Wanneer jy lanklaas soos jouself gevoel het
Ek ken die gevoel, beter as wat jy dink.
Die gevoel dat jou beste dae agter die rug is.
Dat jou beste self agter jou is.
Die gevoel dat die persoon wat jy was, die passies wat jy voorheen gehad het, en die lewe wat jy vroeër vir jouself wou hê hopeloos los is van die person wat jy geword het.
Jy voel nie meer soos jouself nie. Maar daar is ‘n rede waarom jy so voel – een wat ter selfde tyd so angswekkend en verliggend is. Jy is dalk nie meer jouself nie. Jy is nie die persoon wat jy voorheen was nie, die een wat al die dinge liefgehad het, en geglo het in alles waarin jy eens geglo het. Jy het verander. Jy was al ‘n paar keer om die blok. Jy het dinge gesien en mense ontmoet. Dinge geleer wat jou beïnvloed het, op onomkeerbare maniere.
Jy is nie die persoon wat jy voorheen was nie. Maar dit beteken nie dat jy niemand is nie, wat dit beteken is dat jy in ‘n spesifieke stadium is. Jy is nie wie jy was nie en jy is nog nie wie jy gaan word nie. Jy is tussen-in. En die tussenin is waar al ons pynlike uitdagings opduik, maar ook waar die ongelooflikste groei plaasvind. Dit is die plek waar al ons onsekerhede uitgelig word, waar al ons struikelblokke uitkom. Dit is waar al ons lastige dele van wat dit beteken om onsself te wees, in die gesig staar, sodat ons uiteindelik dit kan oorkom. Die tussen-in fases van ons lewens is die moeilikste, die mees pynlikste en absoluut mees eensame van alle fases. Maar hulle is ook die belangrikste.
Hierdie is die tye wanneer ons uiteindelik uitvind wie ons is, waarvoor ons staan en wat ons vorentoe dryf. Die tussen-fases daag ons uit om al die ego-swaar ideale wat ons oor onsself het, te laat gaan en te besef wie ons eintlik is, diep binne. Wat ons wil hê as niemand kyk nie en hoe ons skyn as alles donker is. Die stadiums is nie daar om onsself te skei van wie ons is nie – hulle is daar om ons weg te skei van alles wat ons nie is nie. Hulle is daar om ons verdediging aft e breek, ons van ons egoistiese identeite te stroop en ons ted wing om te onthou wie ons is. Wie ons nog altyd was, wie ons altyd sal wees wanneer al die geraas en die chaos van voorgee verdwyn.
Ons sal uiteindelik weer soos onsself begin voel – bietjie vir bietjie, stap vir stap.
Solank ons uiteindelik bereid is om oor te gee wie ons was, en begin vordering neem na die briljante nuwe mens wat ons word.