top of page

Waaroor gaan die lewe nou eintlik ?

Waaroor gaan die lewe volgens jou? Wat jaag jou? Wat jaag jy ? Jaag jy dalk geld? Jaag jy agter die toekoms aan dat jy vergeet van die hede ? Jaag jy agter jou verlede aan ?


Deesdae as iemand my vra hoe gaan dit is my antwoord gewoontlik: Besig en jy ? Die lewe het so ’n gejaag geword dat ons verby mekaar begin lewe. Ons het nie meer tyd vir onsself of ander nie.Alles is ’n gejaag deesdae maar vir wat ? Dit is tyd dat ons stil raak en werklik introspeksie begin doen en opnuut besef waaroor die lewe eintlik gaan.

Die lewe is nie altyd maklik nie en elke dag is daar nuwe uitdagings. Mens raak so vasgevang in die “fast paced “ lewe dat ons vergeet van mekaar. In hierdie lewe gaan dit meer as net onsself en met ons eie lewe behep te wees, ons moet ander ook bystaan en ophef.

Lukas 10:41 Maar die Here het Marta geantwoord: “My liewe Marta, jy hardloop aanmekaar rond. Jy bekommer jou of alles gereed is. Laat staan dit! Dis mos nie waaroor die lewe gaan nie. Daar is net een ding wat regtig saak maak: om God te ken. Maria weet dit. Daarom het sy die regte keuse gemaak. Niemand sal dit ooit van haar kan wegvat nie.”

Net soos Marta hardloop ons vrouens aanmekaar rond.Elke dag is ’n gejaag om alles gedoen te kry. Dit is ’n gejaag in die oggend om die kinders klaar te kry, om hulle by die skool te kry, om by die werk te kom, alles gedoen te kry by die werk , om die kinders te gaan haal, kos te maak en so gaan die siklus net aan. Dit is tyd om te “pause”en net bietjie te dink.


Vir my gaan die lewe oor die mense met wie ek my lewe deel, my verhouding met God, geluk en liefde.

Ek dink so daaraan. Jy ry ‘n mooi kar,dra die duurste klere, bly in ’n groot huis en het jou kinders is in die duurste skole, maar is nie werklik gelukkig nie. Agter al hierdie luukshede sit jy dalk en stress oor hoe jy weer hierdie maand al die geld gaan kry om vir alles te betaal “Keeping up with the Joneses”.Dis asof mense vandag hul status bepaal deur al die luukshede; asof hulle net daarop fokus om ‘n hoë status te hê. “As ek dié kar ry en in só huis woon sal ander mense goed van my dink.” Is dit regtig waaroor die lewe gaan?

Ek glo dat dit nie nodig is om te wys hoeveel geld jy verdien of om meer geld te spandeer as wat jy verdien net vir daardie status nie. Dit beteken nie dat jy nie “nice “goed verdien nie. Dit is net nie al waaroor jou lewe moet gaan nie.

Mense wat jou ken is veronderstel om van jou te hou en jou te aanvaar vir jou hart en vir wie jy is. Nie vir die kar wat jy ry , huis waarin jy bly of klere wat jy dra nie. “There is more to life than that.” Ek glo mens kan nie geluk en liefde koop nie, dis iets wat jy elke dag gratis kan beleef en uitdeel. ‘n Mens is gemaak om lief te hê en geluk te deel.

Moenie dat ’n gejaagde leefstyl of die gejaag na rykdom jou weerhou om werklik te besef waaroor die lewe eintlik gaan nie.

659 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page