Waaghals of Waagmoed?
Deur Leatitia Coetzee
Ek weet dat daar definitief ‘n waaghals in ieder en elke een van ons is…en jy moet die
waagmoed he om daardie deel van jou wakker te maak en ‘n kans te vat op dit wat jou die
bangste maak. Makliker gesê as gedaan ne? Ons is mos maar “creatures of habbit”, en ons
hou van orde en roetine want dit is hoe ons geprogrameer is van kunsbeen af.
Hier is hoe ons “MEMO” van ons lewe lyk, so merk af as dit in jou lewe ook so is of was en steeds is.
1. Jy moet reëls en regulasies navolg.
2. Jy moet waardes en ideale hê.
3. Jy moet hard leer, binne die lyne inkleur, jou huiswerk en take doen, uitblink in sport,
onderskeidings behaal om in te kom by ‘n goeie Universiteit.
4. Hier moet jy hard leer om met onderskeidings te slaag om ‘n goeie betalende en stabiele
werk te kry met al die “trimmings”.
5. Nou moet jy begin werk, en jouself opbou en reik vir die sterre en die korporatiewe leer
klim.
6. Jy is nou ‘n volwassene, jy moet spaar vir jou ou dag, polisse uitneem vir jou en jou
toekomstige gesin (as jy enkellopend is), jouself en jou aardse besittings verseker (want
SA is mos maar gevaarlik), en jou testament in orde kry.
7. Nou moet jy trou, kinders kry ,voor jou eierstokke uitdroog, en huis opsit. Jy weet die
spreekwoordelike “House with a white picket fence”
8. En dan begin jy die siklus met jou eie kinders en so gaan dit aan en aan en aan.
Waar was jou keuse in die hele lys van goed WAT MOET gedoen word volgens “kenners” om
suksesvol te wees?. Het jy dit blindelings gevolg, het jy saamgestem want dit klink veilig vir jou
en jy wou nie jou ouers (wat so hard gewerk het om die goed vir jou te kan gee nie) teleurstel
nie? Of was jy die swartskaap en het om elke hoek en draai probeer baklei teen dit alles, net
om op die ou einde van die dag maar nogsteeds van die lysie goed te doen en hê?
Maar weet julle wat pla my? Waar is jou keuse, die stimulasie en ondersteuning in JOU
drome, en JOU vooruitsigte in die lys? Waar word JY gevra wat jy wil doen? Nêrens in die lys
sien ek dat ons kan kies nie, en as jy durf om self te kies, dan is daar testamente vol goed
wat almal jou aanraai en sê wat jou bang maak en van plan laat verander sodat jy tog maar
“conform to the norm”, of jy hak net heeltemal uit vir ‘n paar jaar en rebuleer soos ‘n regte
rockstar, net om tog maar terug te gaan na jou veilige lysie.
Dit het my 33 jaar en ‘n reis na ‘n ander land (of lande ) gevat om myself te vind. Nie die
halwe mens wat ek was nie, die tolbos in die wind kind wat ek was nie. Nie die swart skaap
wat altyd moeilikheid maak en dan moet my ouers my red nie, nie ‘n mens wat liefde en geld
najaag asof daar geen môre is nie. Nie die rondval kind wat moet hoor “a rolling stone gathers
no moss” nie.
En hier op my reis na ‘n ander wêreld het my “Truth Journey” ook begin. En glo my ek is steeds op my journey elke dag. Ek moes regtig diep introspeksie doen, wonde oopkrap sodat hulle kan bloei, en dit het waagmoed gevat. Ek moes leer dat my waaghalsigheid as kind “my swartskaap mentaliteit” om te doen voor ek dink, nie noodwendig goed was nie, en dat ek nooit geleer het om die baas te staan en my foute te erken en te korrigeer nie. Ja van my waaghalsigheid het my gehelp en my lewe opgehelder ook, nie alles is tog so grim nie.Nou sit ek waagmoed aan elke dag, en jy kan ook. Ek is waaghalsig en spontaan, maar ek het geleer dat ek moet veilig wees in my waaghalsigheid, en dat waagmoed ‘n dapperheid in jou opwakker wat niemand kan breek nie. Maar met dit alles saam het ek ‘n sterker en hegter band met God gebou. So jy kan ook.
Gaan swot jou Drama of Kuns , gaan duik uit ‘n vliegtuig kop eerste en sien die wêreld onder
jou soos ‘n arend. Koop daardie vliegtuig kaartjie na ‘n ander land sonder ‘n plan, dra jou hart
op jou mou. Wees "authentique" en dapper, die grapjas of drama queen, maar wees wie jy wil
wees.
Daar is so ‘n groot bevreiding daarin om raw en uniek jou eie waarheid te lewe, om self te
besluit, en dog respekvol te wees, om negatiwiteit en mense uit jou lewe te hou, om ware
vriende te behou en sonskyn vriende te laat gaan, om boundaries te he, om nee te se pleks
van ja net om ander gelukkig te hou.
Mag jy waagmoed aan die dag le elke dag van jou lewe om waaghalsig te kan wees en te
sien dat aan die ander kant van vrees is bevreiding en avontuur.
Daar is ‘n ou Latynse spreuk:
"Ubi dubium ibi libertas (Waar daar twyfel is, is daar vryheid)."
Miskien daarom dat die Franse filosoof en teoloog, Pierre Abelardus (1079-1142)
geskryf het:
"The beginning of wisdom is found in doubting: by doubting we come to the question, and by seeking we may come upon truth."