Wanneer Alles Om Jou Mal Is
Then Jesus said, “Come to me, all of you who are weary and carry heavy burdens, and I will give you rest. Take my yoke upon you. Let me teach you because I am humble and gentle at heart, and you will find rest for your souls. For my yoke is easy to bear, and the burden I give you is light.” – Matthew 11:28-30
Voel alles om julle ook mal, of is dit net ek? My eie gedagtes weet nie meer of dit kom of gaan nie. Ek kan nie glo ons wou ‘groot’word nie, maar hier is ons nou. Die to-do lysies word elke dag al langer, terwyl die ure in elke dag voel of dit al korter word. By die werk moet alles vir hierdie jaar afgehandel word, ons pen alreeds nuwe onthou-lysies vir Januarie 2022 neer en intussen voel dit of jy al ses keer die afgelope twee weke wou bedank. Aan die ander kant moet die Kersboom op, liggies moet flicker, Elf moes al On the Shelf wees, ons maak kort-kort draaie in die winkels met elke spaar minuut, en elke extra savings account, wat ons beskikbaar kry sodat Kersvader betyds sy aflewerings kan maak. Om nie eers te praat van tyd afknyp om ‘n laaste koffie en koek saam met jou vriendinne te geniet, want feesseisoen is sinoniem met familie!
‘n Jaar terug het alles so anders gelyk. Miskien was alles toe ook mal en deurmekaar, maar ‘n jaar gelede het soveel van ons nog nie die gewig van verlies gedra nie. Verlies is ‘n vreemde ding, die dood ook – dalk omdat ons te min daaroor praat, of dalk omdat dit al is waaroor almal skielik al vir amper twee jaar praat.
Verlies is nie ‘n sportbesering nie, dit word nie na drie maande se intense oefening en fisioterapie beter nie. Ek weet self nog nie wanneer dit beter word nie, en of dit ooit doen nie. Dalk word dit soos sportbeserings net deel van ons, vir altyd. Dit is nie elke dag seer nie, maar wanneer die koue kom, of teveel druk geplaas word, dan is enige ou besering ekstra gevoellig. Ek dink verlies werk ook so. Dit is nie om elke dag te huil, of om te huil wanneer jy dink dit ‘n goeie tyd is nie. Dit vang jou onkant, soos wanneer jou knie skielik ingee of jy skeeftrap op jou enkel.
Verlies word deel van ons in soveel verskillende vorms. Dit is in die liedjies waarna ons luister, in die strate waar ons ry, in die dinge wat ons ruik en die kleure wat ons sien. Dit kruip weg in stories wat ons vertel, en in drome wat ons nog moet droom. Dit omhels jou wanneer jy alleen op jou bed lê, dit ry saam met jou op die passasiersitplek wanneer jy werk toe ry, dit wink aan die ander kant van ‘n vertrek vol mense. Dit kuier om kersetes en familie kuiers in elke oop stoel. Verlies word so inherent deel van ons, en so onverklaarbaar soos wat die emosie is wat hand-aan-hand met dit stap, so bevrydend is dit ook.
Verlies kom steel nie vreugde nie, verlies kom leer ons van vrede. Dink jy ook nou twee keer of hierdie geveg en rusie met jou geliefde werklik die moeite werd is? Dra ‘n geskinder saam ‘vriendinne’ werklik positief by tot jou eie gemoed en lewe? Verlies leer mens hoe om tyd en mense in jou lewe te prioritiseer. As dit vir jou belangrik is, sal jy tyd maak daarvoor. Of dit nou is om elke oggend vroeër op te staan om te oefen, en of dit is om elke week by jou hartsmense in te loer en werklik te hoor hoe dit gaan, want as ons heeltemal eerlik is, vat ‘n ordentlike inloer in jou vriende en familie se gemoed en hart tyd. Jy maak nie ‘n afspraak by ‘n dokter vir ‘n volledige ondersoek en stap 10 minute later uit die spreekkamer uit nie, nou hoeveel langer sal ons nie vat om werklik die dinge wat ons weerloos kan laat, te deel nie. Maar ieder geval, as dit vir jou belangrik is, sal jy tyd afstaan om die vriendin te wees wat luister. Verlies leer mens om of verskoning te maak, of plan te maak – dit hang af hoe jy kies om elke kosbare minuut wat jy op hierdie aarde het, te spandeer.
Verlies leer mens om te bid. Hard te bid. Hardop te bid. Saggies te bid. Paragrawe en boekdele te bid, en soms net twee woorde te bid. Verlies leer mens om aan te hou bid, want sonder gebed sal jy nooit na verlies kan aanhou nie, want ons menslike brein en brose harte kan nie God se groter prentjie verstaan of eers begin om dit te begryp nie, en dit is ook okay – dit was in die eerste plek nie ons plek om dit te verstaan nie. As ons geweet het hoe ons paaie gaan lyk en wat hierdie wonderlike lewe vir ons gaan inhou, sou ons nie nodig gehad het om op God te vertou vir elke volgende tree nie. En dit is tog waaroor geloof gaan, om God te vertrou met elke volgende tree. Om met verwagting te kan bid, al het ons nie regtig die tyd van ons lewe nie, en te hoop dat Hy altyd alles steeds ten goed sal laat meewerk vir die wat Hom liefhet.
You don’t have to know where you are going to be headed in the right direction.
My lewe voel op die oomblik bietjie soos ‘n smoothie. Meeste van die bestandele is goed en gesond, maar hier en daar is iets wat nie goed is vir my nie wat ek uit hierdie smoothie moet haal. Mense wat ek moet laat gaan, idees en ideale oor my lewe wat ek moet laat gaan, die lysie is baie lank maar ek moes sit en hierdie ongesonde bestandele herken sodat ek iets daaraan kan doen. Nietemin, word al die bestandele van my lewe in ‘n blender gegooi, ‘n mengsel van my lewe: baie goed en bietjie sleg, soos die lewe maar werk. Ongelukkig, wanneer jy braaf genoeg is om jou eie foute aan te spreek en dit te herken sodat niemand dit teen jouk an hou nie, sal die vyand ‘n ander manier vind om jou smoothie minder gesond te maak, of hoe dit voel in my geval, sal hy die deksel afhaal net voor ek die ‘aan’ knoppie druk. Ons almal het al hierdie fliek gesien, dit is morsig, dit is deurmekaar en dit is genoeg om jou teen die mure uit te dryf.
Dit is okay. Partykeer skiet die deksels van ons smoothies af. Ons staan nie 05:00 op om te oefen nie, ons kom nie by daardie vriendin uit vir ‘n koffie nie, ons werk is dalk nog bietjie agter want ons het nie meer die krag om nuwe planne vir ‘n nuwe jaar te maak wanneer ons skaars ons planne vir Desember agter mekaar kry nie. Dit. Is. Okay.
Die vyand het nie gewen nie, jy, Mooistevrou, het net ‘n breek nodig. Rus vir jou siel, jou gemoed, jou gedagtes, jou liggaam, jou alles. Dit is okay om rustig te raak. Dit is nodig om rustig te raak. Dalk is rustig vir jou alleen tyd, of feestyd saam familie of koffie saam ‘n vriendin. Doen dit, raak rustig. Die wêreld sal oorleef, Elf on The Shelf kan oor twee dae weer verskyn, jy is nogsteeds ma, tannie, suster, ouma en vriendin van die jaar. Life is tough my darling, but so are you. Raak rustig en besin oor die dinge wat vir jou belangrik is in jou lewe. Alles is vlietend en tydelik, choose wisely. En wanneer dinge te rof raak, jou smoothie teen die dak skiet en jy voel jy kan nie meer nie, gaan vind jou rus by Jesus – Hy wag vir jou met ‘n open invitation, en onthou dat net soos Ester, jy gebore is vir ‘n tyd soos die, al verstaan jy dit nie, just go to the Father and rest want jou belofte is steeds groter as jou uitdaging.
Versies van Bemoediging:
“But the Lord stood with me and gave me strength.”
2 Timothy 4:17
“God is the strength of my heart.”
Psalm 73:26
“Seek His will in all you do, and He will show you which path to take.”
Proverbs 3:6
Liedjies vir die Week:
Jonathan David: So Much Grace
Lauren Daigle: Look Up Child
Bethel Music: It is Well
Elevation Worship: Graves Into Gardens
Hillsong: New Wine
Kari Jobe: The Blessing
Geseënde Feestyd vir jou en jou geliefdes, Mooiste Vrou!
May His presence go before you, and behind you, and beside you, all around you, and within you, He is with you!
Baie liefde,
Rouxnette 😊