top of page

Vriendskap

Hoe ouer ons word besef ons hoe belangrik dit is om regte vriende te hê en hoe minder belangrik is dit om baie vriende te hê.

Ons almal gaan deur ’n stadium waar jy graag klomp vriende wil hê en ook wil deel voel van 'n groep. Met tyd besef mens wie is regtig jou vriende en wie was nog nooit nie. Ons kan maklik praat oor liefdes teleurstellings maar vriendskaplike teleurstellings maak net so seer of nog seerder. Ek sal nooit vergeet hoe emosioneel seer ’n maaitjie my gemaak het in laerskool nie. Vriendskaplike teleurstellings is ook verwerping en trauma.


Die lewe is soos ’n verjaarsdag partytjie. Jy nooi ‘n klomp mense,sommige mense gaan vroeg huis toe en ander bly tot laat. Sommige mense lag saam met jou en ander lag vir jou. Dan is daar mense wat laat opdaag vir jou partytjie.Aan die einde van die aand is daar ’n handjie vol mense wat agter bly om jou te help skoon maak en hulle is gewoontlik nie die mense wat eers vuil gemaak het nie. Daardie handjie vol mense is jou ware vriende.


Spreuke 18:24 “ In tye van nood leer jy jou vriende ken. Sommige praat net, maar doen niks nie. Ander sal alles vir jou doen. Hulle is nader aan jou as ’n broer.”

Die waarheid is daar is mense wat net daar sal wees vir jou as hulle iets uit jou uit kan kry. As jy nie meer van nut is nie vergeet hulle van jou. Kyk ons lewe in ‘n “ fast pace “ wêreld so mens kan verstaan dat daar nie altyd tyd is om mekaar te sien nie . Ons almal is in fases in ons lewe maar jy sal weet as jy daardie persoon sien of hulle regtig jou pel is. Ek het ’n handjie vol vriendinne wat ek regtig kan sê my ware mense is. Al gaan daar jare verby , as ons mekaar sien is dit asof geen tyd verby gegaan het nie en ek weet as die nood druk sal hulle daar wees vir my. Dan is daar weer mense wat maak asof hulle jou vriende is maar hulle dra nie regtig jou belange op die hart nie.


Vermy sulke mense. Op die ou einde praat hulle dalk net met jou om uit te vind wat in jou lewe aangaan omdat hulle nuuskierig is, nie omdat hulle regtig omgee nie.Spandeer tyd met die mense wie regtig jou pelle is. Familie is nie altyd bloed nie. Hulle is die mense wie jou waardeer vir wie jy is en nie vir watter kar jy ry, die klere wat jy dra of waar jy bly nie.Hulle is die mense wat regtig saak maak.

Moenie jou tyd en energie probeer mors aan “ one sided “ vriendskappe nie. As mense van jou af wegloop laat hulle toe om dit te doen. Jou tyd en vriendskap is kosbaar. Wees lojaal teenoor die mense wie lojaal is teenoor jou.Dit is belangrik om jou hart te beskerm.


Spreuke 27:17 “ Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.”

Spandeer tyd met vriende wat die beste vir jou wil hê. Vriende wat jou motiveer om beter te doen en jou ondersteun. Kies vriende wat trots is om jou pel te wees.


Die lewe is te kort vir slegte koffie, slegte vriende en slegte mans of vrouens :0)


553 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page