top of page

Waar kom my hulp vandaan?

deur Chantelle Coetzee


Ek het onlangs ’n fliek, ware verhaal gekyk oor ‘n vreeslose bergklimmer wat ‘n baie groot uitdaging vir homself gestel het. Sy doelwit was om 14 van die wêreld se hoogste berge te klim binne die tydperk van 7 maande. In die begin van die fliek het ek gedink hierdie man is heeltemal mal. Hoe gaan een man dit kan regkry ?

Soos die fliek aan gegaan het , het ek al hoe meer begin dink hierdie man gaan dit nie kan klaar maak nie maar iets het dadelik my aandag getrek het, hy steeds ander mense probeer help wat vasgesit het op die berge ten spyte daarvan dat hy self baie moeg en swak was. Ek het al hoe verder in die fliek begin sien dat hierdie man se wilskrag ongelooflik sterk is en dat hy waarlik ‘n goeie hart het wat omgee vir ander.

Op ‘n stadium wou ‘n groep wat saam met hom die een berg geklim het opgee maar hy het hulle so gemotiveer om aan te hou dat hulle aangehou het en na hulle die berg uitgeklim het was hulle almal so oorweldig met trots en respek vir hierdie man.Tydens hierdie groot avontuur het sy ma baie siek geword en die dokters het nie veel hoop gehad nie. Daar het ek gedink die ekspedisi is verby alhoewel hy so naby was om al 14 berge klaar te klim maar genadiglik het die Here sy ma gespaar en hy kon weer terug keer na sy doelwit.

Sy leuse was “ nothing is impossible”. Hy het genoem dat partykeer lyk iets onmoontlik vir ander mense maar dit is moontlik vir jou. Dit het my laat dink dat ons soveel kan bemag as ons “mindset”net reg is. Luister na jouself en moenie toelaat dat ander vir jou sê jy kan nie iets doen nie. Die man het na soveel struikelblokke hierdie doelwit bereik binne 6 maande en 6 dae.Dit was ongelooflik om te sien hoe hard hy gewerk het en hoe sterk sy geestestoestand is.Daar was n liedjie wat heeltyd in my gedagtes was tydens die fliek. Dit was , “ Shoulders“ van “ for King and country “

“When confusions my companion and despair hold me for ransom. I will feel no fear, l know that You are near. When I’m caught deep in the valley with chaos for my company, I’ll find my comfort here, because l know that You are near. My help comes from You, you’re right here pulling me through. You carry my weakness, my sickness, my brokenness all on Your shoulders. You are my rest, my rescue. I don’t have to see to believe that you’re lifting me up on your shoulders.”

Ons kan dikwels onsself bevind op ‘n moeilike plek, asof daar soveel berge is om te versit en jy wonder waar kom my hulp vandaan. Here hoor jy my gebede, hoe lank nog ? Hierdie is te erg, dit is te veel gevra, ek kan nie meer nie ! Dit is nie maklik nie maar ons kan vertrou dat ons hulp altyd van die Here afkom. Al voel jy, jy kan nie nog n tree vorentoe gee nie, glo en vertrou dat die Here vir jou die krag sal gee om daai berg te klim. Kyk terug na hoe ver jy al gekom het en weet dat jy nooit alleen loop nie. Kyk terug na tye waar jy gedink het jy kan nie meer nie , maar jy het dit gemaak. Herinner jouself elke dag, Ek glo in God, daarom kan ek berge versit !

“ l look up to the mountains. Does my strength come from the mountains? No, my strength comes from God who made heaven and earth.”

223 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page