top of page

Wanneer dit voel jou drome en jou lewe word oorrompel met deurmekaarheid...

Hierdie laaste paar maande van my lewe moes ek leer om nuwe seisoene in te vaar met nuwe oë na hulle te kyk, met nuwe geloof en hoop en moes ek leer dat dit okei is om jou drome vir eers opsy te sit totdat ek weer ek is. Om besluite te maak in die midde van worsteling en 'n "transition" tydperk, is seker een van die moeilikste dinge, veral wanneer jy oorval is met deurmekaarheid tussen reg en verkeerd en jy so bang is jy maak 'n fout of kies verkeerd.


Wanneer jy deur 'n toksiese seisoen gegaan het, stel jy vir jouself beskermingsmeganismes, wat maak dat jy automaties op 'n sekere manier reageer. As iemand wie alles "internalize", was my eerste reaksie om stil te bly en "okei" te wees met sekere goed, om moontlike bakleierye te vermy en nie lus te wees vir 'n atmosfeer nie. Waar voorheen sou ek my sê sê, ek sou opstaan vir myself, maar jou menswees word so geaffekteer na aanlopende gebeurtenisse, manipulasie, gaslighting en so meer, dat jy jouself en jou eie stem bevraagteken en jy jouself betwyfel, jy plaas alles anders op n "pedastal" en dink die fout lê by jou of dat jy's té erg, of dalk is dit nie so nie, of miskien sien ek verkeerd... Hoe jy voorheen sou reageer, is nou anders, en om deur dit te breek, deur al die mure wat jy gebou het, moet jy jouself verwyder van die dinge wat 'n rol gespeel het in dit.


Om jou drome op "hold" te sit, beteken nie dis verby nie, dit beteken maar net die seisoen waarin jy is, is nie reg om die vrugte daarvan te pluk nie; en indien iets nie behoort te wees nie, sal 'n ander deur weer oopgaan. Ek moes leer om te laat gaan, te vergewe met die wete dat, vergifnis vir myself is, net soos grense en beperkinge met wie en wat ek weer in my lewe toe laat. Ek moes van voor af leer om geduldig te wees met die proses en dis so belangrik om te leer uit die gebeurtenisse en terug te gaan na waar dinge verkeerd begin loop het in myself en my lewe; en dan stukkie vir stukkie deur dit te werk en te genees.


Al manier hoe ons werklik vorentoe kan beweeg is om deur die ou dinge te werk en dit te laat gaan.

Soms gebeur soveel dinge uit die bloute juis om ons tot stilstand te bring, juis sodat ons die inner werk kan doen, en ja, soms sit ons in situasies waarin ons onsself in laat beland het, toe ons geweet het dis nie reg nie, maar steeds aangehou het met dit - dis ook okei, ons is mens, soms weet ons nie van beter nie.

Ek het myself belowe dat Covid nie my hoof rede sal wees hoekom dinge verkeerd gegaan het nie, en dit is nie, dis vir seker nie, maar dis deel van dit. Covid het meeste van ons se lewens kom omdraai en moes ons aan 'n plan B dink en bitter vinnig ook. Soos meeste van julle weet, is ek 'n trou fotograaf, iets wat ek so lank aan gewerk het en opgebou het vir die laaste 11 jaar, dis eintlik 'n onderwerp op sy eie, maar dat iets op so 'n punt moes kom wat jy jouself so erg bevraagteken het, jy niks meer energie of kreatiwiteit oor gehad het om iets te offer nie; jy jou tassies pak en uitbeweeg het uit 'n situasie wat jy allankal moes los - en toé die krag kon kry om dit wel te doen; besef jy wat op des aarde het jou besiel. Covid was maar net 'n "add on"; die krag probleme, dit alles was maar net nog iets by 'n bondel wasgoed. Iets wat jou harde werk en passie vir 'n bietjie, tot stilstand kom bring het. Ek was bereid om alles op te gee.


Tydens hierdie proses van "transition", kon ek nie dink aan wat die volgende week, maand of jaar sou inhou nie, jy dink letterlik aan die hier en die nou en om die bietjies deur te werk vir wat jy menslik voor kans sien. Elke dag was 'n stappie nader aan die ek wat nog altyd daar was. Ek moes leer dat om vir nou eers aan myself te dink, sou in ander mense se oë die meeste selfsugtigste ding ooit wees, maar vir myself die nodigste, en om die waarheid te sê, ek het nie regtig omgegee wat ander meer dink nie. Ek het soveel gegee en gegee totdat daar niks meer oor was om te gee nie, en waar het dit my gelos? Iemand wie se liggie doodgeblaas was, of so te sê net net. Om jouself te verloor is 'n harde hou; maar om op te staan en dit te "face" is die braafste ding wat jy kan doen. Ek sal vir altyd anders kyk na depressie, angs, stres, gewigs probleme en die lys gaan aan; want nie net is dit werklik daar nie; dis 'n "mental battle" en as jy nie hard werk om daar uit te kom nie, sal jy dieper en dieper daarin vassit.


Ek bevind my tans in Ierland (laaaang storie wat ek nog in diepte wil deel wat soveel dinge behels); maar ek doen 'n kursus hier, iets wat ek myself mee "gechallenge" het en besluit het, ek gaan iets doen wat ek nooit voorheen sou of wou doen nie, inteendeel ek wou nie weer leer nie, maar ek wou iets buite my gemaksone doen. Toe die besluit moes tref gaan ek terug of bly ek vir eers, was die worsteling net om 'n besluit te maak so moeilik; en ek sal nooit vergeet hoe ek gesukkel het om tussen al die wat asse, die dinge by die huis, my onopgeloste goed, besighede en alles wat volg, deur te breek om net te besluit nie. Onsekerheid oorval jou, maar iets binne jou "challenge" jou om die kans te vat. En toe ek het; het die regte deure oopgegaan om hierdie geleentheid aan te pak. En dit het dalk vreemd gelyk, skielik en ongevraagd vir ander, maar vir my, kon dit nie op 'n beter tyd gebeur het nie; om iets te besluit, of dit dalk reg was of verkeerd was, om soms net daardie besluit te maak is 'n stappie vorentoe, is daar spasie om mee te werk, dit verlig die gedagtes van onsekerheid en dit "dwing" jou om in 'n nuwe rigting te dink; dis soms al wat jy nodig het om weer met nuwe perspektief dinge aan te pak - besluit net. Ek kan weer asem haal (so tussen deur omstandighede), nuwe dinge leer, nuwe mense leerken - ek leerken weer wie ek is, en die passie wat so lank in my gebrand het, vir fotos, ontwerp en skryf; kom nou weer terug met nuwe perspektief. Soms voel dinge nog deurmekaar, alles wat ek nog moet uitsorteer, dinge wat "op hold geplaas was"; my mense, my katjie wat my lewe is, my wêreld, gedagtes en dinge waaroor mens so wonder; jy voel in sekere goed het jy misluk, of jy't sekere mense teleurgestel, en ander kere besef jy jy't gedoen wat jy gedink het reg was op daardie oomblik en hoe kon jy inelkegeval rasioneel dink met alles wat aangegaan het. Tog in dieselfde asem weet ek dat die Here hier werk in my en met my, en elke proses het 'n worstelings tydperk, nie alles gaan sin maak of duidelik lyk nie, maar al wat ek weet is, wanneer jy iets besluit het moet jy volhou en die pad loop en die Here vertrou dat iets goeds daaruit sal kom en dat Hy jou nie los nie, en Hy gee vir jou mense in jou lewe wat die pad saam met jou stap.


Elke einde, het 'n nuwe begin, en elke nuwe begin het 'n einde - ons raak so "fixated" aan die dinge waaraan jy so gewoond geraak het, die mens wie jy uitgedraai het, dat jy eintlik maar jouself in die proses 'verloor' het, stilgeraak het en haar stem laat wegsink het. In sekere gevalle was die oorsaak manipulasie en iemand anders se "issues" wat hulle op jou "project" het en jy maar net probeer "fix" het, en in dieselfde asem is dit dinge wat jy bly toelaat het dat mense oor jou loop. Ek dink ons almal behoort op 'n punt te kom waar jy net diep asem haal en besluit, genoeg is nou genoeg.


Alles voel nog so bietjie oorrompel en "all over the place", en elke dag is 'n leerproses; daar's soveel wat ek wil deel en nog gaan deel met die hoop dat iemand ietsie daaruit kan leer. Ek voel net dat hier iemand is wie nou in 'n "transition" tydperk sit en jy het geen idee hoe jou deurbraak lyk nie. Jy weet nie of kom jy of gaan jy nie, wat mense gaan dink of sê nie, alles lyk onseker en jy's bang. Al wat ek weet is, nou is nie die tyd om aan enigeiemand anders te dink as jouself nie; want al manier hoe jy weer by JOU gaan uitkom, is om deur die dinge te werk wat jou in die eerste plek hier laat beland het en as dit gaan beteken dat jy iets doen wat vir ander simpel gaan lyk; "so be it" dan doen jy dit, want dis iets wat gedoen moet word om jou by jou uit te bring. Om werklik weer te kan gee, te help, kreatief te wees, jou drome na te jaag, het jy nodig om [X] te doen om weer by [plaas jou naam hier] uit te kom.


Selfliefde op 'n Bybelse manier is die sleutel na wysheid, dit help jou om "intact te wees met jouself en jou Maker", dit bring jou inlyn met die Woord en wat God oor jou praat; as jy nie weet wie jy is nie en wat Hy van jou sê nie, gaan jy elke leuen aantrek na jou toe en dit gaan jou so deurmekaar maak dat jy nie weet of jy kom of gaan nie.


Wat moet gebeur sodat jy weer jy kan wees?

Wat was gesê wat jou woord laat betwyfel was?

Wat kan jy doen om jou selfvertroue weer op te bou?

Wie moet jy eers 'n bietjie uitskuif sodat jy weer duidelikheid kan kry?

Wat is op jou droom lysie, wat jy so graag wil aanpak?

Waarvan hou jy om te doen?

Wat laat jou lag en blom?


Jy's hier nou, en jy's nie alleen nie. Jy's op 'n goeie plek, want nie net is die groei proses 'n plek waar jy as mens gaan verbeter en sterker word nie, dis net 'n bewys dat iets groters en moois oppad is.









863 views2 comments

Related Posts

See All
bottom of page