top of page

Wat as….? - ♡

‘n Vraag wat ek myself seker die meeste vra op ‘n daaglikse of weeklikse basis is, Wat as….?

Wat as die nie die regte besluit is nie?

Wat as die plan nie uitwerk soos ek dit beplan het nie?

Wat as die mense nie van my voorstel hou nie?

Wat as die plan wat ek het vir my week het nie uitwerk nie?

Ek weet nie van jou nie maar ek sukkel om nie myself te bekommer oor die “wat as” gedeeltes van my lewe nie. Daar is soveel keer in my lewe waar ek eerder die vraag “wat as” gevra het as om net my vertroue in God te plaas.

Op soveel afsonderlike geleenthede in my lewe laat ek my eie behoeftes en begeertes die plan wat God vir my het oorskadu. Ek bekommer my oor dinge waaroor ek nie beheer het nie omdat ek so maklik terug val op “Wat as…?”. Ons is so afhanklik van God se genade en liefde maar ons sukkel om Hom te vertrou met die goed waaroor ons nie beheer het nie, die goed wat ons nie altyd dadelik kan sien of die antwoord voor het nie.

Soveel keer in die laaste tyd het ek besef dat God het somtyds ‘n anderste plan met my en jou lewens. Hy is tog op die ou end van die dag die Een wat ons dae beplan sodat ons weet watse stap om volgende te neem. Dit is waar hoop en geloof vir ons op ‘n daaglikse basis die middel punt van elke “Wat as” oomblik moet wees.

Ek het besef dat die vraag “Wat as” baie vrees, onsekerheid en angs veroorsaak. Ongelukkig is elkeen van ons slegs mens, ons word met so baie keuses en onsekerhede gekonfronteer, dat dit tog die maklikste is om te vra “Wat as”. Hiermee saam is die vyand elke dag daarop uit om ons lewens, gedagtes en harte te vul met negatiewe woorde soos “Wat as”. Hierdie woorde het die vermoë om elke dag ons innerlike vrede te steel omdat ons konstant bekommerd is oor die dag van more. Ons moet leer om elke dag in God se teenwoordigheid te spandeer sodat ons vrede het oor die dag van more.

For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future. – Jeremia 29:11

God het vir elkeen van ons ‘n plan, op ‘n daaglikse basis. Elkeen van ons moet leer om ons “Wat as” oomblikke te omskep in “Wat as ek eerder God vetrou”. Ons moet geloof hê dat God weet elkeen van ons is somtyds onseker en beleef hierdie situasies van bekommernis gevul met “Wat as” oomblikke. Ons moet glo dat alles wat God doen, en alles wat met ons gebeur Hy van weet. Alles wat Hy doen is vir ons eie beswil.

God wil hê dat elkeen van ons op ‘n daaglikse basis moet onthou dat Hy ken die plan wat Hy vir ons het. In Jeremia 29:11 het Hy verklaar dat sy plan vir ons goed sal wees. Dit sluit in ‘n goeie toekoms gevul met hoop. Ons moet leer om elke dag ongeag die situasie, keuse of probleem ons oë op God gerig te hou en Sy stem, goedheid en hart in elke “Wat as” oomblik raak te sien.

Wat as ons elke dag onsself herhinner aan die feit dat God nog altyd goed was vir ons en sy liefde onvoorwaardelik en ewig is. Wat as ons onthou dat God nog altyd getrou was dalk nie op ons terme en voorwaardes nie maar hy was.

Hy verander nooit. Hy bly getrou.

- Liefde Charné ♡

474 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page