top of page

Wanneer God stil raak

“If you wake up today feeling fragile, remember that God is not, and then trust Him to be everything you need today.” - John Piper

Miskien is dit die seisoene, of die tyd van die jaar wanneer mens voel jy kort alreeds ‘n vakansie om net die tweede helfde van die jaar te face - ja, ek kan self nie glo dit is al Junie nie! Of miskien is dit herhinneringe wat soos ‘n uurglas uitloop, en korrel vir korrel is jy so bewus van elke dag wat ons nader beweeg aan ‘n jaar se lewensviering in die hemel - ‘n House-party saam met engele op die ritme van vreugde, die dood het virseker sy angel verloor!

Maar so kalmerend en asemrowend mooi soos wat ek hierdie celebration tussen goue strate so gereeld verbeel, wonder ek altyd wat gebeur wanneer die laaste korreltjie van die uurglas uitloop, net so is ‘n jaar verby, en genadeloos draai die lewe dieselfde uurglas net weer om vir die volgende jaar van afwagting om te begin. Die angel van die dood is lankal oorwin, maar nes wanneer ‘n by jou steek, en nes ek en my broer albei allergiese reaksies vir bye gehad het, het die area om die bysteek altyd eers bietjie gebrand & geswel voor dit gesond geword het.

Ek lees vanoggend ‘n quote raak en ek besef ek voel deesdae meer ‘fragile’ as gewoonlik. Dalk is dit omdat elke keer as ek op Facebook gaan sien dat nog ‘n vriendin verloof is of nog ‘n geskietery iewers gebeur het of wanneer ek unintentionally deur Instagram gaan sien ek iemand kyk na tulpe in Amsterdam terwyl ‘n ander op ‘n jag trip gaan, verder af en iemand het al 10kg afgeskud en met die laaste scroll is nog ‘n “niks staan ‘n kans in die vuur tussen my en jou” post.

Iewers tussen deur is ‘n vrou wat agter skerms post om ‘n ‘wonder-woman’ masker aan te sit, sy caption ‘n quote van Pinterest af oor queens wat hulle eie krone optel en hulle eie kastele bou, terwyl sy eintlik smag na die koning wat haar gaan help die stukkies van haar hart optel en saam met haar ‘n kasteel kan bou!

Wanneer God vêr voel soos nou, het ek al geleer dis nie Hy wat vêr is nie, dit is ek wat vêr is. Hy lê mooi toegevou op my bedkassie en hy praat saggies in my hart wanneer ek voor ‘n keuse te staan kom. Hy is elke oggend nog voor my wekker betyds om my met ‘n eerste asem vir die dag wakker te maak. Hy bederf my met ‘n warm bed en ‘n dak oor my kop. Hy seën my met kos om te eet en ‘n werk waarvoor ek lief is. Hy sorg vir die mossies, hoeveel meer sal Hy nie vir jou sorg nie? Hy is in Miané en Mila se lag en sussie-liefde en Hy is in my rots van twee ouers - in hulle eie persoonlike hoedanigheid, en in die huwelik, en wanneer ek na hulle kyk verstaan ek opnuut hoekom God keer op keer vir ons sê glo soos ‘n kind, en ‘n drie-dubbele band breek nie sommer nie. Die lewe sal elke toets na jou kant toe gooi om jou te probeer breek, maar geloof soos ‘n kind is wat jou sal deur dra.

God is nie vêr nie, ek is vêr van God af.

Ek is vêr want ek leef te naby aan die dinge van die wêreld. Ek weet teveel wie travel waarheen, wie is verloof, wie oefen hard en wie is nog in ‘n verhouding of nie.

Vêr wees is altyd vir my drasties, bietjie soos my lewe, maar dis alles of niks. Of die hele wêreld met sy mengelmoes van waarheid en leuens drom binne jou ore dat jy jouself nie kan hoor dink nie, of daar is net stilte. Absolute, amper bang-word, stilte.

Albei vertes is ewe uitputtend, een probeer mens konstant kalmeer en die ander probeer mens konstant oplos.

Maar wat as jy vir een oomblik, nie eers een dag nie, net ‘n oomblik van jou dag, terugstaan en kyk na die storie van jou lewe. Is jy gelukkig met jouself, met jou werk, vriendskappe, verhoudings, jou gewoontes en leefstyl? Is jy tevrede met jouself? Die goeie eienskappe, die slegte eienskappe, jou verlede, hede en jou toekoms. Die redes hoekom jou vriende op jou knoppie druk of in jou teenwoordigheid wil wees. Is jy tevrede met die tyd en aandag wat jy aan God spandeer? Hy wag geduldig vir jou, maar jy wil jouself nog net eenkeer onbewustelik op die wêreld se tydlyn gaan sit wanneer jy deur Instagram scroll en wonder wanneer is dit jou beurt om te trou, wanneer gaan mense sien jy het ‘n paar kilogramme verloor, jy was ook een of ander tyd in die bos en jy beplan al 4 jaar aan jou Nederlandse trip!

Hoekom pooitjie ons onsself so? Deur so vasgevang te raak in ‘n wêreld vol van skree en vergelyk, vol pyn en verskuilde agendas, ‘n wêreld waar ‘n emoji nie eers seker is wat hy beteken nie!

God sal Homself nooit op jou afdwing nie. Hy wag dat jy tyd maak om by Hom uit te kom, Hy wag vir jou, Hy wag al ‘n rukkie - maar Sy genade ken geen einde nie, so He’ll just wait a little more and then some more and the a little bit more.

Ek was so rukkie gelede by ‘n diens saam ‘n vriendin en die dominee het gevra ons almal moet aan 2 mense dink vir wie ons van Jesus wil vertel, twee mense wat jy ken. Ek was so dankbaar, overcome en trots op dieselfde oomblik want nie een naam kon by my opkom nie - daar was nie een vriendin of vriend vir ek voel ek moet van Jesus vertel nie, want hulle almal leef saam met Jesus, elke dag! Hulle leer my want hulle ken Hom! Hoe bevoorreg kan een meisie wees om met sulke vriendinne omring te wees?

En net daar tref dit my in die maag - is my sirkel dan nie te klein nie? Dink ek God is stil of kies ek moontlik om eerder nie te luister na wat God van my vereis nie? Die enigste ‘followers’ wat ek moet kry is vir Jesus. Dis die enigste marketing campaign en post en like en share wat werklik my aandag verg, as dit mense na Jesus toe gaan bring!

Maar Here, ek is te moeg. Ek kan nie nou die beste vriendin wees wat altyd luister nie, ek kan nie nou die mamma wees wat op en af langs die veld hardloop en aanmoedig nie, en kan nie die kollega wees wat luister nie want ek sluk my eie trane, ek kan nie nou die ouma wees wat my kleinkinders verdien nie want ek ek hou vas aan die idee van ‘n ma wat ek nooit was nie.

It’s called grace. God verwag nie jy moet berge verskuif nie, jy kan want die Gees wat berge skuif leef binne in jou, maar God verwag net dat jy moet beweeg. When you move, God gets to move. When He gets to move, He gets to work and when He gets to work, miracles happen!

Just move! Move lyk soos ‘n vinnige gesprek met die vrou agter jou in Spar se ry, dit lyk soos ‘n vinnige geselsie met die karwag oppad uit. Dit lyk soos luister wanneer iemand ‘n oor nodig het of selfs net ‘n “Hi, loer net in om te hoor hoe gaan dit? Ek is hier vir jou.” boodskap - copy sommer die een!

Jesus was op aarde, Jesus was ook moeg, Jesus het ook gehuil en gesuffer. Maar Jesus het nooit ophou werk om volgelinge van mense te maak nie.


Ek weet jy is moeg, ek is ook. Ek bars nie noodwendig elke keer van vreugde wanneer Jesus ‘n geleentheid vir my wys nie want ek is ook moeg, en hierdie gaan energie kos! Just do it. God het jy tot by hierdie situasie gekry, He wants to use you and He’s about to show you how faithfull He is!

God is nie stil nie, my fokus moet verskuif - weg van aardse dinge, na hemelse dinge.

Baie liefde,

Rouxnette


539 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page