodat ons ultimately die lewe ten volle kan geniet as die fikste (fisies, emosionele en geestelike) weergawe van onsself.


Vrouwees met ‘n tikkie styl natuurlik


Die samelewing is geneig om vrouwees te boks as ‘’n goeie eggenoot wees’’, ‘’n goeie mamma wees’’, ‘’stil-te-wees en jou-plek-te-ken vrou te wees’’


Mooistevrou, hier is waar ek en ALLES waarvoor ek staan kliphard skree: ‘’ Moenie aanpas by die samelewing se idee van hoe 'n vrou behoort te lyk nie!!!’’


Be bold, be brave en wees verseker loud. Om jouself te wees is jou unieke superpower. Wees selfstandig, wees braaf en stel die standaard. Jy kan ‘n goeie maat wees terwyl jy die beste mamma en briljantste sakevrou alles gelyk is.


Ek het iewers gelees- Streef om 'significant', en nie 'magnificent' te wees nie. Dit gaan nie daaroor om 'n gevolg te bou nie, maar eerder om 'n nalatenskap agter te laat. Streef daarna om onthou te word want jy het daadwerklik 'n verskil in mense se lewens gemaak, eerder as om die wêreld te probeer beïndruk.


Mooistevrou, dis nou die tyd om jou vroulikheid te embrace soos die vreeslose fikse vrou wat jy is en verseker kan wees. Gryp hierdie journey aan saam met God want saam met Hom is jy tot alles en nog meer in staat.

280 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page